- Home
- Kinders: 8 tot 10 Jaar
- Fiksie
Kinders: 8 tot 10 Jaar

Rooikop, die leeu en die handgranaat, Die
R 150.00
Adele was nog altyd versot op kuns. Dit was haar ding. Maar sedert die begin van die jaar kry sy skielik vrot punte. Dalk hou die nuwe kunsjuffrou nie van haar nie. Hoekom sukkel sy so met haar selfportret vir die volgende klasprojek? Is dit omdat sy haar bos rooi hare en kurwes so verwens? Die afgelope tyd voel dit buitendien of ’n groot hand...

Suurlemoen! 'n Storie oor Liefde, Rock en 'n Tuinkabouter
R 220.00
Suurlemoen! is 'n boek propvol humor en tiener-intriges. Dit is 'n lekker ontspanningsoek wat mens met die ligte trant bekoor waarmee dit geskryf is. Die inhoud is bekend, maar wat die boek 'n onvergeetlike leeservaring maak is die nuwe manier waarmee dit aangebied word. Die verskillende mediums wat deur Jaco Jacobs gebruik word in hierdie boe...

Dingesfabriek: Jannus en Kriek op die Maan
R 125.00
Jannus en Kriek Knoets is min of meer agt jaar oud, en hulle is 'n tweeling. Die Knoets-gesin woon in Huis Deurmekruis, onder afrit 7 van die snelweg, naby die dokke in 'n groot stad. Maar seker die belangrikste karakter in die verhaal, behalwe die tweeling natuurlik, is hulle oupa. Miskien raak hy net bietjie deurmekaar van ouderdom, want hy n...

Dingesfabriek: Jannus en Kriek onder die see
R 125.00
Die tweede avontuur waarin Jannus en Kriek Knoets, die rooikoptweeling wat in Huis Deurmekruis woon, en hulle eksentrieke oupa op ’n ontdekkingstog gaan. In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp . . . 8-10 jaar. Die keer neem Oupa hulle in sy duikboot, die Krisantalia, na die Sui...

Dingesfabriek: Jannus en Kriek en die tydmasjien
R 125.00
Die vierde en laaste boek in die reeks. In die eerste boek het Oupa hulle saamgeneem maan toe. Daar het vreemde spore hulle verbeelding aangegryp...Toe, in Jannus en Kriek onder die see, is hulle met Oupa se duikboot diep onder die Suid-Atlantiese oseaan in om 'n reuse-eier terug te neem na waar dit gevind is.

Middernagfees
R 200.00
Is jy gereed vir 'n middernagfees? Vampiere, weerwolwe, 'n zombie-poedel, besoekers uit die buitenste ruim, 'n monstertoilet ... Dit is net 'n paar van die vreemde en vreeslike goed op die spyskaart in hierdie heerlike bibberboek!

Wat 'n Ramp! Doktor de Goede en die Hipno-Zirtser
R 80.00
’n Mal wetenskaplike werk aan ’n nare plan om die wêreld oor te neem met sy tuisgemaakte breinspoel-toestel! Is Sam, Arty en Emmie dapper genoeg om wéér die dorp te red?

Wat 'n Ramp! Nag van die Vlieende Piering
R 80.00
Henk, Devon en Emmie het nog skaars herstel van hul vorige avontuur – en nou word hul slaperige dorpie deur ruimtewesens oorgeneem! Henk, Devon en Emmie ’n plan maak om die dorp te red. Jip, al weer.

My hart is vol Graffiti
R 70.00
Lara het die perfekte ou. Michael bring gereeld vir haar blomme skool toe. Sy glimlag sal enige tandarts laat straal van trots. En almal voorspel hy gaan oor twee jaar hoofseun wees. Die enigste meisie in die skool wat nie van hom hou nie, is haar beste vriendin, Vanessa. Maar dan moet Lara en Vanessa 'n artikel vir 'n tienertydskrif skryf. Die ...

Geheime Koninkryk: Towerberg
R 135.00
Janie, Bianka en Tamsin is op pad na die bevrore hange van Towerberg! Kan hulle koningin Gorina se vyfde weerligstraal betyds kry – voordat die arme sneeubouters in ysstandbeelde verander? Saam met koning Kieliebaard en hul feetjiemaat, Trixi, beleef die drie maats hierdie keer ’n bibberende avontuur in ’n sneeuwit wonderwereld.

Agent Alex: Visvang verbode!
R 135.00
Die derde boek in die reeks oor Agent Alex se avonture by Spioenkop Akademie. Die verfoeilike POEV-organisasie het 'n geheime basis onder die visdam by Alex se skool ingerig en bied nou kammakastig visvanglesse aan om inligting te versamel! Alex en sy vriende ruik sommer dadelik rot (of eerder: vis!) - maar kan hulle 'n plan beraam om POEV se ge...

Karel Kameleon en die Towerdrankie van Professor Borrie (Boek 1)
R 180.00
In hierdie avontuur kry Karel Kameleon en sy vriende Sollie en Henko die opdrag om professor Borrie te vind. Die spore lei na Kwaakstad, ’n stad vol paddas en kikkers. Maar hoekom gedra hierdie diere hulle so vreemd? En waarom is die professor daarheen ontvoer? Wie was dit? En wat het die professor se towerdrankie daarmee uit te waai?

Karel Kameleon en die Geheime Tempel (Boek 2)
R 180.00
Karel Kameleon word saam met twaalf ander spioene opgeroep deur Groot Gekko Dikke Nekko. Die baasspioen en oprigter van die Geheime Diereverbond ontbied hulle na sy geheime tempel in die oerwoud. Die lys met al die name van die spioene van die Geheime Diereverbond is gesteel. Wie het die lys gesteel? En hoe het hy by die altaarkamer uitgekom?

Geheime koninkryk: Skitterstrand
R 135.00
Janie, Bianka en Tamsin is op pad na die bevrore hange van Towerberg! Kan hulle koningin Gorina se vyfde weerligstraal betyds kry – voordat die arme sneeubouters in ysstandbeelde verander? Saam met koning Kieliebaard en hul feetjiemaat, Trixi, beleef die drie maats hierdie keer ’n bibberende avontuur in ’n sneeuwit wonderwereld.

Geheime koninkryk: Wolkeiland
R 120.00
Janie, Bianka en Tamsin land op wollerige wolke hoog in die lug bo die Geheime Koninkryk. Dis hope pret om op die wolke rond te bons! Maar kort voor lank besef hulle Koningin Gorina se nare planne kan die einde van Wolkeiland beteken ...

Geheime Koninkryk: Droomvallei
R 120.00
Wanneer Bianka, Tamsin en Janie hoor dat die drake van Droomvallei opgehou het om hulle droomstof te maak, weet hulle dat koningin Gorina daaragter sit. Kan die meisies die drake help om weer droomstof te maak sodat hulle die towerspreuk kan verbreek en keer dat koning Kieliebaard in 'n padda verander?