Products
100 Eerste woorde
R 60.00
Hierdie eerste boeke met pragtige kleur foto’s sal jong kinders help met die bou van woordeskat. Elke boek het loergaaitjies en flappe en kinders kan deur die gaatjies loer en dan uitvind wat onder die flappe is.
1000 Punte-tot-punte-boek: Diere
R 50.00
Onthou jy nog daardie punte-tot-prente-tekeninge (dot to dot) van kleintyd? Herontdek vandag weer hierdie lekker. Verbind die punte, wat in groepe van honderd verdeel is, elk met 'n ander kleur, sodat jy maklik die volgende punt kan kry. Jy het 'n halfuur tot 'n uur per skets nodig asook 'n bietjie konsentrasie en geduld. Die eindresultaat: 'n ...
365 Goed om te teken en verf!
R 80.00
Is jy mal oor teken en verf? Die boek bevat fantastiese kreatiewe projekte vir elke dag van die jaar!
Aktiwiteitsboek vir Miesies, Die
R 80.00
Die fantastiese aktiwiteitsboek is propvol prente en patrone om in te kleur en te teken, geheime kodes en raaisels, heerlike resepte, speletjies, vrolike plakkers en hope ander prettige aktiwiteite.
Asemrowende Dinosourusse Klankboek
R 295.00
Leer alles oor interessante dinosourusse in hierdie raserige, feit-gevulde boek. Met tien dinosourusgeluide en maklik om te gebruik sleutels, is hierdie boek perfek om prehistoriese lande te verken.
Baba Diertjies Klankboek
R 295.00
Leer alles oor baba diertjies in hierdie raserige, feit-gevulde boek. Met tien dieregeluide en maklik om te gebruik sleutels.
Barbie En Die Geheime Deur: Luukse Inkleurboek
R 35.00
Prinses Alexa is baie lief daarvoor om te lees. Op 'n dag word sy weggevoer tot binne-in 'n storieboek. Sy bevind haar in 'n land van betowering en verander in 'n heldin!
Bennie Boekwurm leer ons van vorms
R 60.00
In hierdie reeks kartonboeke met skoonvee-pen en uitvoubladsye leer kinders speel-speel basiese konsepte ken saam met Louise Smit se bekendste karakters uit die destydse TV-programme, Wielie Walie en Haas Das. Kom leer alles van vorms saam Bennie Boekwurm, die Wielie Walie-parkie se slimste storieverteller. Draai die prentewiel, vou die bladsye...
Beste Raaiselboek, Die
R 130.00
Die beste manier om jouself uit te daag en pret te hê is deur hierdie boek te koop; jou brein is gewaarborg om bollemakiesie te slaan! In hierdie prettige aktiwiteitsboek is daar blokraaispeletjies, syfer-speletjies en ander raaisels wat perfek is vir ouer kinders in die laerskool!
Bielie Bybelpretboek 4
R 60.00
Die Bielie Bybelpretboek 4 is ’n prettige manier om van die Bybel te leer en ook om jou kennis van die Bybel te toets. Die Bielie Bybelpretboek 4 is nie net vir individue bedoel nie – dit kan ook in kleingroepe of Sondagskoolklasse gebruik word. Dit bevat meer as 160 aktiwiteite, onder meer: woordsoeke, koderaaie, blokraaie en sudoku’s.
Blinktand van Bosveldparadys
R 190.00
Blinktand van Bosveldparadys handel oor die avonture van Blinktand, die grootste, sterkste en slimste vlakvark wat ooit in Bosveldparadys geleef het. Die storie begin by die geboorte van Blinktand en eindig waar hy die president van Bosveldparadys word na die dood van Boskaas, die ou leeu-president. Die jong leser beleef nie net gevaarlike gebeu...
Blokkiekuns: Diere
R 35.00
Dis groot pret met piksels! Skep jou eie, oorspronklike kunswerke – blokkie vir blokkie. Gebruik die plakkers en voorbeelde en gee lewe aan die diere in hierdie boek. Of gebruik kleurpotlode, -penne of -kryte en kleur die blokkies in. Hierdie reeks is perfek vir 5+ jariges om vroeë wiskunde- en handvaardighede te ontwikkel, sowel as konsentrasie...
Blokkiekuns: Prinsesse
R 35.00
Dis groot pret met piksels! Skep jou eie, oorspronklike kunswerke – blokkie vir blokkie. Gebruik die plakkers en voorbeelde en gee lewe aan die prinsesse en oulike dinge in hierdie boek. Of gebruik kleurpotlode, -penne of -kryte en kleur die blokkies in. Hierdie reeks is perfek vir 5+ jariges om vroee wiskunde- en handvaardighede te ontwikkel, s...
Blokkiekuns: Seerowers
R 35.00
Dis groot pret met piksels! Skep jou eie, oorspronklike kunswerke – blokkie vir blokkie. Gebruik die plakkers en voorbeelde en gee lewe aan die seerowers en avontuurlike dinge in hierdie boek. Of gebruik kleurpotlode, -penne of -kryte en kleur die blokkies in. Hierdie reeks is perfek vir 5+ jariges om vroee wiskunde- en handvaardighede te ontwik...
Blokkiekuns: Voertuie
R 35.00
Dis groot pret met piksels! Skep jou eie, oorspronklike kunswerke – blokkie vir blokkie. Gebruik die plakkers en voorbeelde en gee lewe aan die voertuie en dinge in hierdie boek. Of gebruik kleurpotlode, -penne of -kryte en kleur die blokkies in. Hierdie reeks is perfek vir 5+ jariges om vroeë wiskunde- en handvaardighede te ontwikkel, sowel as ...
Buitenste ruimte Plakkerboek
R 130.00
ʼn Boek vir jong kinders wat belang stel in die planete, sterre, ruimtemanne, vuurpyle en ruimtestasies. Jong kinders kan op ʼn pret en leersame wyse met belangrike feite oor die ruimtereis kennismaak, en aangemoedig word om self tonele te ontwerp met meer as 250 plakkers van onder andere ruimteskepe, -pakke en -toerusting, teleskope, maanwandelaa...