Kinders

Rietrotte (5): Rietrotte lê Laag
R 175.00
Uiteindelik het Daniël 'n nuwe kamermaat, maar daar is iets baie vreemds met hom aan die gang. Waarheen verdwyn Wesley in die middel van die nag? Verder gaan die soektog na Daniël se pa voort. Die kanse begin egter baie skraal te lyk dat hy gevind sal word.

Rietrotte (4): Rietrotte en die Stropers
R 175.00
Dis die eerste oop naweek vir die graad 8's. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos 'n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om 'n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het? En dan is daar die mans met die swart pakk...

Rietrotte (6): Rietrotte weet te veel
R 175.00
Daniël-hulle kan dit amper nie glo nie: Hulle word genooi vir 'n naweek in Johannesburg deur Antonie se ma. Maar 'n cool video wat hulle neem van motorfietse wat agterin 'n meubelwa inry, veroorsaak dat hulle met die verkeerde mense deurmekaar raak. Die Rietrotte weet te veel en dinge raak vinnig gevaarlik vir hulle...

Rietrotte (7): Rietrotte en die rotsgrot
R 175.00
Daniël en sy vriende is al weer in die moeilikheid - hierdie keer by Peet én juffrou Faure. Hoe het hulle dit reggekry om die ergste matriekou en die ergste juffrou al twee gelyk teen hulle te hê? Gelukkig nooi Antonie se pa hulle vir die naweek Kaap toe, sommer al van die Donderdagaand af. Hulle almal sien uit na 'n sorgelose naweek by die see,...

Avonture van Kuifie: Juwele van Catafiore
R 130.00
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.Die ...

Avonture van Kuifie: Kuifie en die Pikaros
R 130.00
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture.Die ...

Avonture van Kuifie: Kuifie in Tibet
R 130.00
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou) is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60 tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie avonture. Die...

Enid Blyton: Beroemde Vyf (1): Vyf of 'n Skateiland
R 210.00
“Daar is iets anders daar doer in die see,daar ver by die rotse - iets donker en groot wat lykof dit elke nou en dan slingerend deur die brandersbreek - en dan weer terugval. Wat sou dit wees?”Julian, Dick en Anne bring die vakansie saam met hulle niggie George en haar hond Timothy deur. Terwyl hulle Kirrin-eiland verken, ontdek hulle iets o...

David Walliams: Ysmonster
R 265.00
Elsie, ’n weeskind wat in die tyd van koningin Victoria in Londen op straat bly, hoor van die geheimsinnige YSMONSTER – ’n wolhaarmammoet wat in die Noordpool ontdek is – en is vasberade om meer daaroor uit te vind …Elsie kom van aangesig tot aangesig met die mammoet en beleef die avontuur van ’n leeftyd – van Londen af, oor onstuimige osean...

Hoe om 'n Draak se Storm te Trotseer
R 185.00
Harwarrus het drie maande, vyf dae en ses uur om terug by Berk te kom, sy pa te red, teen Ysslange te veg EN die jaarlikse vriendskaplike interstam-swemgala te wen. Gaan hy dit regkry?

Hoe om 'n Draak se Swaard te Steel
R 185.00
Daar wag donker dae vir die Barbaarse Argipel – dis amper asof die wêreld vervloek is! Kan Harwarrus sy swaard behou, ’n draakrebellie stopsit en keer dat Alvin die volgende koning van die Wilderweste word?

Hoe om jou Draak te Tem
R 180.00
Hik die Horribale Hamerkop die Derde is ’n fantastiese swaardvegter, ’n draaktemmer en die beste Wikingheld wat al ooit gelewe het. Kan Hik met ’n haasbekdraak die draak-inisiasieprogram slaag en boonop die Seedrakonius Kolossalikus Maksimus verslaan voordat dié wreedaardige gedierte elke Wiking op die eiland Berk vermorsel? Dis tyd dat Hik leer...

Hoe om 'n Draak se Held te Verraai
R 195.00
Harwarrus moet die koning van die Wilderweste word. Kan hy die heks se Vampier-spioendrake uitoorlê én boonop voor Joelfees se Dag van Doem die koning se verlore toebehore by Alvin terugsteel? En is daar ’n bedrieër in Harwarrus se kamp wat hulle almal op die ou end gaan verraai?

Hoe om 'n Draak se Juweel te Steel
R 195.00
HARWARRUS HORRIBALUS HELDEHELM DIE DERDE was ’n meesterlike swaardvegter en draakfluisteraar, en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Die draakrebellie het begin. Harwarrus is stoksielalleen en in ballingskap. Mense sowel as drake maak jag op hom – sy enigste hoop is dat hy die draakjuweel sal opspoor. Maar waar moet hy begin soek?

Hoe om 'n Draak se Toorn te Tem
R 195.00
Wie gaan as koning van die Wilderweste gekroon word … Harwarrus of Alvin die Verraderlike? Kan Harwarrus die draak Verwoed ompraat en die rebellie stopsit … of is dit die EINDE van die drake?

David Walliams: Karre en Kroeks
R 295.00
Jy kry allerhande soorte pa’s. Daar is vettes en maeres, langes en kortes. Daar is lawwe pa’s en ernstige pa’s, pa’s wat bulder en pa’s wat sag praat. Daar is natuurlik goeie pa’s. En daar is slegte pa’s … Frank se pa was ’n kampioen-stampkarrenjaer, die koning van die renbaan. Gilbert die Grote! Maar ná ’n aaklige ongeluk noem mense hierdie to...