- Home
- Kinders: Nie-fiksie
- Opvoedkundig
Kinders: Nie-fiksie

Motors
R 80.00
Hoe vinnig ry die blitsigste motor ter wereld? Hoe groot is 'n monsterbakkie se bande? Perfek vir jong lesers wat mal is oor motors en enige iets met wiele! Hierdie opwindende feiteboek sluit agt bladsye propvol prettige aktiwiteite in.

Goggas
R 80.00
Maak gereed vir ’n wereld van ontdekking en vind meer uit oor insekte en ander goggas. Hierdie fantastiese boek verken allerlei goggas, van ’n insek wat soos ’n stok lyk tot ’n skoenlapper wat met sy pote proe! Van mierleeus wat in die woestynsand wegkruip tot besige bye – daar is allerlei interessante goggas wat wag om ontdek te word. Ontmoet...

Hoe Supercool Goed Werk
R 285.00
Sal ons in die toekoms met vlieënde motors ry? Hoe werk ’n 3D-drukker? Kan mense regtig eendag op Mars gaan woon? Hoe lyk dit binne-in ’n PlayStation 4? Ontdek die verstommende tegnologiese uitvindings van die toekoms in hierdie asemrowende boek. Hoe supercool goed werk is ’n splinternuwe gids wat ongelooflike nuwe tegnologie verken, en kyk na ...

Webslim: Hoe om aanlyn veilig te Bly
R 170.00
Word www.webslim.co.za. Kom ontdek die wonders van die internet saam met Anzil en Chris, en leer hoe om veilig te wees terwyl jy die web verken. Of jy nou veilig wil bly op sosiale media, jou slimfoon of e-pos wil gebruik sonder om nare verrassings af te laai, of deur kuberboelies lastig geval word, hierdie boek is ’n briljante gids vir jou lewe...

Insektopedie: Die geheime Wereld van Suider-Afrikaanse Insekte
R 250.00
Insektopedie lê die betowering en ryke verskeidenheid van die wêreld van insekte bloot. Dit deurgrond hul fassinerende gedrag en biologie – van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul aanpassings by hitte en koue. ’n Hoofstuk oor superorganismes ondersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenska...

Musiekensiklopedie vir Kinders
R 240.00
Is julle lus om saam met Klara en Frederik ’n spannende ontdekkingsreis na die Koninkryk van Musiek te onderneem? As julle baie leergierig is, graag in boeke verdiep raak en van musiek hou, is julle nou op die regte plek. Want Klara en Frederik – twee kinders wat baie van musiek hou – sal vir julle baie interessante onderwerpe en begrippe oor mu...