- Home
- Kampioene: Wayde van Niekerk
Kampioene: Wayde van Niekerk
Kom stap in die voetspore van Suid-Afrika se grootste sporthelde! Hierdie fantastiese nuwe reeks plaas die kollig op Suid-Afrikaanse sportlegendes se reis na nasionale en internasionale roem. Geskryf spesifiek vir kinders nege jaar en ouer, vertel dit die opwindende stories van vyf sportsterre uit verskillende agtergronde wat almal supersterre geword het.
Ontdek hoe Siya Kolisi bo sy moeilike grootwordjare in die Oos-Kaap uitgestyg het om een van ons land se grootste rugbysterre te word. Lees die inspirerende verhaal van die skoolseun AB de Villiers wat een van die grootste name in wêreldkrieket geword het. Ontmoet Wayde van Niekerk, ’n skraal, tengerige seuntjie wat teen alle verwagtinge in ’n Olimpiese superster en een van die vinnigste mense op die planeet geword het. Van sy kinderdae toe hy saam met sy broer straatkrieket voor die moskee in Tongaat gespeel het, tot ’n internasionale loopbaan as sportster wat die landskap van Suid-Afrikaanse krieket vir ewig verander het – maak kennis met die legendariese Hashim Amla. Caster Semenya se skooljare was moeilik, maar sy het bo haar omstandighede uitgestyg en deesdae is sy ’n sportambassadeur vir ons land wat met ’n Olimpiese goue medalje spog. Jong sportliefhebbers sal versot wees op hierdie fantastiese reeks biografieë oor van ons land se blinkste sportsterre!
Related Products
2 in 1 Slaaptydstories

2 in 1 Slaaptydstories
R 40.00
Gaan saam met Chrissie Krokodil op 'n heerlike kampavontuur. Kruip knus onder die komberse in en luister na wat Pippie Panda alles aanvang! Hierdie twee oulike stories gaan jou sommer gou-gou na droomland wegvoer.
Voel en Leer: Baba Diere

Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
2 in 1 Feetjiestories

2 in 1 Feetjiestories
R 40.00
Wie gaan vir Lindie, die feetjie leer dans? Anja is uitgenooi na die jaarlikse bal, maar het nie 'n rok om aan te trek nie. Maak jou storietyd vrolik en vol pret met hierdie twee oulike feetjieverhale.
Jesus Liedjies (met CD)

Jesus Liedjies (met CD)
R 145.00
Boek met CD en bladmusiek. 'n Klein bloemlesing uit die Afrikaanse Christelike liedereskat vir kinders. Hier vind u kind sowel ou bekendes soos 'Laat on skyn vir Jesus' en 'As Hy weer kom' as nuwer gunstelinge soos 'Stapsoldaatjie'. Dikwels besef 'n mens eers later in jou lewe watter kosbare riglyne Christelike liedjies in jou wordingsjare gele...
Dierestories: Kaylee die Katjie

Dierestories: Kaylee die Katjie
R 55.00
Klein Kaylee is 'n oulike katjie wat daarvan hou om te speel en goed binne en buite die huis rond te jaag. Maar eendag gebeur daar iets wat sy glad nie verwag het nie...
Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster

Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster
R 60.00 R 120.00
Sneeuwitjie is een van die beste spelers in die dorp se sokkerspan. Maar daar is een probleem: Sy wil al die doele self aanteken. Hoe kan sy ’n beter spanspeler word? Met hierdie oorpronklike storie oor Sneeuwitjie kan kinders van spanwerk leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en ’n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
My Dinosourus-Atlas

My Dinosourus-Atlas
R 145.00
Hierdie atlas is vol fassinerende feite, geïllustreerde kaarte, pragtige tekeninge en fantastiese foto’s oor dinosourusse. Dit bevat ook plakkers om op die uitvoubare plakkaat en in die boek te plak. Hierdie atlas leer kinders van die verskeie tydperke waarin dinosourusse gelewe het, asook die verskillende dinosourusse wat in hierdie tydperke vo...
Emosies: 'n Onrustige Katjie

Emosies: 'n Onrustige Katjie
R 60.00
Dit is die storie van 'n katjie wat die hele dag tekere gaan en met slaaptyd nie vaak is nie! Hoe nou gemaak? Dit is nie net die storie van 'n katjie wat nie wil gaan slaap nie, maar dit leer jou ook hoe om eenvoudige oplossings te vind sodat jy kan leer hoe om rustig te wees, dis mos lekker om te slaap en mooi drome te droom! Ontspann...
101 Spook Grappe

101 Spook Grappe
R 65.00
Lawwe grappe vir enige onderwerp onder die son! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat hope grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor rugby en krieket, miskruiers, miere en ander snaakse diere, vakansiegrappe en 'n klomp lekker sp...
Vat en Voel: Klein Brandweerman

Vat en Voel: Klein Brandweerman
R 65.00
Klein Bertie is 'n flukse brandweerman! Elke dag het hy en sy kat iets anders om te doen. Hierdie oulike storie, wat in rymvorm geskryf is, sal vir klein kindertjies heerlike vermaak verskaf! Die kleurvolle, vat-en-voel buiteblad gaan ook hulle nuuskierigheid prikkel!

My Eerste Verf met water Kunsboek nr 2
R 70.00
Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water....
101 Pouse Grappe

101 Pouse Grappe
R 65.00
Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat ’n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en ’n ...