- Home
- Latest Arrivals
- Protea
Latest Arrivals
Voëltjie wat nie kon fluit nie
R 160.00
In 'n woud noord van Bosrand woon 'n swerm voels soos... wel, soos hierdie geveerde diere gewoond is om te lewe. Hulle vlieg rond, bou hulle neste... en hulle almal fluit. Net die klein grys spreeutjie kan nie fluit nie. Selfs die lyster kan hom nie leer om te fluit nie. Wanneer sy boeties en sussies die nes verlaat, bly die arme klein spr...
Klein Plakpoppies: Hondjies
R 130.00
'n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en hondjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is 'n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan 'n Suid-Afrikaanse mark bek...
Klein Plakpoppies: Katjies
R 130.00
’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse ma...
Kat kom terug (Dr. Seuss)
R 185.00
Die kat met die hoed is terug met ’n span piepklein moeilikheidmakers, en daar wag nog ’n holderstebolder avontuur op Sonja en haar boetie. Hierdie is ’n nuwe Afrikaanse uitgawe van Dr. Seuss se The Cat in the Hat Comes Back, vertaal deur die bekroonde kinderboekskrywer en -vertaler, Jaco Jacobs.
Daar's 'n grak in my sak (Dr. Seuss)
R 185.00
Was daar al ooit ’n grak in jou sak? Of ’n benster in jou venster? Wat van ’n noeknak op jou boekrak? Met ’n kombinasie van skreeusnaakse stories, lawwe karakters en die raarste rympies maak Dr. Seuss lees pret. Lees Dr. Seuss se gewilde There’s a Wocket in My Pocket vir die eerste keer in Afrikaans!
David Walliams: Ysmonster
R 265.00
Elsie, ’n weeskind wat in die tyd van koningin Victoria in Londen op straat bly, hoor van die geheimsinnige YSMONSTER – ’n wolhaarmammoet wat in die Noordpool ontdek is – en is vasberade om meer daaroor uit te vind …Elsie kom van aangesig tot aangesig met die mammoet en beleef die avontuur van ’n leeftyd – van Londen af, oor onstuimige osean...
Enid Blyton: Beroemde Vyf (2): Vyf en 'n tweede avontuur
R 210.00
Toe die vyf vriende 'n antieke kaart ontdek wat hulle na 'n geheime paadjie lei, kan hulle skaars wag om verdere ondersoek in te stel. Dan verdwyn oom Quentin se belangrike dokumente, en die soektog ontaard in 'n ware skattejag. George en Timmy het hond se gedagtes oor wie nou eintlik die skurk is ... maar kan die vyf vriende saamwerk om die...
Enid Blyton: Beroemde Vyf (3): Vyf vat saam die pad
R 210.00
“Ons wil nie hê die smokkelaars moet weetdat ons hulle speletjie agtergekom het nie.Ons wil hulle probeer vastrek!”Die vyf vriende ontdek ’n geheimsinnige trommel op Kirrin-eiland en hulle vermoed onraad. Maar dan hoor hulle ’n kind in die middel van die nag skree! Wie is saam met hulle op die eiland, en hoekom?Pragtige nuwe omslagkuns deu...
Geheimenisse Van Die Natuur En Die Wetenskap
R 120.00
As jy al ooit oor reenboe en wolke gewonder het, vir ure na die miere kan staar of sommer net daarvan hou om te vra "hoekom?" is hierdie die boek vir jou! Kyk met nuwe oe na die wereld waarin ons woon, van die kleinste vlekkie materie tot die reuse van die see en die land, en besef sommer vroeg-vroeg: daar is altyd nog iets om te leer ken e...
ASTERIX 24 IN BELGIE
R 150.00
Wie is die dapperste: die Belgiese stam of die Galliërs? Die Galliërs en die Belge hou 'n kompetisie om te kyk wie die meeste Romeinse vestingkampe kan verwoes. Wanneer die uitslag gelykop is, vra hulle vir Julius Caesar om die beoordelaar te wees. Caesar is woedend en onderneem om hulle te vermorsel…
ASTERIX 23 OBELIX EN KIE
R 150.00
Julius Caesar stuur Caius Ferregaandus, ’n slim MBA-mannetjie, om die Galliërs besig te hou deur hulle voor te stel aan die sakewêreld. Obelix val pens en pootjies vir die idee en word ’n grootmeneer in die menhirbedryf, maar sal sy welvaart geluk bring? En wat gebeur wanneer die vraag die aanbod oorskry?
Asterix 21: Caesar Se Geskenk
R 150.00
Toe legioensoldaat Romeomontagus by Caesar die titelakte kry van n Galliese dorpie in Armorica, verruil hy die dorpie aan die herbergier Ortopedix as betaling vir sy drankrekening. Ortopedix is baie opgewonde om te trek na die dorpie wat hy gekoop het.
Asterix die Gallier (boek 1)
R 150.00
Dit is die jaar 50 voor Christus. Gallie is geheel en al in Romeinse besit… Geheel en al? Nee! Een dorpie vol ontembare Galliers bied hardnekkig weerstand teen die invaller ... en maak die lewe moeilik vir die Romeinse legioensoldate wat laer trek in die vestingkampe Skinkirum, Aquarium, Hiersitwarum en Casarum... ...
Boomhuis met 78 Vloere
R 250.00
Kom kuier by Andy en Terry in hulle fantastiese nuwe boomhuis met 78 vloere. Daar is 13 nuwe vloere met opwindende nuwighede soos n deurry-karwassery, n kombinasiestasie, n krabbeltorium, n ALLE BALLE-sportstadion, Anyland, Terrystad, en n oplugfliekteater! Ja jy het reg gelees - n fliekteater! Hulle het selfs n grootkop uit Hollywood wat n flie...
Hier kom die kat (Dr. Seuss)
R 185.00
Ons kyk ...By die deur is 'n harige voet!Ons kyk ...Hier kom die kat met die hoed!Toe die kat met die hoed by Sonja en haar boetie kom kuier, verander hul rustige, netjiese huis in 'n holderstebolder speelplek. Hier kom die kat (oftewel The Cat in the Hat) is een van Dr. Seuss se gewildste kinderboeke. Hierdie is 'n nuwe Afrikaanse uitga...
Volledige Sprokies van Grimm
R 320.00
Hierdie fris, lewendige nuwe vertaling deur die bekroonde skryfster Marita van der Vyver is om verskillende redes uniek in Afrikaans. Dit is die eerste keer dat die volledige Grimm in ons taal in een band verskyn. Vir die eerste keer in Afrikaans is die herkoms van elk van die 210 sprokies aan die hand van verskeie bronne nagegaan en opgeteken.