Kinders

Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster
R 60.00 R 120.00
Sneeuwitjie is een van die beste spelers in die dorp se sokkerspan. Maar daar is een probleem: Sy wil al die doele self aanteken. Hoe kan sy ’n beter spanspeler word? Met hierdie oorpronklike storie oor Sneeuwitjie kan kinders van spanwerk leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en ’n aktiwiteit om saam met kinders te doen.

Sprokies met Lesse - Word wakker, Doringrosie!
R 60.00 R 120.00
Doringrosie het ’n nuwe ponie genaamd Prins, maar dis harde werk om ’n troeteldier te hê, en Doringrosie is partykeer ’n bietjie lui. Op ’n nag hardloop Prins weg en Doringrosie weet nie of hy gaan terugkom nie. Met hierdie oorpronklike storie oor Doringrosie kan kinders van verantwoordelikheid leer. Die boek bevat ook besprekingspunte e...

Meisie op die Dak, Die
R 200.00
Estelle is skaam vir hulle nuwe huis. Sy wens die ding met haar pa het nooit gebeur nie. Sy wens sy hoef nie terug te gaan skool toe nie. Dan ontmoet Estelle vir Aiden. Aiden wat saans op die motorhuis se dak sit en kondensmelk eet. Aiden wat haar dalk weer in wonderwerke kan laat glo.

Vakansiepret Boek 1: Piekniek op die strand
R 70.00 R 125.00
Jana en Alisha is beste vakansiemaats! Hulle sien uit na ’n heerlike vakansie propvol pret op Duinebaai. Die meisies besluit om piekniek te gaan hou op die strand – maar ongelukkig wil Jana se irriterende kleinboetie, Tiaan, en sy maatjie Rudie saamkom. Jana weet sommer die twee seuns gaan hulle piekniekplanne bederf! Maar dan hoor die twee meis...

Hoe dinge werk: Biologie-eksperimente in jou agterplaas
R 155.00
Met die Hoe dinge werk-reeks kan elke jong doen-dit-self-wetenskaplike lekker (soms plofbare!) eksperimente in die agterplaas doen! Maak ’n eier wat hop, kweek bakterieë, keer dat ’n gesnyde appel bruin word, blaas ’n ballon op met gis . . . As jy nuuskierig is oor dinge soos swamme en ensieme of wil sien hoe jou longe en spysverteringstelsel...

Oupa Olivier Weet Van Niks
R 50.00 R 140.00
Stian se sussie en boetie lag vir Oupa Olivier omdat hy so vergeetagtig is, maar Stian gee nie om nie. Hy help liewer sy oupa onthou. Eendag besluit Stian dat hy en Oupa Oliver dieretuin toe moet gaan. Hulle het so lekker rondgeloop, dat nie een van hulle twe later kon onthou waar die uitgang is nie...

Mieke en die Meerminne 3: Avonture in die Dieptes
R 80.00 R 160.00
Mieke is mal oor meerminne. Haar ma en haar ouma dink hulle bestaan net in sprokies. Maar Mieke weet hulle bestaan regtig. En danksy die meerminprinses Luna en haar betowerde skulpkammetjie, kan Mieke deesdae by die meerminne in hul ongelooflike onderwater-wêreld gaan kuier! Dit voel teen hierdie tyd al soos haar tweede tuiste. Prinses Luna is...

My Storiekis
R 120.00 R 300.00
Hierdie skatkis van 21 sprokies, fabels en dierestories is versamel en oorvertel deur die bekende skrywer en storiemeester, Leon Rousseau. Die bundel is ideaal vir voorlees of vir kinders wat self lees. Van klassieke sprokies soos “Aspoestertjie” en volksverhale soos “Die gulsige seekoei” wat vermaak met herhaling, ritme en rym, tot fabels soos ...

Drie vriende
R 70.00 R 120.00
In ’n huisie by die see woon ’n kat, ’n hond en ’n muis gelukkig saam. Op ’n dag klop ’n vreemdeling aan die deur en bied aan elkeen ’n spesiale geskenk. Wie is hierdie misterieuse verkoopsman wat hulle wêreld op sy kop keer? Kan hulle gelukkige huisie hierdie storm oorleef?

Ottie
R 80.00 R 200.00
Ottie se pa is 'n sjef by die Koperlyster Hotel. Hy word baie min betaal en omdat hy nie die regte papiere het nie, kan hy nie sommer net 'n ander werk gaan soek nie. Wanneer die nare hoteleienaar hom ontslaan, moet Ottie en haar pa in hul bussie rondtrek en vir hom 'n nuwe werk soek.

Wannie van die woonstel
R 80.00 R 200.00
Wannie vannie woonstel (Pluk van de Petteflet in Nederlands) het in 1971 vir die eerste keer verskyn en word beskou as een van die groot gunsteling Nederlandse kinderboeke van alle tye. Sedertdien is dit in verskeie tale vertaal.

Klapper die Drakie en die swart ridder (4)
R 80.00 R 160.00
Klapper en Matilda vertrek saam met oom Hardus na die ridderryk om by die draakboom wag te staan. Wanneer die geslepe swart ridder oom Hardus in 'n lokval lei, is almal raadop. Maar Klapper, Matilda en hulle nuwe vriend, Walter, gaan 'n slim plan maak. Die Klapper-reeks is die perfekte eerste leeservaring vir beginners.

Bennie Boekwurm se besige pretboek
R 130.00
Kom speel en leer saam met Bennie Boekwurm en sy maats in hierdie aktiwiteitboek - met 30 lekker legkaarte, raaisels, inkleurprente en ander speletjies soos gesien in Huisgenoot se pretbladsye vir kinders. Saam met Bennie Boekwurm, Karel Kraai, Sarel Seemonster en al die oulike inwoners van die Wielie Walie-parkie is dit groot pret om kin...