DiskontoBooks

Dryf
R 280.00
Mense glo daar’s ’n vloek oor Stormwater. Die see roep elke jaar sy slagoffers. Is dit waarom Caleb se pa se vliegtuig neergestort het? Caleb moet sy matriekvakansie opoffer om om die geheim te ontrafel. Freya word ook gedwing om haar somer in die vreemde kusdorp deur te bring – asof vars lug 'n kitskuur sal wees vir haar kroniese siekte....

Eerste Liefde (Omnibus 1)
R 195.00
Drama, humor . . . en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. Drie van die gewildste Eerste Liefde-stories in een. In Rugbyballe en bikini’s kan niks Anelle se vakansie op Duinebaai bederf nie. Maar hoekom laat Martin haar so anders voel? In Daar’s’n ou in my aarbei-smoothie steek ’n geheime bewonderaar boodskappe in Yolandé se tas weg. In My hart...

Eerste Liefde Omnibus 2
R 195.00
Drama, humor . . . en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. In Ouens is nes ekstra bagasie moet Barbara die vakansie by die Turkana-meer spandeer waar haar pa opgrawings doen en dokumentêre films maak. In Liefde is nie tjoklits nie is Tamara vir die eerste keer in haar lewe smoorverlief en ’n makeover is haar enigste hoop. In Soene op’n...

Eerste Sprokies: Aspoestertjie
R 120.00
Lank gelede was daar 'n pragtige meisie. Sy het in 'n huis saam met haar stiefma en haar twee stiefsusters gebly. Sy moes die huis skoonmaak, en hulle het haar Aspoestertjie genoem. Die prins van hulle land het 'n groot partytjie gehou. Hy wou trou en het al die jong meisies na die dans genooi. “Ai, ek wens ek kan ook na die dans toe gaan,”...

Eerste Sprokies: Raponsie
R 120.00
Lank gelede was daar 'n man en sy vrou wat baie graag 'n kind wou hê. Ná 5 jaar het sy nog steeds nie 'n baba gehad nie en sy was siek van hartseer. Om haar te troos het haar man vir haar 'n heerlike slaai gemaak. Daarvoor het hy raponsieblare in hulle buurvrou se tuin gaan pluk. Maar toe vra 'n kwaai stem: "Hoekom steel jy my raponsies...

Eisteddfod-Pret 2: Nog Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool
R 280.00
Hierdie versameling van 108 oorsponklike gedigte, 24 monoloë en 20 samesprake volg op die baie suksesvolle eerste titel in die reeks en is weereens perfek geskik vir laerskoolleerders. Elkeen van hierdie werke het die potensiaal om die hoogste punte by 'n eisteddfod te verwerf. Louise Lachenicht se riglyne vir ouers, onderwysers en afrigters ...

Eisteddfod-Pret: Gedigte, Monoloë en Samesprake vir die Laerskool
R 280.00
Menige ouer, onderwyser en afrigter het al die wens uitgespreek dat minder tyd aan die soek van geskikte materiaal vir Eisteddfods bestee hoef te word. Eisteddfod-pret is gebore uit hierdie noodkreet van ouers, onderwysers en kinders wat jaarliks in desperaatheid die internet en biblioteke fynkam vir vars, nuwe materiaal, want dis nie sommer eni...

Ek leer tel (Storiemuis)
R 60.00
Hierdie kleurvolle telboek maak kinders op 'n prettige manier vertroud met getalle, terwyl hulle stelselmatig van 1 tot 100 leer tel. Kinders kan aangemoedig word om hardop saam te tel, terwyl daar na elke element gewys en die pragtige tonele op elke bladsy saam verken word. Hierdie boek vol syfers vorm deel van die Storiemuis-reeks – 'n moet vi...

Ek leer van Kleure (Storiemuis)
R 60.00
Hierdie kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met al die primêre kleure. Daar is ook kort rympies om saam op te sê en 'n storie om die kleure van die reënboog te leer ken. Moedig jou kind aan om die kleure self uit te ken, terwyl julle die pragtige tonele op elke bladsy verken. Hierdie boek vol kleure vorm deel ...

Ek maak reg vir kleuterskool 4+ jaar
R 135.00
Hierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 260 selfklewende plakkers asook verskillende prente om in te kleur. Die reeks is spesifiek ontwerp om kinders te help om die vaardighede wat hulle voor en tydens kleuterskool benodig, te ontwikkel!

Ek maak reg vir skool 5+ jaar
R 135.00
Hierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 290 selfklewende plakkers asook verskillende prente om in te kleur. Die reeks is spesifiek ontwerp om kinders te help om die vaardighede wat hulle tydens kleuterskool aanleer, verder te ontwikkel.

Ek plak en Speel: 2jaar+ Boek 2
R 90.00
Speel op elke bladsy 'n speletjie en plak die plakkers op die skaduwees. Het jy dit reggekry? Plak dan 'n pandagesiggie as beloning onderaan die bladsy! Met groot, selfklewende plakkers vir kleintjies.

Ek plak en Speel: 3jaar+ Boek 2
R 90.00
Speel op elke bladsy 'n speletjie en plak die plakkers op die skaduwees. Het jy dit reggekry? Plak dan 'n pandagesiggie as beloning onderaan die bladsy!

Ek soek my hoed
R 195.00
Die beer se hoed is weg en hy soek dit terug. Geduldig en hoflik vra hy al die diere wat hy teekom of hulle dit gesien het. En nes hy moed verloor, besef hy dat hy tog sy hoed gesien het ... Hierdie eksentrieke en skreeusnaakse prenteboek sal beide grootmense en kinders se tone laat krul van lekkerte.

Elf dae in Amsterdam
R 230.00
Millie is in Amsterdam om haar tante te help aansterk na ’n knie-operasie. Maar toe die tante langer in die hospitaal moet bly, is Millie gestrand! Sy leer ken toevallig vir Pim, 'n Amsterdammer met wortels in Suid-Afrika. Maar hoekom het haar ma haar ouma se dagboek uit haar tienerjare in Amsterdam tydens die Tweede Wêreldoorlog in haar tas...

Elf dae in New York
R 230.00
Frances en Helene, haar modeontwerper-stiefma, gaan kuier by haar stiefsussie Amie in New York. Helene wil haar reeks eko-vriendelike handsakke by 'n groot modehuis gaan wys. As jy dit in New York kan maak, is die wêreld joune! Manhattan is adrenalien. Frances is mal oor die stad met sy groot park en asemrowende argitektuur. Maar sommer gou b...