DiskontoBooks

Stoutste klas op aarde
R 185.00
Volgens die skoolhoof is 4B die stoutste klas op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer uitblink. Maar Alex en Manjit het letterlik nie bedoel om hulle hele klas siek te maak met tuisgemaakte koekies nie. 4B is miskien die stoutste klas op aarde, maar ...

Stoutste klas op aarde daag jou uit!
R 185.00
Volgens die skoolhoof is 4B DIE STOUTSTE KLAS OP AARDE. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of PRET hê nie. Dit gaan oor LEER en dis hoogtyd dat 4B dáárin probeer UITBLINK. Maar Stanley en Manjit laat hulle nie onderkry nie. Hulle het 'n PERFEKTE PLAN om LUISE te vang en die grootste UITDAGING ooit te aanvaar! Maar dit kan dalk G...

Stoutste klas op aarde word stouter, Die
R 185.00
Volgens die skoolhoof is 4B DIE STOUTSTE KLAS OP AARDE. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor LEER. Maar Alex en Manjit het LETTERLIK nie bedoel om die toilette te verstop terwyl hulle die skoolgrond moes oppas nie. En hulle het definitief nie bedoel om LETTERLIK 'n pikkewyn vanaf die dieretuin skool toe t...

Suid-Afrikaanse Kookboek vir Allergiee en Voedselsensitiwiteit
R 90.00
As sekere voedselitems en bymiddels tot siektesimptome lei, is dit baie moeilik om gesonde voedingskeuses te maak tot voordeel van goeie gesondheid, asook die herstel en instandhouding van die immuunsisteem. Allergiese reaksies en sensitiwiteit vir voedingstowwe en bymiddels is aan die toeneem en al hoe meer mense sukkel om veilige, gesonde en b...

Suid-Afrikaanse Kookboek vir Diabetes: Smaaklik en gesond vir almal
R 120.00
Statistieke bewys dat diabetes skrikwekkend toeneem onder Suid-Afrikaners. Al hoe meer mense – ook kinders – se lewe en eetgewoontes word deur die siekte geraak. Hierdie kookboek sal jou help om jou diabetes en insulienweerstandigheid onder beheer te kry en bevat meer as 100 smaaklike en gesonde resepte. Resepte met maklik verkrygbare, b...

Suid-Afrikaanse lugbraaier kookboek 2, Die
R 350.00
Topverkoperskrywer Louisa Holst weet wat die lugbraaiermark wil hê en het weer plaaslike geure na vore gebring! Resepte sluit in springbokkie-kaaskoek, brandewyn-en-coke-hoendervlerkies, snoek- en appelkoosfilo-samosas, en 'n visvinger-Gatsby vir die honger kinders wat hulle self kan opslaan. Peri-peri-hoenderpastei, gammon (ja – dit kan in die ...

Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek, Die
R 340.00
Die lugbraaier is ’n veelsydige kombuistoestel wat toenemend gewild raak. Baie mense gebruik lugbraaiers net om voorafbereide kos soos krummellaaghoender of bevrore vis en aartappelskyfies gaar te maak, maar dit kan ook vir talle uithalergeregte, selfs gebak, ingespan word. Die boek fokus op ou bekende gunstelinge soos malvapoeding, bobotie, app...

Tienerharte (1): Hartklop
R 215.00
Megan kuier by haar ma op Paternoster vir die Desembervakasie. Maar haar broer se beste vriend, Dewald, daag ook onverwags daar op. Dewald maak haar kniee al vir jare lam, maar haar oorbeskermende broer Stefan sal nooit toelaat dat daar iets tussen hulle gebeur nie. En wie se Dewald voel dieselfde oor haar? Dewald se jaloerse eks sorg ook vir h...

Tienerharte (2): Hartbreker
R 215.00
Stefan vry graag in die bondel. Maar Ciska, met haar krullerige rooi hare en sexy lyf, is die eerste meisie wat sy voete regtig onder hom uitslaan. Vir haar sal hy enigiets doen, selfs in 'n getroue verhouding wees vir altyd. Maar die irriterende rykmansdogter, Surette, is vasberade om haar kloue in Stefan te hou. Hierdie romantiese reeks met h...

Tienerharte (3): Hartedief
R 215.00
Lisa vlug van haar gewelddadige, dwelmverslaafde kerel en begin 'n nuwe semester by die Elizabeth Galloway skool vir modeontwerp in Stellenbosch. Daar ontmoet sy weer vir Estian, met sy onweerstaanbare blou oe. Maar Lisa kan net nie nou by iemand betrokke raak nie, want al waaraan sy kan dink is die geheim wat sy wegsteek . . .Hierdie romanties...

Tienerharte (4): Hartsnaar
R 215.00
Sophia en Noah is al beste vriende vandat hulle in doeke is. In hulle matriekjaar wil hulle saam na die somerskool in Londen gaan - Sophia vir haar ballet en Noah na die musiekskool. Maar hoe gaan Noah vir Sophia sê hy is verlief op haar, sonder om hulle vriendskap op te foeter? Wanneer Sophia alleen Londen toe vertrek, is dit Noah se laaste kans.

Tiger Walk
R 185.00
A lyrical story about overcoming universal childhood fears. Tom draws a tiger, inspired by his visit to the art gallery. That night, when Tom can't sleep, the tiger pads out of his drawing and purrs, "Let's go for a walk!" Tom is afraid, but the tiger's presence is reassuring as they set off into the forest. One by one, Tom's fears are allay...

Timeless One-dish Winners (More Than 200 Dishes to Savour and Enjoy)
R 80.00
Following the success of her earlier cookbooks, the author has now collaborated with her daughter on recipes for all-in-one meals, bursting with flavour. A fresh take on many firm favourites. This collection of timeless and contemporary recipes will be indispensable in every home and inspire you to try some new ideas to expand your repertoire. ...

Tjoppie en die muskiet
R 115.00
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is daar 'n aaklige gogga wat vir Tjoppie pla en steek. Dit jeuk oral! Gelukkig ontmoet hy ook vir Tonkie die spinnekop wat hom kan help. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.

Tjoppie en die skat
R 115.00
Tjoppie is 'n nuuskierige hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Wat kan dit wees? Elke dag is 'n avontuur vir Tjoppie en sy maats. Die Tjoppie-reeks is die perfekte eerste leeservaring vir peuters en kleuters.

Tjoppie en die tweeling
R 115.00
Tjoppie is 'n nuuskierige hondjie. Vandag ontmoet hy twee maatjies wat presies dieselfde lyk. Maar hoe kan dit wees? Elke dag is 'n avontuur vir Tjoppie en sy maats. Die Tjoppie-reeks is die perfekte eerste leeservaring vir peuters en kleuters.