Kinders: 10 tot 13 Jaar

Roald Dahl: Matilda
R 255.00
Matilda se ouers het haar al baie verskriklike dinge genome. Maar sy is eintlik 'n genie en dis hulle wat onnosel is. Vind uit hoe sy hulle en haar bose skoolhoof, juffrou Trunchbull, laat les opsê en boonop ontdek dat sy oor 'n baie spesiale gawe beskik . . .

Roald Dahl: Marius se Merkwaardige Medisyne
R 210.00
Marius het 'n nare ouma - 'n klaerige ou ding wat hom nie wil uitlos nie. Sy is selfsugtig en lelik, sy haat kinders en soms maak sy hom so bang dat hy dink dat sy seker 'n heks moet wees. Marius moet altyd sy ouma se medisyne onthou. Maar hy het spesiale planne vir haar elfuur-dosis - die soort onheilige planne wat net in 'n Roald Dahl-storie k...

Grilgrypers 4: Die meisie in die maanlig
R 196.00
Babette se pa gaan oorsee en sy moet by die vreemde tannie Theodora op Rustfontein gaan bly. Sy voel gou tuis, veral toe sy die aantreklike Tiaan en tannie Theodora se oulike hondjie ontmoet. Sy kan boonop haar sangtalent uitleef in die plaaslike teater se musiekproduksie. Maar alles is nie pluis in die dorp nie. Dit het iets te doen met die ge...

Regte-egte Rampe: Ondersoek wat regtig gebeur het!
R 220.00
In Regte-egte rampe word ondersoek ingestel om uit te vind hoekom sekere rampe gebeur het en hoe dit in die toekoms voorspel en verhoed kan word. Die rampe wat ondersoek word, wissel van reuse-uitbarstings, die dinoramp tot vreesaanjaende mensgemaakte katastrofes. Lees die verstommende stories oor die rampe en kyk dan na elkeen se rampdo...

Dagboek van ’n dork 4: Stories van 'n nie-so-elegante ysprinses
R 195.00
Brandon doen vrywilligerwerk by ’n diereskuiling en dit verbaas Nikki nie. Hy’s so oulik – natuurlik sal hy die arme honde wil help. Maar dan hoor sy hulle wil die skuiling toemaak. Wanneer haar skool ’n skaatskompetisie hou om geld vir liefdadigheid in te samel, besluit Nikki sy en Chloe en Zoey moet die skuiling help. Kan sy betyds van ...

Kies-jou-avontuur: Die gevaarlikste speletjie op aarde
R 170.00
Mario is die skool se rekenaarspeletjie-kampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgeva...

Bitterbosbende (2): Die Been in die Bos
R 165.00
Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin 'n hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van 'n trein wat kwaai rem aanslaan en dan 'n harde botsing. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is . . . 'n been? En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat passa...

Grilgrypers 6: Geheim van die spookwerf
R 180.00
Vanessa se ouers was eens skatryk, maar wanneer haar pa alles verloor moet hulle trek na 'n piepklein huisie op 'n skrootwerf waar haar pa as bestuurder van 'n insleepwa gaan werk. Die motorongeluk waarin Vanessa betrokke was, spook steeds by haar. En al die gruwelike motorwrakke in die skrootwerf gee haar die horries. Wanneer sy die eienaard...

Elf dae in New York
R 230.00
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou b...

Lotta se lewe (11): Slange en Hansworse
R 210.00
Lotta se klas moet 'n VERSKEIDENHEIDSKONSERT hou! Juffrou Knacker het besluit wie saam met wie moet werk – en Lotta se spanmaat is Benni! ’n Rocker! Chantelle doen saam met die Skaapkop Leigh-Anne (verraaier!) ’n klomp cool hondetoertjies en Rémi ry op ’n eenwielfiets, maar Lotta moet HANSWORSSTREKE uithaal. Dis onregverdig! Dankie tog sy het...

Bitterbosbende (3): Die Grafsteensangers
R 165.00
Die Bitterbosbende besluit om in die skoolkoor te sing. Maar meneer Louw is nie die vriendelikste nie en boonop is daar nuwe koorlede wat Kurt nog nooit in die skool opgemerk het nie en wat blykbaar vir die res van die bende onsigbaar is. Dan ontdek Nieke 'n stuk papier met snaakse simbole, amper soos bladmusiek, in haar geskiedenisbo...

Emma en die Middernagman
R 189.00
Juffrou Beaulah Bonthuys, Kosterkloof se nuwe skoolhoof, lyk aanvanklik baie gaaf. Emma hou veral van die hoof se oulike ma-kat en haar kleintjies wat ook in die koshuis kom woon. Maar wie is die vreemde figuur in die swart mantel wat snags om middernag in die tuin verskyn? Daar is ook twee nuwe meisies in Emma se klas. Hulle is beeldskoon en bo...

Speurder Kwaaikofski Omnibus 3 (Omnibus 3-in-1)
R 210.00
Kwaaikofski is ’n privaatspeurder. Hy het nou eenmaal ’n talent daarvoor. Gee hom ’n glas melk, Carpenters kougom en sy spesiale kep en hy is gereed vir enigiets! Hierdie omnibus bevat drie van Speurder Kwaaikofski se gewildste avonture vir beginnerlesers. Hierdie keer krap ’n ander speurder krap in sy slaai, hy moet uitvind wie Olga se luukse m...

Pippie Langkous Omnibus: 75 Jaar
R 260.00
Met hierdie heruitgawe van die Pippie Langkous-omnibus vier Pippie haar 75ste bestaansjaar. Lesers sal hulle opnuut verlustig aan Pippie se manewales in hierdie nuwe uitgawe, waarin die 1975-vertaling deur Nerina Ferreira in hedendaagse Afrikaans deur bekroonde skrywer, Jaco Jacobs, hersien is. Die spesiale versameling sluit drie klassieke Pippi...

Eerste Liefde (Omnibus 1)
R 195.00
Drama, humor . . . en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. Drie van die gewildste Eerste Liefde-stories in een. In Rugbyballe en bikini’s kan niks Anelle se vakansie op Duinebaai bederf nie. Maar hoekom laat Martin haar so anders voel? In Daar’s’n ou in my aarbei-smoothie steek ’n geheime bewonderaar boodskappe in Yolandé se tas weg. In My hart...

Kies-jou-avontuur 2: Die gevaarlikste boek op aarde
R 170.00
Gretha maak ’n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die koninkryk van Fantastorië, waar ongekende gevare wag. Saam met die iesegrimmige kabouter Kabous moet hulle die sprokieswêreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die Towerspieël hulle ...