Rooikop, die leeu en die handgranaat, Die
Adele was nog altyd versot op kuns. Dit was haar ding. Maar sedert die begin van die jaar kry sy skielik vrot punte. Dalk hou die nuwe kunsjuffrou nie van haar nie. Hoekom sukkel sy so met haar selfportret vir die volgende klasprojek? Is dit omdat sy haar bos rooi hare en kurwes so verwens?
Die afgelope tyd voel dit buitendien of ’n groot hand haar wereld gevat en geskud het. Soos daai ou bordspeletjies wat hulle kleintyd saamgevat het op vakansies. Iemand stamp per ongeluk net liggies aan die Slangetjies-en-leertjies en al die knope en dobbelsteentjies is deurmekaar, en niemand het meer ’n cooking clue of hulle naby die einde of die begin is nie. En dit alles begin die middag toe sy van die skool af stap en ’n leeu in hulle tuin ontdek ... Hierdie nuwe jeugverhaal uit die pen van die bekroonde Annelie Ferreira is ’n holderstebolder-wipwarit vol humor, romanse, aksie en avontuur.
Related Products
Klein Handjies - Wilde Diere

Klein Handjies - Wilde Diere
R 40.00
Die boekie is ideaal om vroeë begrippe aan te leer. Babas en kleuters kry die geleentheid om aan die teksture te voel en die verskille te onderskei. Daar is meer titels in die reeks.
2 in 1 Dierestories

2 in 1 Dierestories
R 40.00
Karlien kameelperd het vir jou 'n verrassing in die bos. Wie dink jy gaan Soffel, die snuffelhond vandag red? Lees hierdie twee oulike stories en kom deel in die pret!
Voel en Leer: Baba Diere

Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
2 in 1 Slaaptydstories

2 in 1 Slaaptydstories
R 40.00
Gaan saam met Chrissie Krokodil op 'n heerlike kampavontuur. Kruip knus onder die komberse in en luister na wat Pippie Panda alles aanvang! Hierdie twee oulike stories gaan jou sommer gou-gou na droomland wegvoer.
Voel en Leer: Plaasdiere

Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Raserige Plaas! Klankboek

Raserige Plaas! Klankboek
R 295.00
Moee! Blêr! Runnik! Leer alles omtrent plaasdiere met hierdie raserige, feit-gevulde boek. Met 10 dieregeluide en maklik om te gebruik gevromde sleutels, is hierdie boek die perfekte manier om die lewe op die plaas te verken!
2 in 1 Feetjiestories

2 in 1 Feetjiestories
R 40.00
Wie gaan vir Lindie, die feetjie leer dans? Anja is uitgenooi na die jaarlikse bal, maar het nie 'n rok om aan te trek nie. Maak jou storietyd vrolik en vol pret met hierdie twee oulike feetjieverhale.

My Eerste Verf met water Kunsboek nr 4
R 70.00
Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water....
Jesus Liedjies (met CD)

Jesus Liedjies (met CD)
R 145.00
Boek met CD en bladmusiek. 'n Klein bloemlesing uit die Afrikaanse Christelike liedereskat vir kinders. Hier vind u kind sowel ou bekendes soos 'Laat on skyn vir Jesus' en 'As Hy weer kom' as nuwer gunstelinge soos 'Stapsoldaatjie'. Dikwels besef 'n mens eers later in jou lewe watter kosbare riglyne Christelike liedjies in jou wordingsjare gele...
Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster

Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster
R 60.00 R 120.00
Sneeuwitjie is een van die beste spelers in die dorp se sokkerspan. Maar daar is een probleem: Sy wil al die doele self aanteken. Hoe kan sy ’n beter spanspeler word? Met hierdie oorpronklike storie oor Sneeuwitjie kan kinders van spanwerk leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en ’n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Dierestories: Kaylee die Katjie

Dierestories: Kaylee die Katjie
R 55.00
Klein Kaylee is 'n oulike katjie wat daarvan hou om te speel en goed binne en buite die huis rond te jaag. Maar eendag gebeur daar iets wat sy glad nie verwag het nie...
Goed wat beweeg: Klankboek

Goed wat beweeg: Klankboek
R 295.00
Leer alles oor goed wat beweeg in hierdie raserige, feit-gevulde boek. Met tien geluide en maklik om te gebruik sleutels, is hierdie 'n wonderlike manier om kinders aan verskillende soorte voertuie bekend te stel.