- Home
- diskontobooks
- Kinders
diskontobooks
5 Minute Verhale: Plaas Stories
R 95.00
Geniet elke aand van die week 'n kort storie met hierdie beminlike versameling van Plaas-stories. sluit aan by die diere vir 'n prettige sportsdag, ontmoet die luidrugtigste perd op die plaas en ontdek Snoekie die Skaap se geheim. Met 7 stories om te geniet sal die kleinspan die versameling altyd bewaar.
5 Minute Verhale: Ridder Stories
R 90.00
Daar is ergernis by die toernooi, 'n reusramp, 'n verjaarsdagverrassing en vele meer in hierdie versameling van 5 verhale!
5 Minute Verhale: Slaaptyd Stories
R 95.00
Geniet elke aand van die week 'n kort storie met hierdie beminlike Slaaptyd-storie-versameling. Slaap onder die sterre saam met twee verkennertjies, sweef deur die lug saam met 'n toweragtige eenhoring, help om die perfekte, snoesige eenstuk te vind en soveel meer! Met 7 stories om te geniet sal die kleinspan hierdie versameling altyd bewaar.
5 Minute Verhale: Troeteldier Stories
R 95.00
Geniet elke aand van die week 'n vyf minute stoire met hierdie purr-fekte versameling. Ontmoet 'n skilpad wat branderplank ry, 'n blitsvinnige hamster, 'n skaam hondkie en nog vele meer! Met 7 prettige stories, propvol spelerige troeteldiere, sal jy graag hierdie stories oor en oor met almal wil deel.
5 Minute: Ballet Stories
R 70.00
Kom deel in die pret van hierdie versameling 5 minute balletverhale. Elke verhaal vertel van oulike meisies wat dans en draai en jou laat lag! Op die einde mag jy dalk die gevoel kry dat jy ook hande wil klap!
5 Minute: Dinosourrusstories
R 70.00
Kom deel in die pret van hierdie versameling van 5 minute dinosourusverhale. Daar is twee dinosourusboeties wat die huis omkrap, 'n super held dinosourus en nog vele meer.
5 Minute: Plaasstories
R 70.00
Kom deel in die pret van hierdie versameling 5 minute plaasverhale. Die stories is vol prettige insidente van diere wat dans, toertjies uitvoer en jou lekker sal laat lag.
5 Minute: Prinsesstories
R 95.00
Kom deel in die pret van hierdie versameling 5 minute prinsesverhale. Jy sal kan lees van 'n prinses wat graag 'n troeteldier wil hê, twee sussies wat elkeen 'n koninklike boomhuis nodig het en vele meer.
50 Beste Bybelbreinblokkies
R 120.00
50 Bybelblokkiesraaisels, woordsoeke en ander woordspeletjies en aktiwiteite vir ure se pret! Help jou kind om hul taalvermoëns te verbeter en terselfdertyd ook hulle Bybelkennis te toets en op te skerp met hierdie bekostigbare en prettige aktiwiteitsboek.
50 Vrae oor...Die menslike Liggaam
R 135.00
Kort vrae en antwoorde in hierdie boek maak dit maklik en vinnig om oor die menslike liggaam te leer. Daar is ook 'n bordspel binne-in die boek en twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, én 'n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur 'n QR-kode te skandeer!
50 Vrae oor...Hoe om my planeet te red
R 135.00
Die kort vrae en antwoorde in hierdie boek maak dat daar maklik en vinnig oor hoe om die planeet te red, geleer kan word. Daar is ook 'n bordspel binne-in die boek en twee bladsye met plakkers wat op die ooreenstemmende prentjies in die boek geplak kan word, én 'n geheuespel waartoe jy toegang met jou slimfoon kan kry deur 'n QR-kode te ...
Aan – Af
R 99.00
Leer kinders dat vriende voor fone kom. Hulle leer vir Henry ken wat amper ’n groot fout begaan omdat hy heeltyd op sy foon is. Hy speel graag saam met sy maats, Mia en Liam. Maar dan verjaar hy en alles verander wanneer hy ’n selfoon present kry, want van tóé af kan hy die ding nie los nie. Gelukkig tog sien sy pa dat hy die foonreëls verbreek ...
Absoluut Einstein
R 205.00
Christien Neser neem die vyfjarige Micha uit Amper Einstein (Tafelberg, 2013) se storie op ’n verrassende wyse verder. In Absoluut Einstein is hy in graad 9, met Matriek-IT onder die knie. Maar sy outisme het hom tot nou uit ’n “gewone” skool gehou. As hy egter aan ’n universiteit wil studeer, moet hy leer sosialiseer, en daarom be...
Afkop
R 220.00
Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n wilde jaagtog en 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het?
Afrikaans vir Almal
R 310.00
Hierdie splinternuwe titel is die eerste taalnaslaanbron wat KABV-gebaseer is. Dit bestaan uit twee dele. Die eerste deel sluit taalreëls en nalsaanlyste in, en die tweede deel bevat algemene kennisfeite oor Suid-Afrika en die res van die wêreld. 330KABV-vereistes vir Afrikaans Huistaal en Eerste en Tweede Addisionele Taal vorm die basis vir di...
Agent Alex - Uitgesorteer!
R 120.00
Spioenkop Akademie is 'n eksklusiewe skool vir seuns en meisies van ouderdomme 8 tot 18. Al die leerders in hierdie skool se ouers of voogde is op 'n manier betrokke by die Geheime Diens. Spioene en geheime agente stuur graag hul kinders na Spioenkop Akademie, want hulle weet die kinders is hier veilig teen enige bedreiging.