- Home
- diskontobooks
- Fiksie
diskontobooks
Prinses Minna: Die eenhoring-gedoente
R 180.00
Prinses Minna is mal daaroor om moles in haar koninkryk uit te sorteer! Maar hoe gaan sy ’n vreeslike verwarring opklaar? Hierdie kort, snaakse stories is perfek vir beginnerlesers.
Prinses Pampoenpit
R 130.00
Pampoenpit het ’n geheim … Sy hou glad nie van haar hare nie! Haar wilde, woeste krulle weier om getem te word. Sy kry dit ook nie weggesteek nie. Hoekom kan haar hare nie net soos die ander kinders s’n lyk nie? Maar op ’n dag ontdek sy dat jou verskille iets is waarop jy trots kan wees … ’n Treffende verhaal oor hoe om dit wat jou spesiaal m...
Prinses Stories
R 100.00
'n Bundel klassieke stories vir prinsesse van alle ouderdomme! Hierdie pragtig geillustreerde boek bevat immergroen stories oor jou gunstelingprinsesse soos Aspoestertjie, Doringrosie, Sneeuwitjie, Raponsie en Duimelize. Die stories is deur Gretel Wybenga in 'n eenvoudige, liriese styl oorvertel - perfek vir voorlees of selflees. En Zinelda McDo...
Prinses Talia en die Draak
R 50.00
Prinses Talia en die Draak is die storie van hoe prinses Talia haar pa se koninkryk van 'n kwaai draak red. Die draak het op die paleis se dak beland en weier om weg te gaan. Die mense van die dorp is baie bang en die koning probeer alles in sy mag om van die draak ontslae te raak, maar dis verniet – hy verroer nie 'n poot nie en word al hoe kw...
Prinsesse hou van deel!
R 95.00
'n Klein prinsessie leer om mededeelsaam te wees in hierdie prettige boek. Hierdie reeks leer ouers en kinders dat goeie maniere pret kan wees ... en die lewe vir almal 'n bietjie makliker maak!
Professor Fungus en die BreinDrein-Eksperiment
R 70.00 R 125.00
'n Toestel wat boodskappe tot in die ruimte kan stuur? Bennie en Jenny dink dis 'n Briljante idee! Hulle kan nie wag om professor Fungus se nuutste uitvinding te toets nie. Maar dan kry hulle 'n nare verrassing uit die buitenste ruim. Jong wetenskapliefhebbers (en almal wat mal is oor snaakse stories!) verslind Jaco Jacobs se professor Fungus-re...
Professor Fungus en die Diepsee-dillemma
R 70.00 R 125.00
Bennie en Jenny is baie opgewonde toe een van professor Fungus se vriende hulle nooi om die diepsee in ’n splinternuwe duikboot te verken – op soek na ’n geheim-sinnige dierasie. Maar in die donker dieptes onder die see loop dinge onverwags skeef...
Professor Fungus en die Dino-Avontuur
R 70.00
Dis net ’n kwessie van tyd ... voor iets jou byt! Bennie en Jenny kan hulle oë nie glo nie. Professor Fungus se groot droom het waar geword. Hy het ’n tydmasjien uitgevind! Maar sal dit regtig werk? Daar’s net een manier om uit te vind ...
Professor Fungus en die Gekloonde Konyn
R 70.00
Hoe meer haas ... hoe meer moeilikheid! Professor Fungus het ’n probleem: Sy nuutste uitvinding wil glad nie werk nie! Die Dupliserende Infrarooi Trippel-Turbo Omsetter (kortweg sommer D.I.T.T.O.) is veronderstel om dinge te kloon … maar dit doen net mooi niks! Bennie, Jenny en Edison die robot dink dit is hoog tyd dat die professor ’n blaaskan...
Professor Fungus en die Jelliemonsters van Mars
R 70.00 R 125.00
Rikus se ouma is anders as ander ouma's. Sy het haar eie rockgroep. Haar hare is groen gekleur. Sy rits in 'n bloedrooi sportmotor rond. Sy gaan na partytjies toe saam met TV-sterre en staatspresidente. Toe Ouma boonop 'n rol in 'n splinternuwe fliek losslaan, is Rikus en sy beste pel, Puleng, baie opgewonde. Hulle gaan sowaar as ekstras in 'n t...
Professor Fungus en die Monsterformule
R 70.00 R 125.00
Bennie en Jenny is opgewonde toe hulle hoor professor Fungus gaan help met ’n nuwe pretpark wat binnekort oopmaak. Maar dan vind Bennie en Jenny uit iets is nie pluis by die pretpark nie. Watter planne voer die vreemde De Vries-tweeling in die mou?
Professor Fungus en die Ongelooflike Miniatuur-Avontuur
R 70.00 R 125.00
Bennie en Jenny het 'n klein ou probleempie... Professor Fungus se nuutste uitvinding is fantasties. Die K.R.I.M.P. 3000 kan enige iets piepklein maak. Maar toe dinge in die laboratorium skeefloop, is dit die begin van 'n groot avontuur...
Professor Fungus en die onsigbare skurk
R 70.00
Jy sal jou oë nie glo nie! Professor Fungus is besig met ’n fantastiese nuwe uitvinding in sy laboratorium – en Bennie en Jenny kan nie wag om dit op die proef te stel nie. Professor Fungus noem dit sy Vloeibare Energie-Reduserende Dubbel-Weerkaatsende Ydelheid-Neutraliseerder … of kortweg sommer net V.E.R.D.W.Y.N. En die beste van als? Dit kan ...
Professor Fungus en die Sneeumasjien
R 70.00 R 125.00
Bennie en Jenny is opgewonde toe hulle hoor professor Fungus gaan help met ’n nuwe pretpark wat binnekort oopmaak. Maar dan vind Bennie en Jenny uit iets is nie pluis by die pretpark nie. Watter planne voer die vreemde De Vries-tweeling in die mou?
Professor Fungus en die Snotzilla
R 70.00
Hou jou sakdoek gereed! Bennie en Jenny is bekommerd. Professor Fungus het verkoue, maar hy wil nie ophou werk nie. Dan gebeur daar egter 'n ongeluk in sy laboratorium ... en 'n Monsterverkoue word in die strate losgelaat!
Professor Fungus en die Vreeslik Gevaarlike Tuinkabouters
R 70.00 R 125.00
Die Uitvinder van die Jaar-kompetisie is om die draai. Maar ’n skurk voer nare planne in die mou ... en sy het ’n hele weermag van tuinkabouters om haar te help! Sal Bennie en Jenny kan keer dat iemand professor Fungus se idees steel en sy laboratorium verwoes?