Kinders: Onder 6 Jaar

Soek-Soek Inkleurboek: Voertuie
R 80.00
Hierdie pragtige reeks kreatiewe inkleurboeke bevat opwindende soek-en-vind prente en aktiwiteite. Kinders moet die instruksies volg om die regte prent te soek en dan met die regte kleur in te kleur. Die bladsye vol soek-en-kry inkleurprente wemel van voertuie. Van lugballonne met sterre op tot stoomlokomotiewe, en selfs ruimteskepe wat vinniger...

Storiemuis Boek 1
R 260.00
Hierdie splinternuwe reeks bevat pragtige volkleur illustrasies en wemel van stories, ryme, liedjies en leersame elemente. Die boek word vergesel deur 'n oudio-CD. In Boek 1 is daar syfer- en letterpret, kleure, vorms, prentstories, geluide en rympies vir kleuters om hul eie liggaam te leer ken. Kom luister, lees en leer saam!

Stap vir stap: Tel tot 100
R 150.00
Met hierdie hardeband-boeke kan kinders leer hoe om tot 100 te tel. Met helder illustrasies is daar op elke bladsy iets om te tel, saam met ander goed om te soek en vind. Op hierdie prettige manier kan kinders se telvermoë vinnig verbeter!

Babadierestories: Nag, Apie
R 160.00
Apie wil altyd die beste in alles wees. Maar hoogmoed kom voor die val en hy leer gou dat om ‘n goeie maatjie te wees die heel beste van alles is. Hierdie pragtige slaaptydboek met foto-illustrasies en eenvoudige stories sal jou kleinding in ’n kits droomland toe stuur.

Babadierestories: Nag, Eendjie
R 160.00
Eendjie verlaat die nes op soek na avontuur . . . en verdwaal! Met die hulp van sy vriend, Padda, vind hy uit dat hy alles het wat nodig is om sy pad terug nes toe te vind - pootjies wat kan skop, veertjies wat hom warm hou wanneer hy swem en ‘n piepstemmetjie om Mamma Eend mee te roep.

Verf en leer: 123
R 199.00
Hierdie hardebandboeke het versteekte prente om te vind, na die syfers te kyk, en te tel! Kinders kan water oor die wit agtergrond verf en kleur sal verskyn. Die kleur sal weer verdwyn en die prente kan oor en oor gebruik word. 'n Kwas word ingesluit!

Verf en leer: Kleure
R 199.00
Hierdie hardebandboeke het versteekte prente om te vind sodat kinders na die kleure kan kyk! Kinders kan water oor die wit agtergrond verf en kleur sal verskyn. Die kleur sal weer verdwyn en die prente kan oor en oor gebruik word. 'n Kwas word ingesluit!

My bielieboek vol getalle!
R 185.00
Met hierdie kartonboek word kinders aan die wêreld van getalle bekendgestel! Helderkleurige illustrasies, eenvoudige woorde en teloefeninge help kinders om speel-speel hulle eerste syfervaardighede te ontwikkel!

My bielieboek vol kleure!
R 185.00
Met hierdie kartonboek word kinders aan die wonderlike wêreld van kleure bekendgestel! Helderkleurige illustrasies en eenvoudige eerste woorde leer kinders speel-speel van die kleure van die wêreld waarin hulle grootword!

My gunsteling-slaaptydstories
R 170.00
Hierdie boek bevat 5 slaaptydstories wat kinders op 'n opwindende verbeeldingsreis sal neem. Die stories wat ingesluit is, is Die plaasmuis en die dorpsmuis, Rooikappie, Hansie en Grietjie, Die dors duif en Die bondel stokke. Die boek is perfek vir voorlees tydens slaaptyd, maar ook selflees! ...

Prinses Minna: Die betowerde woud
R 195.00
Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy die slapende prins wakkermaak? Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.

Liewe Heksie Leesboek 7
R 185.00
Nuwe uitgawes van die gewildste Liewe Heksie-stories met pragtige volkleur illustrasies, maak hierdie reeks perfek geskik vir vroeë lesers. In Leesboek 7 gee Karel Kat vir almal ’n rit in sy spoggerige helikopter, Liewe Heksie moet ook ’n musiekinstrument leer speel en sy toor per ongeluk vir Griet om koning Rosekrans van die Gifappeltjies te...

Soek en vind Ruimte
R 115.00
Hierdie boek bevat fassinerende ruimte-tonele, met vreemde planete en fantastiese ruimtetuie. Kinders kan meer as 1 000 items in die ruimte-tonele soek terwyl telvermoë ontwikkel word. Hierdie boek is perfek om kinders vir ure besig te hou!

Moenie met ’n prinses mors nie!
R 175.00
In ’n koninkryk ver, ver weg maak ’n trol ’n groot gemors en almal (veral die ridders) is baie bang vir hom! Ontmoet drie vasberade, vreeslose prinsesse met wie niemand sal wil mors nie in hierdie avontuur vol gruwelike gevare, slim streke en dodelik danspassies! ’n Boek wat wys dat meisies ...

Wie's jy, mnr Slym?
R 210.00
Morne is die maatjie wat altyd eenkant op die speelgrond sit terwyl die ander maats heerlik speel. Hy word meer hartseer en eensaam by die dag! Sy verbeeldingsmaat, Mnr Slym, sien dit raak en beraam 'n plan om hom weer gelukkig te maak. Want vriende moet daar wees vir mekaar! ...

Ek maak reg vir skool 5+ jaar
R 135.00
Hierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 290 selfklewende plakkers asook verskillende prente om in te kleur. Die reeks is spesifiek ontwerp om kinders te help om die vaardighede wat hulle tydens kleuterskool aanleer, verder te ontwikkel.