Products

50 Vrae oor...Die menslike Liggaam
R 145.00
Kort vrae en antwoorde in hierdie boek maak dit maklik en vinnig om oor die menslike liggaam te leer. Daar is ook 'n bordspel binne-in die boek en twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, én 'n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur 'n QR-kode te skandeer!

50 Vrae oor...Hoe om my planeet te red
R 145.00
Die kort vrae en antwoorde in hierdie boek maak dat daar maklik en vinnig oor hoe om die planeet te red, geleer kan word. Daar is ook 'n bordspel binne-in die boek en twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, én 'n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur 'n QR-kode te ...

7 Ritmes vir Kinders: Lê die regte grondslag vir jou kind se geloof
R 130.00
Ontdek ’n prettige manier om die regte grondslag te le vir kinders se geloof. Met 7 ritmes vir kinders gee Tom en Lollie Smith vir ouers (en ander versorgers) handige wenke oor hoe om kinders te lei om meer soos Jesus te wees en ’n verhouding met Hom te he. Deur hierdie praktiese beginsels herhalend in kinders se lewe toe te pas, vorm dit ’n r...

Aan – Af
R 99.00
Leer kinders dat vriende voor fone kom. Hulle leer vir Henry ken wat amper ’n groot fout begaan omdat hy heeltyd op sy foon is. Hy speel graag saam met sy maats, Mia en Liam. Maar dan verjaar hy en alles verander wanneer hy ’n selfoon present kry, want van tóé af kan hy die ding nie los nie. Gelukkig tog sien sy pa dat hy die foonreëls verbreek ...

Absoluut Einstein
R 220.00
Christien Neser neem die vyfjarige Micha uit Amper Einstein (Tafelberg, 2013) se storie op ’n verrassende wyse verder. In Absoluut Einstein is hy in graad 9, met Matriek-IT onder die knie. Maar sy outisme het hom tot nou uit ’n “gewone” skool gehou. As hy egter aan ’n universiteit wil studeer, moet hy leer sosialiseer, en daarom be...

Afkop
R 220.00
Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n wilde jaagtog en 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het?

Afrikaans 2020 Medium Luukse Bruin Gilt-Edged Met Duimindeks (Kunsleer)
R 495.00
Afrikaanse 2020-vertaling, mediumgrootte volledige Bybel met luukse bruin kunsleeromslag, kruisverwysings, voetnote, woordelys en kaarte.

Afrikaans vir Almal
R 310.00
Hierdie splinternuwe titel is die eerste taalnaslaanbron wat KABV-gebaseer is. Dit bestaan uit twee dele. Die eerste deel sluit taalreëls en nalsaanlyste in, en die tweede deel bevat algemene kennisfeite oor Suid-Afrika en die res van die wêreld. 330KABV-vereistes vir Afrikaans Huistaal en Eerste en Tweede Addisionele Taal vorm die basis vir di...

Agent Alex - Uitgesorteer!
R 120.00
Spioenkop Akademie is 'n eksklusiewe skool vir seuns en meisies van ouderdomme 8 tot 18. Al die leerders in hierdie skool se ouers of voogde is op 'n manier betrokke by die Geheime Diens. Spioene en geheime agente stuur graag hul kinders na Spioenkop Akademie, want hulle weet die kinders is hier veilig teen enige bedreiging.

Agent Alex: Visvang verbode!
R 135.00
Die derde boek in die reeks oor Agent Alex se avonture by Spioenkop Akademie. Die verfoeilike POEV-organisasie het 'n geheime basis onder die visdam by Alex se skool ingerig en bied nou kammakastig visvanglesse aan om inligting te versamel! Alex en sy vriende ruik sommer dadelik rot (of eerder: vis!) - maar kan hulle 'n plan beraam om POEV se ge...

Agent Snoet en die groen genugtig: Boek 3
R 130.00
Maak gereed vir nog 'n opwindende avontuur saam met Agent Snoet en sy briljante kat, Felino! Snoet is in die moeilikheid by hoofkantoor. As hy nie sy nuutste saak oplos nie, kan hy sy werk as geheime agent verloor. Maar gelukkig is Felino soos altyd aan sy sy. 'n Baie gevaarlike wapen, die Genugtig, is uit 'n laboratorium gesteel. Snoet en Felin...

Agent Snoet en die katte kwaad: Boek 1
R 130.00
Agent Snoet is 'n effens verstrooide speurder wat gelukkig kan staatmaak op die hulp van sy briljante Siamese kat, Felino, om sy sake op te los. Net soos in die eerste titel, die suksesvolle Agent Snoet en die Botterdiamant, moet Snoet en Felino in hierdie storie weer allerlei gevare trotseer en beleef hulle ongelooflike avonture - en daar is na...

Agent Snoet: 5 in 1
R 290.00
Spannende strokiesprent-pret saam met Agent Snoet en sy kat ... Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is ’n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos. Maar die eintlik meesterbrein agter dié suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Dié slim Siamees is ’n katjie wat jy nie sonder...

Agter+blad: erfeniskos/woordreis
R 120.00
In agter+blad sit die tydskrif Tuis se uitsoek-agterbladskrywer en bobaaskok Neil Stemmet, die segetog voort wat hy met sy debuur sout+peper behaal het. In die versameling stories wat in 2012-13 in Tuis verskyn het is daar die innigste beskrywings van die lewe toe eenvoud nog 'n towerwoord was en mense mekaar ondersteun het om aan die lewe te bl...

Aksieheld Austin - Doodskreet van die Dino's
R 160.00
LIGTE, KAMERA, AKSIE! Ewald is die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Diep in ’n oerwoud in Afrika – dis waar die nuwe Aksieheld Austin-fliek verfilm word. Ewald en sy pel Cardo verwonder hulle oor die asemrowende medespelers: Drie gro...

Aksieheld Austin - Nag van Grille
R 160.00
Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G’n wonder nie – hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekends...