Products
Donker Web (Fanie Viljoen)
R 285.00
Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skaduwee van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper ...
Donkie se lang pad dorp toe
R 200.00
Hierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale wat elkeen op ʼn unieke manier ʼn waardevolle lewenswysheid insluit vir kinders en hoe waardes in die alledaagse lewe toegepas kan word. Donkie se lang pad dorp toe dra die boodskap oor dat ʼn mens nooit almal tevrede kan stel nie. Vlermuis, Braambos en Seemeeu hou vergadering dra by tot die ...
Draakasem
R 150.00
Is jy gereed vir 'n skubberige avontuur? Darius se pa kan deur 'n rivier vol krokodille swem. Sy ma red ou tannies uit brandende geboue. Selfs sy kleinsussie skrik vir niks… En Darius? Hy is nie eens dapper genoeg om van die skool se duikplank af te spring nie. Maar alles verander toe hy op 'n dag 'n BAIE VREEMDE present by sy oupa kry … Jaco J...
Droombos: Reenboogfeetjie Se Spesiale Dag
R 60.00
Ou Reenboogfeetjie verjaar maar hoekom lyk dit dan asof die hele Droombos vergeet het dis haar spesiale dag? Of wag daar dalk 'n groot verrassing op haar ??
Droombos: Vaak Vaatjie Vegeetkabouter Raak Weg
R 60.00
Vaak Vaatjie Vergeetkabouter maak groot moleste in Droombos wanneer hy soos mis voor die son verdwyn. Die piekniek word onderbreek om die verwarde kalant op te spoor. Iemand weet waar is hy? maar hulle se niks!
Droomkans
R 200.00
Die laaste, onvergeetlike Elle-avontuur Die matriekdans-monster. Dit is presies wat op die oomblik oor Elle se skouer loer. Die ontwerpersrok van haar drome kos ’n plaas se geld, en sy het geen benul waar sy ’n ander rok vir die matriekdans in die hande gaan kry nie. Boonop is mevrou Bender terug op haar pos as skoolhoof van Gravitas – en sy i...
Dryf
R 265.00
Mense glo daar’s ’n vloek oor Stormwater. Die see roep elke jaar sy slagoffers. Is dit waarom Caleb se pa se vliegtuig neergestort het? Caleb moet sy matriekvakansie opoffer om om die geheim te ontrafel. Freya word ook gedwing om haar somer in die vreemde kusdorp deur te bring – asof vars lug 'n kitskuur sal wees vir haar kroniese siekte....
Duinebesies
R 160.00
Skedelkus. Die naam alleen is genoeg om Elle hoendervleis te gee. Sy kan nie glo sy moet die Desembervakansie saam met haar oom Eddie en sy navorsingspan Namibie toe gaan terwyl hulle goggas vang nie. Haar en Refi se planne om 'n wit Kersfees in Frankryk te beleef is iets van die verlede. As sy mooi daaroor dink, het sy baie min om na uit te si...
Een vis, twee visse, rooi vis, blou vis (Dr. Seuss)
R 180.00
Hier en daar, ja, hier en daar, woon snaakse goed, sowaar! Ontmoet ’n Jing wat sing, ’n Goks wat boks en ander diere met vreemde maniere in hierdie snaakse stories waar teenoorgesteldes, kleure, getalle en allerhande lawwe dinge ontdek word.
Eendag op 'n Reendag: Volksverhale, legendes & ware stories
R 200.00
Vyf en dertig van die bekendste en mees geliefde Afrikaanse stories word vir 'n nuwe geslag lesers oorvertel in hierdie pragtige volkleurboek. Bekende stories soos: Hasie en die teerpop, Racheltjie de Beer, Antjie Somers, Jock van die Bosveld, Die voels kies 'n koning, Jakkals en Wolf steel botter.
Eensame Krokodil, Die
R 115.00
Ooo ... Ek is ’n eensame krokodil. Mense kyk vir my en gril. Ek soek maters hoog en laag, maar almal sê ek vreet te graag. Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks; die lappop wat saam met die vrot pampoen en die stukkende skoen op die ashoop beland; en die eens...
Eerste Leesboeke: 'n Goue Ster Vir Kallie
R 60.00
Die dieretuin gee goue ster-pryse vir die diere. Kallie die kameelperd het net die regte plekkie teen sy heining vir 'n ster. Maar gaan Kallie 'n goue ster wen?
Eerste Leesboeke: Astro Akademie
R 60.00
Abri klim per ongeluk op die verkeerde minibus, en beland by Astro-Akademie, ’n skool vir ruimtewesens! Sal hy dit regkry om nie raakgesien te word nie wanneer hy ’n ruimte-kapsule moet vlieg? Abri sal sy bes moet probeer
Eerste Leesboeke: Bohaai op die Bus
R 60.00
Daar is geen bohaai op Silas se bus nie, maar die passasiers begin moeilikheid maak! Is dit te veel bohaai vir Silas se bus? Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui. Al die leesboekies in hierdie reeks is met kleurkodes gemerk volgens die aanvaarde standaard.
Eerste Leesboeke: Boodskap in 'n Bottel
R 60.00
Jak en Henk stuur boodskappe vir mekaar, heen en weer oor die see. Eendag hou Henk se bottels op om te kom, so Jak gaan kuier vir hom en ontdek.
Eerste Leesboeke: Buks die Skaaphond
R 60.00
Buks wil graag sy mamma beïndruk deur 'n goeie skaaphond te wees, maar dis glad nie so maklik nie! Die diere hardloop in alle rigtings van hom af weg. Miskien is daar iets anders wat hy goed kan doen?