- Home
- Kinders: 6 tot 8 Jaar
- On Sale
Kinders: 6 tot 8 Jaar

Drie vriende
R 70.00 R 120.00
In ’n huisie by die see woon ’n kat, ’n hond en ’n muis gelukkig saam. Op ’n dag klop ’n vreemdeling aan die deur en bied aan elkeen ’n spesiale geskenk. Wie is hierdie misterieuse verkoopsman wat hulle wêreld op sy kop keer? Kan hulle gelukkige huisie hierdie storm oorleef?

Jy is 'n Regte Wonderdier
R 65.00 R 150.00
Almal hou baie van die duikhoendertjie en wys hom hoe om sekere dinge te doen, maar hy leer baie stadig. Daarom vermoed niemand dat hy 'n regte wonderdier is nie... En tog, vir almal wat weet: Elke kind is iets baie besonders!

My Storiekis
R 120.00 R 300.00
Hierdie skatkis van 21 sprokies, fabels en dierestories is versamel en oorvertel deur die bekende skrywer en storiemeester, Leon Rousseau. Die bundel is ideaal vir voorlees of vir kinders wat self lees. Van klassieke sprokies soos “Aspoestertjie” en volksverhale soos “Die gulsige seekoei” wat vermaak met herhaling, ritme en rym, tot fabels soos ...

Ottie
R 80.00 R 200.00
Ottie se pa is 'n sjef by die Koperlyster Hotel. Hy word baie min betaal en omdat hy nie die regte papiere het nie, kan hy nie sommer net 'n ander werk gaan soek nie. Wanneer die nare hoteleienaar hom ontslaan, moet Ottie en haar pa in hul bussie rondtrek en vir hom 'n nuwe werk soek.

Wannie van die woonstel
R 80.00 R 200.00
Wannie vannie woonstel (Pluk van de Petteflet in Nederlands) het in 1971 vir die eerste keer verskyn en word beskou as een van die groot gunsteling Nederlandse kinderboeke van alle tye. Sedertdien is dit in verskeie tale vertaal.