Kinders
Tags
- Everything in Kinders
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Bybel
- c
- Christelik
- Emosies
- Fantasi
- Fiksie
- Graded Reading Level 3
- Graded Reading Level 4
- Jaco Jacobs
- Julia Donaldson
- Kinders
- Lapa
- Latest
- Miles Kelly
- NB
- Nie-fiksie
- On Sale
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Penguin
- Phambili
- Protea
- Rympies
- Skool Hulpmiddels
- Speshirl Agencies
- Stories met Lesse
- Struik
- Under 6

Eerste Leesboeke: Zoem en Spring! Spring!
R 60.00
Zoem. Zoem! Zoem!-Wat is daardie geluid? Spring! Spring! Karel hou van spring. Hy spring oral! Klerukodes vir begeleide lees. Daar is verskillende kleurkodes wat die leesvlak en moeilikheidsgraad van die teks aandui.

Max die Masjien
R 170.00
Hy’s rof en onbeskof ... en hy is Zander se persoonlike lyfwag! Zander het nog nooit tevore iets gewen nie. Daarom is hy heeltemal uit die veld geslaan toe hy die GROOT PRYS in ’n kompetisie wen: ’n regte egte ... ROFSTOEIER! Die stoeier se naam is Max die Masjien. Hy is rof en onbeskof. Hy het nie hare nie. Hy het nie ’n nek nie. Maar hy het s...

Jason en die Boekwurm
R 100.00
Jason se ma het vir hom ’n boek gekoop. Die boek lê op die eetkamertafel. Maar Jason gaan dit beslis nie lees nie. O nee, hy het baie beter dinge om te doen. Maar dan seil ’n astrante bont wurm egter onverwags uit die boek ... en Jason word deel van ’n prettige storie-avontuur! ’n Lekker avontuurbelaaide leesboek vir beginners, met volkleur-ill...

Z is vir Zackie: Die Vreemde Fossiel
R 60.00
Die oorspronklike Zackie Mostert-reeks het reeds duisende aanhangers – en nou is daar ook 'n leesreeks, perfek vir beginnerlesers. Elke boek bevat helder volkleurillustrasies en maklik verstaanbare teks wat die prettige stories vir jong lesers toeganklik maak. Zackie se avonture saam met sy hond, Frankenstein, sy beste vriend, Vincent, die moeil...

Droomstories vir Slaaptyd
R 200.00
Droomstories vir slaaptyd Jong kinders floreer op roetine en rituele, en ’n Bybelstorie teen slaaptyd is een van die beste roetines wat jy kan instel. Droomstories vir slaaptyd is ’n kombinasie van Bybelstories en gebede, en die perfekte slaaptydstorieboek vir jong kinders. Die meer as 50 stories – uit die Ou-en-Nuwe Testamente – skep ’n oorsi...

Wolf en Hond
R 150.00
Wolf is wild. Hond is mak. Wolf bly in die bos op 'n berg. Hond het 'n baas en 'n mandjie. 'n Kat pla vir Wolf. Hond moet hom help. Wat gaan hulle doen? Dit is 'n prettige storie vir beginner-lesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik 'n biet...

Vos en die Haas op die eiland
R 150.00
"Stop! Ons is hier!” roep Haas. Vos sit die tasse neer. “Is jy seker dat dit hier is?” vra hy.“Ek sien net sand. En water. En twee bome.” Die derde boek in die bekroonde reeks oor Vos en Haas sluit ten opsigte van die leesvlak en die verhaallyn by die vorige twee dele aan. Vos en Haas op die eiland is geskryf in kort sinne, met ’n effens meer g...

Wolf, Hond en Kat
R 150.00
Kat is terug. Sy is in die bos. Wolf se bos! Wolf is bang vir Kat. Maar Hond nie. Hy help sy neef. Hoe? Dit kan jy in hierdie boek lees. ’n Prettige storie vir beginnerlesers deur die skrywer van die veelbekroonde boeke oor Vos en Haas. Hierdie boek begin met eenvoudige woorde en kort sinne en word dan geleidelik ’n bietjie moeiliker. Die boek ...

Diere se Prettige Kermis, Die
R 50.00
Die storie gaan oor Mattie, ’n dogtertjie wat op ’n plaas woon. Sy is die enigste kind en was altyd baie eensaam tot daar een aand iets ongewoon en fantasties gebeur het! Op, op na die Wolke en Die Koekiekasteel is die eerste twee stories in die reeks. Haar avonture word net meer en meer… Nonnetjie Uil nooi Mattie na nog ’n opwindende gebeurten...

Krimpvarkies: Wegkruipertjie, Die
R 70.00
Kasper en Karla is heel beste maats. Een herfsdag is die krimpvarkies baie hartseer omdat die blare van die bome begin afval. Hulle vergeet egter die hartseer toe hulle maats maak en wegkruipertjie speel met ’n diertjie wat piep. Maar wat van al die bome met die leë takke?

Grotbewoners, Die
R 45.00
Maak vas jou sitplekgordel, die Grotmense is terug! Lees hierdie boek soos 'n tydskrif en geniet die aktiwiteite wat alles oor dinosourusse gaan. Daar is 'n vasvra, speletjies, legkaarte, fassinerende feite, grappe, snaakse strokiesprente en 'n boeiende storie oor die Magnon-gesin.

Gans Kleure: Kartonboek
R 90.00
Om van syfers en kleure te leer in hierdie vrolike kartonboeke is hope pret met Gans in die omtrek om te help.

Geliefde Sprokies Bundel
R 250.00
Kom deel in die wonderwereld van sprokies … 'n hele fantasiewereld saamgevat in ses klassieke stories vir ure se lees- en kykgenot vir jonk 'n oud. Die besondere illustrasies deur Valentine Iokem verryk die teks en voer die kind mee op 'n onvergeetlike ontdekkingsreis diep die verbeeldingswereld in - Eendag, lank, lank gelede …

Sprokie-Perde 1: Vonkel Die Eenhoring
R 70.00
Vonkel is die kleinste eenhorinkie in die Wonder-Woud. Almal is sy te klein om te help bessies soek, en te klein om speletjies te speel. Maar Vonkel is moeg daarvan om altyd eenkant toe geskuif te word. Op 'n dag besluit Vonkel om te wys hoe dapper sy is. Op haar eie gaan verken sy die diepste deel van die woud

Slaapstories vir Vaak Ogies
R 250.00
Al gehoor van die bokkie wat limonade wou drink? Van Dunnelientjie wat so lig was dat die wind haar weggewaai het? Wat van die donkie wat ?n trui wou dra? Weet jy hoekom gloeiwurms gloei of hoe jakkalse hulle kleur gekry het? Nee? Lees dan gerus hierdie betowerende boek propvol slaaptydstories! Francois Ruyer se pragtige, prettige illustrasies m...

Jasper: Krisis Op Skool
R 50.00
Maklik verstaanbare storie in grootdruk vir voorlees en selflees. Vrolike, kleurvolle illustrasies – interaktief met Jasper: My eerste rympie-woordeboek.