Kinders

David Walliams: Aardigste Onnies op Aarde
R 295.00
Het jy al die aardigste kinders op aarde ontmoet? Maak jou reg vir iets baie, baie ergers … DIE AARDIGSTE ONNIES OP AARDE!

Raaiselklip
R 195.00
Gabriel skrik wakker in 'n vreemde stad sonder enige herinnering van hoe hy daar gekom het. Was hy die vorige dag nog in Amsterdam? Tot sy verbasing bevind hy hom in die Kaap van Storms, die VOC se ou halfwegstasie - en in die begraafplaas is 'n graf met sy naam op. Die mooi slawemeisie, Zytia, probeer hom help om uit te vind wie hy ...

Lekkerlag-pretboek
R 165.00
Die pretboek beloof ure se vermaak! Hier is grappe wat jou sal laat skater en raaisels wat jou sal laat kopkrap. Hier is ook vreeslike vreemde feite, prettige speletjies en snaakse limerieke. Jy sal giggel wanneer jy hoor waarom spoke nie leuens kan vertel nie. Jou oë sal rek as jy uitvind wat gebeur as me...

Saak van lewe of dood
R 175.00
Zander mis sy sussie. En daarmee saam voel dit vir hom asof hy besig is om sy ouers ook te verloor. Maar gelukkig is daar genoeg om sy aandag van dinge by die huis af te lei. Hy en sy pelle, Mieke, Bongani en Ruben, gaan ’n kortfilm maak vir die kunsfees en hulle gaan seerowers wees! Hulle het selfs die perfekte plek om die video te skiet ...

Anna Atoom en die digitale draak
R 210.00
Dis somervakansie en tyd vir Darius om op MonPetit te kom kuier. Anna kan nie wag nie! Sy wil vir hom die grotte op die eiland gaan wys, en hulle gaan vir professor Sabatina help met haar navorsing vir die AardWag oor vulkaniese aktiwiteit. Maar iemand anders stel ook belang in die vulkane om die eiland, veral ’n spesifieke ondersese vulkaan bek...

Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe)
R 165.00
’n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see. Terwyl Anna se ouers probeer uitvind wat dit veroorsaak het, en hoe om dit te keer, stel Anna net in een ding belang: ’n antieke dolk wat sy in die see gevind het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan ’n beroemde seerow...

Skool vir talente
R 185.00
Alva is in graad vier, en kan diere hoor praat. En hulle LAWAAI! Maar dié talent is niks vreemds by haar nuwe kosskool op ’n verlate eiland nie. Ander kinders daar verander van vorm, krimp, of kan water beheer. Vlieënde klasmaats en kinders wat deur deure loop, is doodgewoon. ’n Resep vir CHAOS! Maar hoekom praat die gebreekte kennisgewing...

Praktiese geologie: Raak handig met fossiele!
R 155.00
Hierdie volkleur boeke is vol interaktiewe pret en inligting. Kinders kan ekperimente doen en prakties te werk gaan met die boublokke van ons planeet. Meet byvoorbeeld ’n klip se digtheid of maak ’n vorm-en-giet-fossiel en grawe dit dan op soos ’n kundige! Vryantwoordvrae moedig verdere denke en stud...

Wim Vermaak maak 'n plan
R 175.00
Vir Wim is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Hy land teen sy sin die understudy-rol van Nick Bottom in die skool se opvoering van ’n Midsomernagsdroom. Maar dis iets nader aan ’n nagmerrie as ’n droom, want 'n ander ou sleep vlerk by sy Jenny. Ouma Hantie is sy enigste hoop, maar haar kop is op ’n ander plek. Boonop beland W...

Mieke 1: Kersfees in April
R 185.00
Mieke se lewe op Mtwana Wildlife Rescue, aan die oewer van die Limpopo, is alles behalwe saai. Tussen haar pa as die plaas se veearts, Fen se ouma Maggi wat die lodge bestuur en haar eksentrieke oupa Bosjan se natuur- en lewenswysheid kry sy skaars kans om haar ma te mis. Maar soms, veral noudat sy in Gr 7 is en...

Mieke 2: Spikkelsterre op Mtwana
R 150.00
Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het, sove...

Harry Griesel 4: Die zombie-ontvoerder
R 210.00
Otto en Emily het 'n nuwe onderwyser wat baie vreemd optree en gedurig vrae vra oor Otto se vermiste oom Archibald. Harry Griesel het ook probleme: iemand het 'n onwettige deurgang na Die Oorkant oopgesluit en nou krioel die stad van zombies! Die SBI moet dadelik uitvind wie die skuldige is en Otto en sy vrie...

Harry Griesel 5: Die spookmonster
R 210.00
Dit is Halloween in Radysstraat, maar Otto sit alleen by die huis. Selfs Harry Griesel hou hom skaars, want sy nuwe baas by die S.B.I., Rufus Rittelbeen, is baie streng oor kuiertjies in werkstyd. Gelukkig kan oom Archibald nou vir Otto help om sy vermiste ouers op te spoor. Hulle vind uit dat sy ouers deur 'n...

Harry Griesel 3: Die Spookmeesters
R 210.00
'n Fortuinverteller trek oorkant die straat van Otto en tannie Sharon in en ewe skielik begin vreemde dinge in die buurt gebeur. Harry die Grieselgryper vind uit dat 'n gruwelgees die vrou se huis oorgeneem het! Dit is 'n baie gevaarlike soort spook en Grieselgrypers is hulpeloos teen hulle. Otto en Harry moet 'n...

Raaiselster
R 195.00
Leopold se wêreld stort in duie wanneer sy ma sterf en sy familie se rykdom verdwyn. Hy ontmoet ’n togryer –’n boggelrugman met ’n vreemde wit hond – wat hom ompraat om by die transportwa aan te sluit na die diamantvelde om sy fortuin te soek. Onderweg kruis sy pad met dié van Sara, op soek na die merk van haar voormense. Hy ontmoet ook ...

Anderkant die blou
R 150.00
Lienke en Dezi se Kalkbaai-vakansie is vol verrassings. By die hotel ontmoet hulle vir Danroy, wat daar vakansiewerk doen. Saam met hom leer ken hulle al die mooiste plekke in die baai. Ook Danroy se "skwad", en sy geliefde Uncle Kaz. Dan is daar 'n tragedie op see wat Danroy en sy ma se lewe omkeer. Soos Uncle Kaz altyd sê: "Mens het net ...