- Home
- DiskontoBooks
- Kinders
DiskontoBooks

Albertus die Jakkalsie (2) : Die verjaarsdagverassing
R 80.00
Vandag is Albertus se verjaardag maar hy wil nie groot word nie! Hy besluit om weg te kruip sodat niemand hom kan gelukwens nie. Maar sonder 'n verjaardag ... sonder 'n koek ... sonder geskenke ... Hy begin nou wonder ... Miskien is dit tog nie só sleg om groot te word nie!

Albertus die Jakkalsie (3) : 'n Dag op die plaas
R 80.00
Vandag neem oupa Takbok vir Albertus en sy maatjies op 'n uitstappie! Hulle sien al die hele week na hierdie dag uit, maar hoe hard hulle ook al probeer om uit te vind waarheen hulle gaan, oupa Takbok hou dit 'n groot verrassing.

Albertus die Jakkalsie (4) : ...Wil nie slaap nie
R 80.00
Vanaand wil Albertus nie gaan slaap nie! O nee, hy is nou groot en wil eerder sy boek lees voordat hy aan die slaap raak! Pappa besluit om nie kwaad te word nie. Hy het 'n blink plan wat ál die jakkalsies gaan verras

Alfa van Alfaville, Die
R 190.00
Rikus moet by sy oom Jake gaan kuier die vakansie. Hy sien nie juis uit nie, maar ten minste het sy oom ’n cool werkswinkel waar hy karre regmaak. Iets maak egter nie heeltemal sin nie – waarheen verdwyn sy oom sommige aande? Rikus en sy vriend besluit om hom te agtervolg ... Wat volg is ’n avontuur met ’n wit Spider Alfa Romeo, ’n beste vriend ...

Alfabet: Inkleurboek & Aktiwiteite
R 40.00
Versamel almal: Alfabet Syfers Raaisels

Amok op 'n Besemstok (Julia Donaldson)
R 190.00
Die heks en haar kat vlieg gelukkig deur die lug op haar besemstok. Maar dan kom raap die wind die heks se hoed, toe haar strik en toe haar towerstaf op. In die soektog na hierdie toor-noodsaaklikhede ontmoet die heks en haar kat talle hulpvaardige diere wat saam op haar besemstok wil ry. Maar is daar plek vir soveel diere op haar stok? En sal ...

Amok Op N Besemstok
R 150.00
Die heks het n kat en n puntige hoed. En gemmerrooi hare, gevleg soos dit moet. En soos hulle vlieg op die waai van die wind, kan jy Heksie hoor lag en katertjie spin.

Anderkant die blou
R 160.00
Lienke en Dezi se Kalkbaai-vakansie is vol verrassings. By die hotel ontmoet hulle vir Danroy, wat daar vakansiewerk doen. Saam met hom leer ken hulle al die mooiste plekke in die baai. Ook Danroy se "skwad", en sy geliefde Uncle Kaz. Dan is daar 'n tragedie op see wat Danroy en sy ma se lewe omkeer. Soos Uncle Kaz altyd sê: "Mens het net ...

Anna Atoom en die digitale draak
R 225.00
Dis somervakansie en tyd vir Darius om op MonPetit te kom kuier. Anna kan nie wag nie! Sy wil vir hom die grotte op die eiland gaan wys, en hulle gaan vir professor Sabatina help met haar navorsing vir die AardWag oor vulkaniese aktiwiteit. Maar iemand anders stel ook belang in die vulkane om die eiland, veral ’n spesifieke ondersese vulkaan bek...

Anna Atoom en die seerower se dolk (skooluitgawe)
R 165.00
’n Ekologiese ramp tref die aarde: alge begin die oseane oorgroei en bedreig alle lewe in die see. Terwyl Anna se ouers probeer uitvind wat dit veroorsaak het, en hoe om dit te keer, stel Anna net in een ding belang: ’n antieke dolk wat sy in die see gevind het. Sy glo dit het meer as tweehonderd jaar gelede aan ’n beroemde seerow...

Apies se Dieretuin, Die
R 90.00
Olifant ontvang 'n uitnodiging na die apies se partytjie by Kokosneutbaai en klim dadelik in sy stoomenjin vir 'n avontuurlike reis oor die hele Afrika-kontinent! By elke stasie klim nog meer diere op die trein. Hulle speel, stry en vertel stories op die langpad . . . Die rymende teks en asemrowende, kleurvolle illustrasies wat die wilde diere ...

Arthur By Die Molle
R 55.00
Arthur is net so oud soos jy. Nadat hy 'n towerboek in die solder ontdek het, beleef hy die ongelooflikste avonture. Elke keer as hy die towerformules lees, verander hy in die een of ander dier. Ontdek saam met Arthur en sy maatjie, Sarel, die wonderlike wereld van die molle!

Arthur en die Voels
R 55.00
Arthur is net so oud soos jy. Nadat hy 'n towerboek in die solder ontdek het, beleef hy die ongelooflikste avonture. Elke keer as hy die towerformules lees, verander hy in die een of ander dier. Ontdek saam met Arthur en sy maatjie, Sarel, die wonderlike wereld van die voels!

Arthur Tussen Die Muise
R 55.00
Arthur is net so oud soos jy. Nadat hy 'n towerboek in die solder ontdek het, beleef hy die ongelooflikste avonture. Elke keer as hy die towerformules lees, verander hy in die een of ander dier. Ontdek saam met Arthur en sy maatjie, Sarel, die wonderlike wereld van die muise!

Arthur word 'n Padda
R 55.00
Arthur is net so oud soos jy. Nadat hy 'n towerboek in die solder ontdek het, beleef hy die ongelooflikste avonture. Elke keer as hy die towerformules lees, verander hy in die een of ander dier. Ontdek saam met Arthur en sy maatjie, Sarel, die wonderlike wereld van die paddas!

As die Kat weg is
R 90.00
Ontmoet vir Aristoteles, ’n kat met hope houding! Aristoteles is ’n silwergrys mannetjieskat in die fleur van sy lewe, en hy is baie mooi – hy reken self so. Anna en haar gesin dink gelukkig ook so. Altans, dis wat Aristoteles dink … tot die dag toe hy uitvind Anna wil graag ’n hond vir haar verjaardag hê. ’n Hond!?! Watter verstandige agtjarige...