Kinders

Sprokie-Perde Omnibus
R 200.00
Ontmoet vir Aandster, Sprakel, Krulkop en Vonkel in hierdie vier pragsprokies vol vriendskap en avontuur.

Doodle Art Colouring / Krabbelkuns Inkleur 2
R 100.00
“Dis ontspannende terapie om vrylik te krabbel en in te kleur.” Só sê Marleen Visser, die kunstenaar. “My krabbels is spontane, verbeeldingryke lyntekeninge, persepsies en drome van die alledaagse lewe. Laat jou innerlike kind die klein stories binne-in ontdek en verken. Laat die kreatiewe reis jou inspireer en jou hart en gedagtes na wonderlik...

Lekker Lawwe Lagboek Omnibus 2
R 90.00
Die eerste Afrikaanse grapboekreeks vir kinders van alle ouderdomme. Selfs die traagste leser sal ervaar dat lees pret en plesier kan wees. Geillustreer met spotprentjies.

Nuwe Avonture Op Die Plaas Omnibus
R 250.00
Jou ses gunstelingplaasstories nou in een boek! Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lees in hierdie pragtige boek met sy kleurvolle illustrasies van al die diere se avonture. Stories in hierdie bundel: Nuwe maatjies; Nagvlug; Die vreeslike voelverskrikker; Jag die jagter; Katjies in nood; Sirkus op die plaas.

Sprokie-Perde 2: Aandster en die Meermin
R 70.00
Aandster is 'n vliende perdjie wat by die see woon. Hy en sy maats duik en speel graag tussen die wolke bo die strand. Op 'n aand kry Aandster 'n gestrande meermin op 'n rots. Hy wil haar help, maar om haar te red, moet hy iets doen wat hy nog nooit gedoen het nie. Sal hy dit regkry om oor die groot, wye oseaan te vlieg

My Storie-Skatkis
R 250.00
Ken jy die oulike stories van Jabba, die wit olifantjie, die hen wat wou kraai of van Lollie en haar teddiebeer Stinkie? Nie? Slaan dan hierdie pragboek oop met van Francois Ruyer se mooiste illustrasies en geniet die oorspronklike vertellings.

Miko: Verjaarsdag Jippiee
R 120.00
Verjaarsdae is pret! Die lekkerste is natuurlik die presente wat n mens kry. As 'n mens vrygewig wil wees, kan jy ook jou presente met iemand deel. As Miko nou net iets tussen sy presente kan kry waarmee hy vir iemand anders ook kan bly maak …

Miko: Staan Op Mamma Kom Speel
R 120.00
Elke mamma ken dit goed: Alles en almal is nog in Droomland. Dis net Kleinding wat reeds wakker is en wil speel ? Miko se mamma wil ook graag nog 'n bietjie slaap. Ten minste net totdat die wekker lui. Maar wat sal Miko nou intussen doen?

Flintie Valsbaard En Die Ys Eiland
R 90.00
Flintie Valsbaard is 'n slim uitvinder … en kamma-seerower! Hoe dan anders? Sy pappa is die vreeslose Kaptein Valsbaard! Wel, eintlik is Pappa meestal dierbaar en vol liefde … Pasop net as hy sy woeste valsbaard, oogklap en houtbeen aantrek ? dan roof en plunder hy vir die vale! Seil saam met Flintie na Ys-Eiland en vind uit waarom die vulkaan v...