Products

Lekker Liewe Heksie-stories (Omnibus)
R 265.00
Die onskuldige, vriendelike heksie, Levinia, en al die bewoners van Blommeland laat oud en jonk steeds skater met hulle manewales. Vian Oelofsen se lewendige illustrasies sorg dat Liewe Heksie en haar maats se avonture nog net so bekoorlik is soos altyd. Hierdie omnibus bevat 10 van die gewildste Liewe Heksie-stories, met eenvoudige ...

Lekkerlag-pretboek
R 175.00
Die pretboek beloof ure se vermaak! Hier is grappe wat jou sal laat skater en raaisels wat jou sal laat kopkrap. Hier is ook vreeslike vreemde feite, prettige speletjies en snaakse limerieke. Jy sal giggel wanneer jy hoor waarom spoke nie leuens kan vertel nie. Jou oë sal rek as jy uitvind wat gebeur as me...

Lewe volgens Wim Vermaak
R 175.00
Wim Vermaak se lewe is onderstebo. Hy is op die punt om graadnege te dop, omdat sy aandag in die LO-klas afgetrek word deur die nuwe meisie met die vlegsel. Sy tweelingsuster, Maddie, wil opsluit deel word van Mars One se sending na Mars en veroorsaak vir hom selfs meer probleme wanneer sy van die dak af foeter en haar enkel breek, omdat ...

Liewe Heksie Leesboek 1
R 185.00
In Liewe Heksie: Leesboek 1 kry Heksie ’n verjaardag, Heksie en Blommie Kabouter sing in die straat om geld in te samel vir Blommeland se nuwe hospitaal, en Heksie spog op die strand met haar unieke bikini.

Liewe Heksie Leesboek 2
R 175.00
In Liewe Heksie: Leesboek 2 leer Heksie hoe om ’n motor te bestuur, maak sy die koning per ongeluk weer gesond en ontdek sy die toorwoorde om vir Griet te laat verskyn.

Liewe Heksie Leesboek 3
R 185.00
Suid-Afrika se mees geliefde vriendelike heksie is terug! Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, sal verseker dat Verna Vels se besondere verhaalskat nou vir ’n nuwe generasie kinders oopgesluit word. Elke bundel bevat drie oorspronklike Liewe Heksie-stories, spesiaal aangepas as voorlees- of s...

Liewe Heksie Leesboek 4
R 185.00
In Liewe Heksie: Leesboek 4 vang Liewe Heksie 'n boef by Karel Kat se huis, kry sy haar eie koekoekhorlosie en reken sy met die Geelheks af by Koning Rosekrans se verjaardagpartytjie. Liewe Heksie se onskuld, humor en verbeelding is nog net so bekoorlik soos altyd!

Liewe Heksie Leesboek 5
R 185.00
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroee lesers. Elke bundel bevat drie oorspronklike Liewe Heksie-stories, spesiaal aangepas vir 3- tot 6 jariges. Besondere volkleur-illustrasies deur Vian Oelofsen vergesel die teks. In Liewe Heksie: Leesboek 5 kry Liewe ...

Liewe Heksie Leesboek 6
R 185.00
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroee lesers. Besondere volkleur-illustrasies deur Vian Oelofsen vergesel die teks en beeld al die geliefde karakters in Blommeland op 'n moderne, maar tog herkenbare wyse uit. In Leesboek 6 gaan kuier Heksie en Blommie v...

Liewe Heksie Leesboek 7
R 185.00
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers. In Leesboek 7 gee Karel Kat vir almal ’n rit in sy spoggerige helikopter, Liewe Heksie moet ook ’n musiekinstrument leer speel en sy toor per ongeluk vir Griet om koning Rosekrans van die Gifappeltjies te...

Liewe Heksie Leesboek 8
R 185.00
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers. In Leesboek 8 het Liewe Heksie en haar maats groot pret in die sneeu, die kabouters help om ’n swembad te grawe en Heksie betrap ’n dief wat koning Rosekrans se forelle steel.

Liewe Heksie se groot omnibus
R 390.00
Hierdie reuse-omnibus bevat al 41 van Verna Vels se oorspronklike Liewe Heksie-stories waarin die bekoorlike klein karaktertjie en haar maats, Blommie Kabouter, Karel Kat, Kwaaitjie Kabouter, Koning Rosekrans en vele meer weer oud en jonk laat skaterlag met hulle mannewales. Die stories is 'n versameling uit die bundels: Die Liewe Heksi...

Loer binne: Die Plaas
R 210.00
Hierdie kartonboeke met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders 'n prettige geleentheid om meer oor die plaas uit te vind. Gaan kuier op die plaas en sien watter diere daar woon, watter verskillende plante geplant word en watter voertuie op die plaas gebruik word. Gaan kuier in die stalle, die hoenderhok, by die varke en hulle kleintjie...

Loer binne: Die see
R 210.00
Hierdie kartonboeke met tien lig-en-loer-flappies gee aan kinders 'n prettige geleentheid om meer oor die see uit te vind. Gaan kuier op die strand en bou sandkastele, kyk na die haai en die seekat onder die wateroppervlak en ontdek ander seediere soos seeskilpaaie swaardvisse! Vind uit watter diere woon bo-op en onder die yslaag en sluit aan...

Loer binne: Wilde diere
R 210.00
Hierdie kartonboek is die jongste toevoeging tot die Loer binne-reeks. Die tien lig-en-loerflappies is sterk genoeg vir die gryperigste klein handjies en sal keer op keer pret verskaf. Die lewendige illustrasies sal kinders se aandag behou en dit nog lekkerder maak om die wilde diere te ontdek. Kom kuier saam in die woestyn en in die woud!

Lotta se lewe (1): Konyne by dosyne
R 210.00
Daar's 'n nuwe outjie in Lotta se klas. Sy naam is Remi en hy kom uit Frankryk en eet brood met stink kaas op. Juffrou Knacker laat hom boonop tussen Lotta en Chantelle sit. Chantelle dink hy is oulik en sê kort-kort: "O, la, la!" maar Lotta hou niks van die vent nie. Want hy is so simpel om elke dag vir haar 'n presentjies te bring. Sy gaan bes...