- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
- Age 10 - 13
Kinders: 10 tot 13 Jaar

Speurder Kwaaikofski (Omnibus 3-in-1) nr 1
R 210.00
Kwaaikofski is al ’n privaatspeurder vandat hy kan onthou. Selfs as ’n baba het hy elke boublokkie weer gekry, en ook elke lekker wat iewers in die sandput verdwyn het. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep – wat sorg dat sy brein altyd teen die optimale temperatuur funksioneer – en hy ...

Ouma Hester en die Dreadnought (Boek 3)
R 170.00
Die Dreadnought is reg vir aksie, ouma Hester se harnaspakke is gelaai met plofbare verrassings en haar yskas kreun onder die smulgoed! Maar wat gaan sy in Kanada maak en nogals by PESBEHEER, PILLE & PREPARATE van alle plekke? Sal Mamma vir Tian en Lisa laat saamgaan? En wat vang die bose dokter Lewendkerwen alles in haar onderwaterse labora...

Haas Das se Nuuskas: Episode 6
R 185.00
Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, is terug met Diereland se manewales in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie uitsending word Haas Das deur Snawel Knawel ontvoer! Diereland is baie bekommerd oor die vermiste nuusleser. Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oelofsen se pragti...

Leeus met letsels
R 230.00
Buyi voel soos ’n vreemdeling in London – die plek waar hy gebore is en grootgeword het. Dan besluit sy ma hy moet by sy pa, wat hy nooit geken het nie, op ’n wildreservaat in Suid-Afrika gaan bly. Maar ook hier voel hy nie tuis nie. Hy kom agter Afrika bestaan nie net uit wonderlike landskappe en eksotiese ...

Avonture van Anna Atoom
R 310.00
Anna Atoom woon op 'n eiland in die Indiese Oseaan saam met haar ouers; wetenskaplikes wat gereeld ingeroep word om die wêreld van ondergang red. Anna se avonture begin met die ontdekking van 'n seerowerswaard en die skip, die Chivonne. Sy het skaars hierdie raaisel opgelos, of haar pa se agterbakse kollega, Uranus Draak, stel sy ...

Haas Das se Nuuskas: Episode 3
R 185.00
Almal van Menseland is verheug om Haas Das, die geliefde nuusleser van Diereland, en sy assistent, Piet Muis, en hulle manewales weer te geniet in hierdie veelkleurige leesboeke. In hierdie episode vind die groot wedloop tussen Hasie Kwassie en Skillie Skilpad plaas! Wie gaan wen? Die gewilde Haas Das-stories word opnuut uitgebeeld deur Vian Oel...

Klein boek van skouspelagtige sport
R 50.00
Klein boekies, maar hope pret! Ken jy die antwoord op die volgende? Sweet ’n mens as jy swem? Watse klere kan jou doodmaak? Watter bordspeletjie het gevangenes tydens ’n oorlog help ontsnap? Kinders kan al hierdie feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer! Die boekies is propvol interessante inligting oor mo...

Klein boek van skitterende speelgoed
R 50.00
Klein boekies, maar hope pret! Ken jy die antwoord op die volgende? Sweet ’n mens as jy swem? Watse klere kan jou doodmaak? Watter bordspeletjie het gevangenes tydens ’n oorlog help ontsnap? Kinders kan al hierdie feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer! Die boekies is propvol interessante inligting oor m...

Klein boek van mal modes
R 50.00
Klein boekies, maar hope pret! Ken jy die antwoord op die volgende? Sweet ’n mens as jy swem? Watse klere kan jou doodmaak? Watter bordspeletjie het gevangenes tydens ’n oorlog help ontsnap? Kinders kan al hierdie feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer! Die boekies is propvol interessante inligting oor m...

Grotbaba (Julia Donaldson)
R 195.00
Broeps die grotbaba voel allenig en verveeld. Sy ma verf ure aaneen en sy pa jag pal vir kos vir die pot. Toe Broeps Mamma se verfkwas optel, is sy ouers smoorkwaad. Hulle dreig om hom te voer vir die groot, honger beer! Dan daag daar 'n vriendelike mammoet op . . . en Broeps maak 'n hele klomp nuwe vriende. ’n Heerlik ondeunde avontuurverhaal d...

Klein boek van hipercool hondetoertjies
R 50.00
Klein boekies, maar hope pret! Ken jy die antwoord op die volgende? Sweet ’n mens as jy swem? Watse klere kan jou doodmaak? Watter bordspeletjie het gevangenes tydens ’n oorlog help ontsnap? Kinders kan al hierdie feite en nog baie meer in Fanie Viljoen se volgende vier “klein boeke” leer! Die boekies is propvol interessante inligting oor mod...

Meisie met uitroeptekens in haar oë, Die
R 200.00
Of jy nou glo in die noodlot of blote geluk of liefde met die eerste oogopslag, alle liefdesverhoudings moet iewers begin. Dié bundel bevat verhale oor eerste ontmoetings deur gevestigde skrywers soos Jaco Jacobs, Zelda Bezuidenhout, Refiloe Moahloli en Sally Partridge en nuwe stemme soos Cliffordene Norton en Mercy Kannemeyer. Die verhale i...

Klein bietjie magic
R 200.00
Soms voel dit net of daar 'n bietjie magic in die lug is ... Toe Janke se pa-hulle besluit hulle gaan nie hierdie Desember op Gourits vakansie hou soos gewoonlik nie, is sy nie baie beïndruk nie. Toe sy uitvind hulle gaan na die piepklein, geïsoleerde Noord-Kaap kusdorp McDougallsbaai vir vier weke, nog minder. 'n Piepklein dorp saam met 'n...

Pienk is nie vir Sissies nie
R 210.00
Nicci is 'n willewragtig op 'n bergfiets. Die heel lekkerste is om die seuns se reaksie te sien wanneer hulle besef 'n meisie het vir hulle ore aangesit. Tot die dag wat Nicci wreed aangeval en van haar fiets beroof word. Haar wêreld tuimel ineen. Wie sal so iets doen? Stuk-stuk pas Nicci en haar vriende Felicity en Godfrey die legkaart inme...

Rietrotte (3): Rietrotte en die Raaisel
R 175.00
Dis die eerste oop naweek vir die graad 8's. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos 'n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om 'n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het? En dan is daar die mans met die swart pakke ...

Sanri Steyn Omnibus 2
R 210.00
Sanri Steyn droom daarvan om eendag 'n joernalis te word. En nie sommer enige joernalis nie. Haar naam sal op almal se lippe wees ... Superjoernalis Sanri Steyn. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Op die dorpie Raaiselfontein beleef Sanri en haar beste vriend, Markus, allerlei vreemde avonture - van vampi...