- Home
- DiskontoBooks
- Lapa
DiskontoBooks

Hoezit: Die Wonderwêreld van Troeteldiere
R 80.00
Watter troeteldiere is soos konings in antieke Egipte behandel? Hoe groot is die wêreld se grootste kat? Wat beteken jou hond se liggaamstaal? Hoe kies jy die perfekte troeteldier? Hierdie boek is propvol prettige feite en aktiwiteite wat jou sal help om die wonderlike wêreld van troeteldiere te verken!

Hoezit: Die wonderwereld van Voels
R 80.00
Hoe kry party voels dit reg om duisende kilometer te vlieg sonder om te verdwaal? Watter voel se oe is groter as sy brein? Hoe groot is die wereld se kleinste voelsoort? Met 48 bladsye propvol prettige feite, volkleurfoto's en hope aktiwiteite, speletjies, is hierdie boek gewaarborg om jong diereliefhebbers se tone te laat omkrul van lekkerkry!

Hoezit: Die wonderwereld van Voertuie
R 80.00
Van monsterbakkies tot maglev-treine - laat wiel met hierdie fantastiese boek oor voertuie! Wie het die wiel uitgevind? Hoe vinnig is die vinnigste trein op aarde? Waarvoor word reuse-monsterbakkies gebruik? Hoe gaan die motors van die toekoms lyk? Ontdek die adrenalienbelaaide wêreld van voertuie met hierdie boek propvol asemrowende feite en a...

Hoezit: Die Wonderwêreld van vreemde Diere
R 80.00
Van ’n soogdier wat eiers lê tot ’n padda wat kan vlieg – in hierdie boek propvol feite en aktiweite sal jy van die vreemdste diere op ons planeet ontmoet. Maak van naderby kennis met vampiervlermuise, ietermagogs en tapirs – en verstom jou aan van die eienaardigste diere wat jy ooit gesien het!

Hoezit: Die wonderwereld van Walvisse en Dolfyne
R 80.00
Hoeveel kos kan 'n blouwalvis in een dag verslind? Hoe word dolfyne afgerig om toertjies te doen? Hoe kry walvisse en dolfyne dit reg om onder die water te slaap? Watter soort walvis kan sy asem tot twee ure lank ophou?

Iemand wat Verdrink
R 200.00
Hierdie bundel bevat kortverhale van 'n aantal bekende skrywers, soos Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Nanette van Rooyen en Zelda Bezuidenhout. Jong stemme soos Mercy Kannemeyer, Almero Welgemoed, Corinne Raath en Arleen Stone verskyn ook in die bundel. Die bundel bevat stories wat so aangrypend is, jy sal als in...

Iewers vlieg daar fairy dust
R 240.00
Elmien droom daarvan om eendag ná skool ’n dokter te word. Dit is die rede waarom sy ’n gehawende ou dokterstas onder haar bed bêre en in haar vrye tyd in die videowinkel werk. Maar waar sy vandaan kom, is dit ’n gróót droom. Te groot. Hoewe 717 is die amptelike naam van die plakkerskamp. Dis hoe die maatskaplike werker en haar helpers dit no...

In Opleiding: Atleet
R 170.00
Atleet in opleiding bevat alles wat jong lesers moet weet oor hoe om ’n atleet, sportman of sportvrou te wees. Kinders kan meer leer oor hoe om ’n topatleet te wees en ’n prettige toets doen om te sien in watse sportsoort hulle die beste sal presteer. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die ...

In Opleiding: Brandbestryder
R 170.00
Brandbestryder in opleiding bevat brokkies inligting oor brandveiligheid en sal jou alles leer van die belangrike werk wat brandbestryders doen. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om diere te versorg, hoe om ‘...

In Opleiding: Dokter
R 170.00
Dokter in opleiding vertel die leser hoe dokters, verpleegsters en paramedici lewens red. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wêreld te ontdek, mense se lewens te red ...

In Opleiding: Ingenieur
R 170.00
Ingenieur in opleiding wys jong kinders hoe ingenieurs wiskunde en wetenskap gebruik om die geboue en masjiene te bou wat ons elke dag sien. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebru...

In Opleiding: Kodeerder
R 170.00
Kodeerder in opleiding bevat inligting oor hoe om kodes te skep, watter vaardighede ’n kodeerder nodig het en hoe om jou eie webwerf te skep Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om diere te versorg, hoe om ‘n to...

In Opleiding: Ruimtevaarder
R 170.00
Ruimtevaarder in opleiding leer die jong leser alles oor die ruimte, sterrekunde en die lewe aan boord die Internasionale Ruimtestasie. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om ...

In Opleiding: Veearts
R 170.00
Veearts in opleiding is propvol nuttige inligting wat jong lesers alles sal leer oor diere en hoe om hulle te versorg. Vind meer uit oor die verskillende tipe veeartse, hoe ’n veeartspraktyk werk, hoe om diere se liggaamstaal te verstaan en hoe om gesondheidsprobleme te diagnoseer en behandel. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nutt...

In Opleiding: Wetenskaplike
R 170.00
Wetenskaplike in opleiding leer kinders oor basiese chemie, biologie en fisika. Met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van hierdie verskillende beroepsmense, sal hierdie boeke jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wêreld te ontdek, mense se lewens te red en geboue en masjiene te bou. Eenv...

Jaco Jacobs se groot klop-klop-grappieboek
R 150.00
Die GROOTSTE versameling KLOP-KLOP-grappe NOG OOIT IN AFRIKAANS! Hierdie boek sal vir jou en jou maats maagpyn gee van die lag! Boonop bevat die boek prettige illustrasies. Dit is die perfekte aankoop om vir enige kind ure lank besig te hou! Klop-klop. Wie’s daar? Kamele. Kamele wie? Kamele hare, dis amper tyd vir skool.