Products
Lotta se lewe (9): Die Kangaroe se Skoen
R 195.00
Lotta en haar hele familie gaan vir ’n naweek weg om Ouma en Oupa se goue bruilof te vier. Haar pa het lank beplan wat hulle alles daar gaan doen. Van ’n simpel skattejag tot ’n vervelige wandelpad deur ’n woud. Maar die ERGSTE van alles is dat sy en haar raasbekboeties ’n lied moet sing. Voor al die mense! Gelukkig gaan Lotta haar twee niggies ...
Louise du Toit Omnibus 11
R 80.00
In Om alles te weet dreig Boel Meyer vir Nelis Hoffman om van sy meisie Nida Thirion weg te bly, maar toe beland Nelis as loseerder in haar huis. In Jaar van die feniks vind Addie Richter ’n tuiste by die Alants. Dr. Bohlkamp, haar baas, is nors, maar mooi Willem Alant vergoed daarvoor. En in Prys vir die son le Bato Frankel, jong wewenaar met ...
Louise du Toit Omnibus 8
R 70.00
In Waaisand weier jong weduwee Berna om aan die eise van haar wellustige werkgewer toe te gee. Sy word afgedank, en terwyl sy nog wonder waar sy en haar tweelingkleuters ’n nuwe heenkome moet vind, loop sy byna onder ’n voertuig in. Dié gebeurtenis plaas haar nietemin op die eerste tree van ’n nuwe pad, waarvan sy die verloop en afloop in haar ...
Lukas bou 'n Superkar
R 160.00
Wat kry jy as jy die volgende bymekaarsit? Een Lukas, ʼn spul blokkies, een beste maat, ʼn boelie, ʼn kwaai juffrou en ʼn verlore wiskundeboek? ʼn Superkar! Lesers wat van Lego-sportkarre hou, sal mal wees oor hierdie boek. Dit sal sal selfs die mees teensinnige seunsleser laat aanhou lees
Lulu en die Pikkewynfeetjie
R 80.00
Die reeks is geskik vir jonger lesers van 6 tot 9. Lulu Bell is agt jaar oud. Sy geniet elke oomblik van haar lewe, maar is soms bietjie baasspelerig. Dis nodig dat iemand prakties is in haar weird gesin. Haar sussie, Vera, is ses en dra graag engelvlerke en skoene wat skitter. Haar driejarige boetie weier om enige iets anders as sy superhero-...
Lulu: Bravo Lulu
R 80.00
Toe Lulu se balletjuffrou aankondig dat hulle 'n spesiale konsert vir die jaarafsluiting gaan hou, is Lulu baie opgewonde. Lulu gaan nie net die rol van die meerminprinses dans nie – sy gaan ook 'n paar uitrustings ontwerp! Maar die tweeling, Alex en Alet, hou niks van ballet nie en toe Alex per ongeluk 'n rol in die balletkonsert losslaan, is ...
Lulu: Coucou, Lulu
R 180.00
Uiteindelik word Lulu se grootste droom bewaarheid: sy gaan Parys toe vir haar eie modevertoning, en die grootste name in die modewêreld gaan haar klere modelleer! Die nare tweeling, Alex en Alet, daag ook onverwags op en Lulu is eers bang hulle gaan al haar planne in die wiele ry - maar dan loop iets GROOT verkeerd! Al die uitrustings wat sy g...
Lulu: Hokaai Lulu
R 170.00
Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie Die groot dag het eindelik aangebreek ... Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie - 'n ponie! Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies to...
Lulu: La di da Lulu
R 150.00
Lulu droom daarvan om eendag ’n modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar rooi tekenboek te skets nie. Die skool beplan ’n spesiale verjaardagfees. ’n Groot fees met lekker kos, ’n pretpark en speletjies. Daarom vra die skoolhoof vir Lulu om nuwe uniforms vir die trompoppies te ontwerp. Iets asemrowends! ...
Lulu: Oe la la, Lulu
R 145.00
Vergeet van wiskunde en skoolwerk! Lulu wil 'n modeontwerper word. Nes haar pa en ma. Niks maak haar gelukkiger as om fantastiese ontwerpe in haar tekenboek te skets nie. Eendag gaan haar klere nog op die loopplanke van Parys en Milaan pryk – wag maar!
Lulu: Oepse daisy Lulu
R 145.00
Lulu droom daarvan om 'n modeontwerper te word, nes haar ma en pa. Niks is vir haar lekkerder as om ontwerpe in haar rooi tekenboek te teken nie. Daarom is sy sommer baie in haar noppies toe sy hoor haar tannie gaan by hulle kom kuier. Tannie Tula-Belle dra die mooiste klere en sy sing soos 'n nagtegaal. Sy kom juis stad toe om in 'n groot opera...
Lulu: Olke Bolke, Lulu
R 170.00
Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word! Dan verskyn ’n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis – ’n baba-reuk! Dis groot pret om vir hom babakleertjies te maak. Maar Greta, die nuwe meisie in die klas, dink sy is ’n baie beter modeontwerper as Lulu – en hulle besluit om ’n modevertoning te hou!
Magriet die stadshoender
R 60.00
In Magriet die stadshoender ontmoet lesers vir Nina en Magriet. Hierdie twee het saam hope pret en gaan op hope avonture, soos om ʼn eierdief op te spoor.
Magriet en Billie
R 60.00
Nina en Magriet die hoender is beste maats en het allerhande avonture saam! In Magriet en Billie kom kuier Billie vir Nina. Net voor hulle lekker begin speel, jaag Magriet skielik op Billie af ... Om en om hardloop hulle. Hoekom op aarde jaag Magriet vir Billie?
Magriet hou konsert
R 60.00
In Magriet hou konsert voer Nina en Magriet ʼn konsert op, maar Magriet se kekkel is weg...
Magriet se eierbesigheid
R 60.00
In Magriet se eierbesigheid besef Nina dat sy en Magriet saam 'n besigheid kan begin. Magriet lê elke dag 'n eier en so word “Lê-'n-eier†gestig. Dit laat Nina groot drome droom oor eendag as sy groot is ...