- Home
- diskontobooks
- Onder 6
diskontobooks
Avonture Op Die Plaas 10: Jag Die Jagter
R 50.00
Die plaasdiere het 'n klein bosvarkie alleen tussen die lang gras gevind. Hy het van sy mamma en boeties weggedwaal toe hy van die jagter gevlug het. Almal help om na die stroper en die bosvark-mamma te soek …
Avonture Op Die Plaas 11: Katjies In Nood
R 50.00
Grieta word binnekort 'n mamma. Sy wil haar kleintjies graag op 'n rustige plek in die wereld bring. Sy neem haar intrek in 'n hut op 'n eilandjie in die middel van die rivier. Maar dan bars 'n hewige storm los. Die water styg…
Avonture Op Die Plaas 12: Sirkus Op Die Plaas
R 50.00
Neef George het 'n sirkus. Sy bokkie, Bettie, se een poot het seergekry en sy kom vir 'n paar dae op die plaas aansterk. Bettie voel dadelik tuis tussen die ander diere op die plaas. Maar hulle droom nou net van 'n ding – om ook in 'n sirkus op te tree …!
Avonture Op Die Plaas 1: Gertjie Se Uitstappie
R 50.00
Vir mevrou Eend is vandag 'n belangrike dag – sy gaan haar kuikens leer swem! Terwyl Mamma Eend vir twee van haar eendjies leer duik en kos soek, dwaal Gertjie, die derde eendjie, af …
Avonture Op Die Plaas 2: Manie Muis Skrik Groot
R 50.00
Manie, die klein muisie, sit en kyk hoe Boer Frans werk. Maar dan steek Boer Frans sy hooivurk in die baal waarop Manie sit … Manie trek soos 'n vrot vel deur die lug, in die rigting van die diere se drinkbak
Avonture Op Die Plaas 3: Hansie Vlieg weg
R 50.00
Die lug is vol swaar, grys wolke en die wind waai woes. Daar's 'n storm op pad! Hansie die haas skuil onder 'n vlieër. Maar dít was dalk nie so 'n goeie plan nie. Die wind waai al hoe sterker ...
Avonture Op Die Plaas 4: Boel En Dolla
R 50.00
Dis Lente. Boel pas die trop koeie op. Skielik hoor hy 'n vreemde geloei. Hy gaan nader … Kyk net wat! daar op die bodem van die put …!
Avonture Op Die Plaas 5: Ses Stoute Varkies
R 50.00
Daar is ses nuwe varkies op die plaas! Maar hoe groter hulle word, hoe stouter word hulle. Haan roep al die plaasdiere bymekaar om te kom help om die ses karnallies 'n paar lesse in goeie maniere te leer.
Avonture Op Die Plaas 6: N Indringer Op Die Plaas
R 50.00
Dis ’n lieflike somersaand op die plaas. Almal slaap. Skielik hoor meneer Uil; ’n geblaf...
Avonture Op Die Plaas 7: Nuwe Maatjies
R 50.00
Vroegoggend al sit boer Frans buite op 'n bankie. Hy kyk die hele tyd op sy horlosie. Dan tuur hy weer in die pad af. Wie sou hy verwag? 'n Vragmotor kom aangery…
Avonture Op Die Plaas 8: Nagvlug
R 50.00
Wanneer Manie en Tobie, die twee klein muisies, hul niggies van die vlermuisfmailie leer ken, wil hulle net ? 'n ding doen: hulle wil ook vlieg… Sal hulle droom waar word?
Avonture Op Die Plaas 9: Die Vreeslike Voelverskrikker
R 50.00
Fanie is nie die beste voelverskrikker nie. Hy lyk so vriendelik dat die kraaie niks bang vir hom is nie! Sodra boer Frans sy rug draai, vlieg hulle maar weer die saailand in. Maar dan maak die plaasdiere 'n plan …
Avonture Op Die Plaas Omnibus
R 250.00
Jou ses gunstelingplaasstories nou in een boek! Op die plaas bly baie diere gelukkig saam. Lees in hierdie pragtige boek met sy kleurvolle illustrasies van al die diere se avonture. Stories in hierdie bundel: Gertjie se uitstappie; Hansie vlieg weg!; Manie Muis skrik groot; Boel en Dolla; Ses stoute varkies; 'n Indringer op die plaas.
Baba Diertjies Klankboek
R 295.00
Leer alles oor baba diertjies in hierdie raserige, feit-gevulde boek. Met tien dieregeluide en maklik om te gebruik sleutels.
Baba Se Dag (My Boekhuis)
R 40.00
Kinders is nooit te jonk om 'n boek saam met jou te geniet nie. Dis pret om saam na die prentjies te kyk en die name van bekende voorwerpe te leer. Die klein, hanteerbare boekies help peuters om woordeskat uit te brei, terwyl dit vroee leesvaardighede ontwikkel. Hierdie pragtige boksie bevat vier kartonboekies met lieflike illustrasies en eenvou...
Baba se eerste plaasdiere
R 105.00
Hierdie reeks helder, stewige kartonboekies is die perfekte wegspringplek om jou baba aan die wonderwêreld van boeke bekend te stel. Daar is vier titels in die reeks wat babas aan verskillende eerste sleutelkonsepte bekend stel: Kleure, Wilde diere, Plaasdiere en Woorde.KleureLeer meer oor kleure met hierdie pragtige kartonboekie vol helder kleu...