- Home
- Groot tree: Ons kry 'n Baba
Groot tree: Ons kry 'n Baba
Hierdie reeks boekies is ontwerp met die doel om ouers en hul kleuters te help om nuwe ervaringe en alledaagse dinge soos slaaptyd, kleuterskool, doktersbesoeke en goeie maniere op ‘n lekker manier onder die knie te kry. Speel saam met al die flappies en meganismes! Hierdie reeks bevat verskeie nuttige wenke vir ouers en versorgers wat saam met ‘n vooraanstaande ontwikkelingsjare konsultant, Dr Amanda Gummer, ontwikkel is.
Daar is ses hoogs versamelbare titels in die reeks: Ek wil nie slaap nie Gaan saam met Ned deur sy slaaptydsroetine, al is hy glad nie slaperig nie. Hy en Mamma bêre saam sy speelgoed, bad, lees ‘n storie en sing ‘n liedjie! Klaar met doeke Hierdie twee kleuters is klaar met doeke! Beleef die proses saam met hulle. Ek gaan kleuterskool toe Bennie is baie hartseer toe Pappa hom by die kleuterskool aflaai – maar kort voor lank is hy besig om maatjies te maak en allerhande dinge te doen! Voor hy sy oë kan uitvee is Pappa al terug. Ons kry ‘n baba Nancy kry ’n bababoetie!
Oupa en Ouma kom bly by haar terwyl Mamma en Pappa hospitaal toe gaan. Verwelkom saam met Nancy die splinternuwe baba in die familie! Ons gaan dokter toe Billy en Nell is op pad dokter toe. Lees saam hoe hulle ondersoek word en elkeen ‘n inspuiting kry! Kan jy asseblief sê? Tom en Nancy speel te lekker saam, en leer hoe om te deel en goeie maniere te hê.
Related Products
2 in 1 Slaaptydstories

2 in 1 Slaaptydstories
R 40.00
Gaan saam met Chrissie Krokodil op 'n heerlike kampavontuur. Kruip knus onder die komberse in en luister na wat Pippie Panda alles aanvang! Hierdie twee oulike stories gaan jou sommer gou-gou na droomland wegvoer.
Voel en Leer: Baba Diere

Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
2 in 1 Feetjiestories

2 in 1 Feetjiestories
R 40.00
Wie gaan vir Lindie, die feetjie leer dans? Anja is uitgenooi na die jaarlikse bal, maar het nie 'n rok om aan te trek nie. Maak jou storietyd vrolik en vol pret met hierdie twee oulike feetjieverhale.
Jesus Liedjies (met CD)

Jesus Liedjies (met CD)
R 145.00
Boek met CD en bladmusiek. 'n Klein bloemlesing uit die Afrikaanse Christelike liedereskat vir kinders. Hier vind u kind sowel ou bekendes soos 'Laat on skyn vir Jesus' en 'As Hy weer kom' as nuwer gunstelinge soos 'Stapsoldaatjie'. Dikwels besef 'n mens eers later in jou lewe watter kosbare riglyne Christelike liedjies in jou wordingsjare gele...
Dierestories: Kaylee die Katjie

Dierestories: Kaylee die Katjie
R 55.00
Klein Kaylee is 'n oulike katjie wat daarvan hou om te speel en goed binne en buite die huis rond te jaag. Maar eendag gebeur daar iets wat sy glad nie verwag het nie...
Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster

Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster
R 60.00 R 120.00
Sneeuwitjie is een van die beste spelers in die dorp se sokkerspan. Maar daar is een probleem: Sy wil al die doele self aanteken. Hoe kan sy ’n beter spanspeler word? Met hierdie oorpronklike storie oor Sneeuwitjie kan kinders van spanwerk leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en ’n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
My Dinosourus-Atlas

My Dinosourus-Atlas
R 145.00
Hierdie atlas is vol fassinerende feite, geïllustreerde kaarte, pragtige tekeninge en fantastiese foto’s oor dinosourusse. Dit bevat ook plakkers om op die uitvoubare plakkaat en in die boek te plak. Hierdie atlas leer kinders van die verskeie tydperke waarin dinosourusse gelewe het, asook die verskillende dinosourusse wat in hierdie tydperke vo...
Emosies: 'n Onrustige Katjie

Emosies: 'n Onrustige Katjie
R 60.00
Dit is die storie van 'n katjie wat die hele dag tekere gaan en met slaaptyd nie vaak is nie! Hoe nou gemaak? Dit is nie net die storie van 'n katjie wat nie wil gaan slaap nie, maar dit leer jou ook hoe om eenvoudige oplossings te vind sodat jy kan leer hoe om rustig te wees, dis mos lekker om te slaap en mooi drome te droom! Ontspann...
101 Spook Grappe

101 Spook Grappe
R 65.00
Lawwe grappe vir enige onderwerp onder die son! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat hope grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor rugby en krieket, miskruiers, miere en ander snaakse diere, vakansiegrappe en 'n klomp lekker sp...
Vat en Voel: Klein Brandweerman

Vat en Voel: Klein Brandweerman
R 65.00
Klein Bertie is 'n flukse brandweerman! Elke dag het hy en sy kat iets anders om te doen. Hierdie oulike storie, wat in rymvorm geskryf is, sal vir klein kindertjies heerlike vermaak verskaf! Die kleurvolle, vat-en-voel buiteblad gaan ook hulle nuuskierigheid prikkel!

My Eerste Verf met water Kunsboek nr 2
R 70.00
Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water....
101 Pouse Grappe

101 Pouse Grappe
R 65.00
Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat ’n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en ’n ...