Products
Uile (8) by die See
R 150.00
Hoe goed kan die vyf Uile swem? Toe Jorsie se ouers sy vier vriende saam see toe nooi, het hulle geweet dit sal nie ’n rustige vakansie wees nie. Maar die gevaar en opwinding wat sou volg, kon hulle nooit voorsien nie. Dit beteken natuurlik nie dat Jorsie, Philip, Vaatjie, Berrie en Hennie – wat hulleself die Uile noem – na moeilikheid soek nie,...
Uile (9) in die Wapad
R 150.00
Sal die Uile hierdie keer weer uit die moeilikheid kan kom? Die vyf vriende bekend as die Uile kan aan geen lekkerder manier dink om hul somervakansie te spandeer as ’n fietstoer deur Mpumalanga nie. Natuurlik is dié avontuur nie sonder onvoorsiene uitdagings nie. Die asems word opgehou wanneer Berrie se fietsketting breek op ’n smal bruggie ter...
Uitverkies
R 190.00
Zia is nou net mooi moeg vir haar ouers se selfopgelegde isolasie en die primitiewe lewe in die bos. Sy verlang terug na die Kolonie waaruit haar ouers gevlug het toe sy klein was; verlang na ’n geboude woonstel, luukshede soos warm water en elektrisiteit, klere wat pas en winkelbrood; die gedruis van mense, ánder mense as dieselfde ...
Uitvinders, Planmakers en ander Slimkoppe van SA
R 350.00
In hierdie boek sal jy lees van allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika. Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk. Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel. Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, wat...
Uitvinders, Planmakers En Ander Slimkoppe Van Suid-Afrika
R 370.00
In hierdie boek sal jy lees oor allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika.
Vakansiepret 3: Kolwyntjie Kompetisie
R 140.00
’n Kompetisie vir meesterbakkers op Duinebaai! Jana en Alisha sien mekaar net wanneer hulle gesinne vakansie hou op Duinebaai. En hierdie vakansie beloof om báie opwindend te wees. Alisha kry ’n pamflet wat ’n kolwyntjie-kompetisie aankondig. Dit maak almal opgewonde – selfs vir Jana se jonger boetie Tiaan – en Jana en Alisha oefen sommer reeds ...
Vakansiepret 4: Sand, see en dolfyne
R 140.00
’n Dag saam met die dolfyne op Duinebaai! Jana en Alisha is beste vakansiemaats en groot opwinding heers in Duinebaai – ’n nuwe glyplank is by die swembad opgerig! Jana, Alisha, Tiaan en Rudie is gretig om by die nuwe glyplank af te gly. Ongelukkig vir die maats is die res van Duinebaai ook opgewonde oor die glyplank en is dit stampvol by die ...
Vakansiepret Boek 1: Piekniek op die strand
R 70.00 R 125.00
Jana en Alisha is beste vakansiemaats! Hulle sien uit na ’n heerlike vakansie propvol pret op Duinebaai. Die meisies besluit om piekniek te gaan hou op die strand – maar ongelukkig wil Jana se irriterende kleinboetie, Tiaan, en sy maatjie Rudie saamkom. Jana weet sommer die twee seuns gaan hulle piekniekplanne bederf! Maar dan hoor die twee meis...
Vakansiepret Boek 2: Vlieërs en Filmsterre
R 70.00
Jana en Alisha is verveeld. Dit is veels te koud en winderig om te gaan swem. Maar dan ontdek hulle twee vlieërs ... Dit is die perfekte dag om daarmee op die strand te gaan speel! Ongelukkig besluit Jana se boetie, Tiaan, en sy maatjie, Rudie, hulle wil saamkom. Kort voor lank veroorsaak die twee seuntjies chaos. Hul vlieër raak met Jana s’n ve...
Van my kop tot my tone
R 120.00
Prettige feite en aktiwiteite vir woelwaters! Hierdie reeks is spesiaal ontwikkel vir kinders 5 jaar en ouer, en is die perfekte mengsel van opvoedkundige inhoud en eenvoudige, praktiese aktiwiteite soos handwerk, kookkuns en tel. Jong lesers leer meer oor ’n verskeidenheid interessante onderwerpe en kry die geleentheid om prettige...
Vasbyt Vyf: Die ontvoering
R 180.00
Toe Jaco per ongeluk sy rugbybal oor die kwaai buurman se muur skop, het hy nie ’n idee gehad in watter gemors dit hom gaan laat beland nie. Saam met Handré, sy beste vriend, probeer hy die bal terugkry – net om te ontdek die buurman hou twee ontvoerde meisies in sy huis aan! Wat maak hulle nou? Die grootmense glo hulle nie, maar Jaco en Handré ...
Vat 5!
R 290.00
Jaco Jacobs, Leon de Villiers, Marita van der Vyver, Theresa van Baalen, Wendy MaartensHierdie 5-in-1 versamelbundel bestaan uit vyf geillustreerde stories van vyf baie bekende skrywers. Die bundel sluit die volgende bekende en geliefde stories in: 1. Haasmoles – Jaco Jacobs & Maja Sereda2. Parmant – Leon de Villiers & Alzette Prins3. Di...
Vat en Voel: Dieremaats
R 140.00
Hierdie boek bevat sagsinnige rympies met gepasde teksture waaraan jou baba kan vat en voel. Dit is die ideale manier om jou baba op 'n sensoriese wyse bekend te stel aan plaasdiere. Features:- Adorable and irresistible touch-and-feel board book for babies and toddlers.- Full of fabulous photos of furry animals to stroke and textures to ex...
Vat en Voel: Fred Brandweerwa
R 65.00
Fred is 'n besige brandweerwa en moet elke dag brande blus of mense red! Hierdie oulike storie, wat in rymvorm geskryf is, sal vir klein kindertjies heerlike vermaak veskaf. Die kleurvolle van-en-voel buiteblad gaan ook hule nuuskierigheid prikkel!
Vat en Voel: Is jy my Mamma Klein Elvin (Kartonboek) Eend
R 40.00
Klein Elvin soek oral na sy mamma, maar nie een van die diere wat hy ontmoet kan hom help nie. Sal Elvin Eend ooit sy mamma kry? Hierdie bekoorlike, kort storie sal jou kind in staat stel om nuwe woorde aan te leer en woordeskat uit te brei. Die vriendelike karakters en pragtige illustrasies maak van hierdie boekie pure leesgenot!
Vat en Voel: Is jy my Mamma Klein Heidi Hasie (Kartonboek)
R 40.00
Klein Heidi soek oral na haar mamma, maar nie een van die diere wat sy ontmoet kan haar help nie. Sal Heidi Hasie ooit haar mamma kry? Hierdie bekoorlike, kort storie sal jou kind in staat stel om nuwe woorde aan te leer en woordeskat uit te brei. Die vriendelike karakters en pragtige illustrasies maak van hierdie boekie pure leesgenot!