Kinders

Stoutste klas op aarde word stouter, Die
R 175.00
Volgens die skoolhoof is 4B DIE STOUTSTE KLAS OP AARDE. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor LEER. Maar Alex en Manjit het LETTERLIK nie bedoel om die toilette te verstop terwyl hulle die skoolgrond moes oppas nie. En hulle het definitief nie bedoel om LETTERLIK 'n pikkewyn vanaf die dieretuin skool toe t...

Dagboek van 'n dork 5: Stories van 'n nie-so-slim juf. Weetalles
R 195.00
Dagboek van 'n dork is vir almal wat al ooit soos die grootste dork in die wêreld gevoel het. 'n Reeks oor Nikki Maxwell en haar lewe vol drama en dinge.Mackenzie wil haar rubriek gebruik om stories oor Brandon te versprei! Nikki besluit om by die koerant te werk om haar dop te hou! Maar later voel dit of SY hulp nodig het. Kan sy byhou en vir M...

Boomhuis met 65 Vloere, Die
R 250.00
Andy en Terry se fantastiese boomhuis het nou ’n verstommende 65 vloere, en een daarvan is Jill se eie troeteldiersalon waar sy al haar diertjies kan mooimaak! Die opwindende byvoegings tot die boomhuis sluit in: ’n kamer vol ontploffende oogballe, ’n suigstokkiewinkel, ’n dryfsandput, ’n mierplaas, en ’n kamer waar dit altyd jou verjaardag i...

Waar's Willie? In Hollywood
R 150.00
Kom saam met Willie op reis deur al die tonele in hierdie wonderwêreldboek. Soek vir Willie in die groot vrugtegeveg, die wedstryd van 'n leeftyd, die speelgoedkamer, die koekfabriek, Tronkvoël se moeras en nog vele meer!

Wêreld van Wolwe: Eerste Bloed (Boek 1)
R 210.00
Alle kinders is bang vir iets. As hulle sê hulle is nie, lieg hulle.” Joshua Reinders maak ’n groot fout. As hy net nie so bang was nie, het sy pa nooit daardie aand ’n kind geskiet nie. Dis hoekom hulle na Droomhoek moes vlug. Maar ook in Droomhoek teister die vrees hom. Skaduwees is nie net skaduwees nie. Geluide is nie net geluide nie. En men...

Regte-egte raaisels: Help verklaar die onverklaarbare!
R 205.00
In Regte-egte raaisels kan jy lees oor die grootste kopkrappers in die geskiedenis. Die raaisels wat ondersoek word, wissel van narige, harige gediertes, vreemde vlieende voorwerpe tomonsters uit die dieptes. Lees die verstommende stories oor die raaisels en kyk dan na elkeen se raaiseldossier met feite oor wat regtig gebeur het. Boonop is da...

Ouma Hester en die Superkomeet (Boek 4)
R 60.00
Meeluister-apparate, gesplitste olifantmis en geheime reaktors! Sabotasie, staatsgeheime en slymerig slakke! Die gewetenlose generaal Kerbhala en Spesiale Taakmag T-01 is warm op ouma Hester se spoor. Hoe gaan hulle uit die boosaardige folteraar se kloue ontsnap? Voor hulle weet, word ouma Hester, Tian en Lisa betrek by ’n gemene pakt met eienaa...

Eerste Liefde (Omnibus 1)
R 160.00
Drama, humor . . . en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. Drie van die gewildste Eerste Liefde-stories in een. In Rugbyballe en bikini’s kan niks Anelle se vakansie op Duinebaai bederf nie. Maar hoekom laat Martin haar so anders voel? In Daar’s’n ou in my aarbei-smoothie steek ’n geheime bewonderaar boodskappe in Yolandé se tas weg. In My hart...

Waldo en die Vampier met die Geel Reënjas
R 140.00
Waldo is seker Connie is in groot gevaar. Wat anders beteken die vreemde gedagteflits wat hy gesien het? En wie is die meisie met die geel reënjas wat Waldo ’n ruk lank agtervolg het? Gaan sy weer haar opwagting maak? En wat wil sy he? Die antwoorde op hierdie vrae gaan Waldo se lewe vir ewig verander … Die vierde en laaste boek in die reeks.

Goue lint-stories: Die mooiste klassieke sprokies
R 245.00
Hierdie wonderlike boek wat 11 stories bevat met pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters sal kinders bekendstel aan 'n skatkis van klassieke verhale. Stories sluit in Skoonlief en die Ondier, Peter Pan, Bambi, Sneeuwitjie en die sewe dwergies, Die oerwoudboek, Alice in Wonderland, Robin Hood se avonture, Pinocchio, Die towena...

Eggo's in die Skimberge
R 80.00
Mattie klim elke aand hoog op in die ou eikeboom voor haar kamervenster om die Skimberge beter te kan sien. Sy dink die berge bewaar 'n geheim, want waarom anders val daar sterretjies uit die naghemel bo hulle? Sy vertel vir Henk daarvan omdat hy die enigste een is wat nie sal lag nie. Met 'n vlot wat aan Mattie se oupa behoort het, vaar sy en H...

Vakansiepret 4: Sand, see en dolfyne
R 140.00
’n Dag saam met die dolfyne op Duinebaai! Jana en Alisha is beste vakansiemaats en groot opwinding heers in Duinebaai – ’n nuwe glyplank is by die swembad opgerig! Jana, Alisha, Tiaan en Rudie is gretig om by die nuwe glyplank af te gly. Ongelukkig vir die maats is die res van Duinebaai ook opgewonde oor die glyplank en is dit stampvol by die ...

Kies-jou-avontuur: Die gevaarlikste speletjie op aarde
R 150.00
Mario is die skool se rekenaarspeletjie-kampioen. Maar wanneer hy deur 'n eienaardige nuwe speletjie weggevoer word na die kuberruim, moet hy veg vir sy lewe. 'n Geheimsinnige wese genaamd Gigabyte verduidelik dat hy na die sewe wonders van die antieke wêreld moet reis om ses goue muntstukke te vind, voordat hy kan terugkeer huis toe. Lewensgeva...

Roald Dahl: Marius se Merkwaardige Medisyne
R 195.00
Marius het 'n nare ouma - 'n klaerige ou ding wat hom nie wil uitlos nie. Sy is selfsugtig en lelik, sy haat kinders en soms maak sy hom so bang dat hy dink dat sy seker 'n heks moet wees. Marius moet altyd sy ouma se medisyne onthou. Maar hy het spesiale planne vir haar elfuur-dosis - die soort onheilige planne wat net in 'n Roald Dahl-storie k...

Roald Dahl: Matilda
R 240.00
Matilda se ouers het haar al baie verskriklike dinge genome. Maar sy is eintlik 'n genie en dis hulle wat onnosel is. Vind uit hoe sy hulle en haar bose skoolhoof, juffrou Trunchbull, laat les opsê en boonop ontdek dat sy oor 'n baie spesiale gawe beskik . . .

Roald Dahl: Fantastiese Mnr. Vos
R 195.00
Mnr. Vos steel kos by die gemene boere Ben, Bart en Boon – een vet, een kort, een net vel en been. Hierdie drie skurke maak ’n plan om mnr. Vos by sy huis uit te grawe, maar hulle besef nie hoe fantasties mnr. Vos is en wat hy alles sal doen om sy gesin te red nie . . . Hierdie klassieke verhaal is nou vir die eerste keer in Afrikaans beskikbaar...