Snowy en sy Maats (Angus Buchan)
Snowy en sy maats deel plaasstories waarby kinders sal aanklank vind en lewenslesse leer, soos die keer toe die lammetjie Mê weggedwaal het van sy mamma, of toe Rooies die haan in die moeilikheid beland het omdat hy nie na goeie raad wou luister nie.
Elkeen van die 11 stories word gekomplementeer met ’n teksvers en gebed. Kinders tussen 5 en 8 jaar sal ook hou van die prettige aktiwiteit, soos legkaarte, soek die verskille en doolhowe.
Ook beskikbaar in Engels onder titel Snowy and Friends.