DiskontoBooks

Marinda se Koskas
R 299.00
"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat ék sien as onthoukos". Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreem...

Maya se Musketier
R 215.00
Maya kan nie glo hulle trek Bloemfontein toe nie - en dit omdat haar ma 'n langverlore tante se huis en katte geërf het. Simon is gewoond daaraan om met mishandelde perde te werk, maar Lynx lyk nie asof sy ooit haar slegte ervaring sal afskud nie. Dalk sal Lynx se nuwe stalmaats haar help beter word? Maya pas ook moeilik aan by die nuwe skool en...

Mieke 1: Kersfees in April
R 195.00
Mieke se lewe op Mtwana Wildlife Rescue, aan die oewer van die Limpopo, is alles behalwe saai. Tussen haar pa as die plaas se veearts, Fen se ouma Maggi wat die lodge bestuur en haar eksentrieke oupa Bosjan se natuur- en lewenswysheid kry sy skaars kans om haar ma te mis. Maar soms, veral noudat sy in Gr 7 is en...

Mieke 2: Spikkelsterre op Mtwana
R 195.00
Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het, sove...

Mieke 3: Weerlig oor Mtwana
R 195.00
Dis al Maart. Mieke het nog nie met Fen gepraat vandat hy koshuis toe is nie. Hy bel nie, kom nie naweke huis toe nie. Op Mtwana hang daar 'n skadu van onsekerheid. Die Phiri-bende is oorkant die rivier aktief. Hulle teiken hoofsaaklik olifante. Mieke sit haar voet neer en bel vir Fen by die koshuis. 'n Boelie gr...

Moenie met ’n prinses mors nie!
R 175.00
In ’n koninkryk ver, ver weg maak ’n trol ’n groot gemors en almal (veral die ridders) is baie bang vir hom! Ontmoet drie vasberade, vreeslose prinsesse met wie niemand sal wil mors nie in hierdie avontuur vol gruwelike gevare, slim streke en dodelik danspassies! ’n Boek wat wys dat meisies ...

Moet nooit vir 'n T-Rex 'n boek wys nie
R 165.00
Moet NOOIT vir 'n T-Rex 'n boek wys nie! Verbeel jou wat sal gebeur as jy dit doen.... 'n Skaterlagstorie propvol verbeeldingskrag, holderstebolder pret, en 'n viering van die wonder van boeke.

Mooiste sprokies van Grimm
R 420.00
Die sprokies van Grimm is bekend en geliefd oor die wêreld heen. Marita van der Vyver stel in hierdie pragbundel ’n persoonlike keur saam van veertig van die Grimm-broers se mooiste sprokies, wat sy self uit Duits vertaal het. Hier is bekendes soos Rooikappie, Die wolf en die sewe bokkies, ...

Mooiste stories van Helena Lochner
R 240.00
“Die Hans Andersen van Suid-Afrika” – dit is die erenaam wat Helena Lochner in Noorweë gekry het. Hierdie beroemde skrywer van kinderverhale en sprokies is in 1951 oorlede, maar haar werk bly steeds gewild. Vyftien van haar mooiste verhale wat hier byeengebring is, sluit die bekendstes in soos “Ou Tante Langtand”, “Di...

More: Allergen Free recipes for the whole Family
R 60.00
The perfect book for helping to prevent and manage allergies in children. Sylvie Hurford, shows how you can delay children's exposure to allergens, allowing the body to mature enough to process the agents of incipient allergy. Informative and beautiful, this book appeals to all senses. Yummy recipes such as Celebration cake, Carob muffins and ...

My bielieboek vol getalle!
R 185.00
Met hierdie kartonboek word kinders aan die wêreld van getalle bekendgestel! Helderkleurige illustrasies, eenvoudige woorde en teloefeninge help kinders om speel-speel hulle eerste syfervaardighede te ontwikkel!

My bielieboek vol kleure!
R 185.00
Met hierdie kartonboek word kinders aan die wonderlike wêreld van kleure bekendgestel! Helderkleurige illustrasies en eenvoudige eerste woorde leer kinders speel-speel van die kleure van die wêreld waarin hulle grootword!

My Dinosourus-Atlas
R 145.00
Hierdie atlas is vol fassinerende feite, geïllustreerde kaarte, pragtige tekeninge en fantastiese foto’s oor dinosourusse. Dit bevat ook plakkers om op die uitvoubare plakkaat en in die boek te plak. Hierdie atlas leer kinders van die verskeie tydperke waarin dinosourusse gelewe het, asook die verskillende dinosourusse wat in hierdie tydperke vo...

My eerste plakkerboek: Dinosourusse
R 145.00
In hierdie plakkerboek met dinosourusse kan kleintjies groot herbruikbare plakkers gebruik om lewe te gee aan elke toneel. Die kleurvolle illustrasies en interessante tonele sal hulle ure besig hou!

My eerste plakkerboek: Prinsesse
R 145.00
In hierdie plakkerboek met prinsesse kan kleintjies groot herbruikbare plakkers gebruik om lewe te gee aan elke toneel. Die kleurvolle illustrasies en interessante tonele sal hulle ure besig hou!

My Eerste Woorde: My dag
R 50.00
‘n Kleurvolle eerste woorde- en prenteboek waarin babas en leuters leer oor alles wat hul elke dag teëkom.