- Home
- Volwasse: Kookboeke
- Saam - 'n Eeu van Suid Afrikaanse Gemeenskapsresepte
Saam - 'n Eeu van Suid Afrikaanse Gemeenskapsresepte
SAAM is die Suid-Afrikaanse huiskoskampioen Errieda du Toit se uitsonderlike kookboek oor kos wat ons die meeste geniet en die kultuur waarmee resepte in gemeenskapsresepteboekies gedeel word.
Errieda verdiep haar in 150 boekies wat oor 100 jaar uitgegee is en vorm ’n spesiale band met die resepte op die omkrulblaaie vol kosvlekke uit dié versamelings.
In dié eiesoortige resepteboek vier Errieda ons noue verhouding met die nederige gemeenskapsboekies, die invloed daarvan op ons koskultuur en die kenmerkende gees van samewerking. SAAM is ’n genotvolle huldeblyk aan die genre wat in ’n moderne trant en effe tong-in-die-kies inspirasie in ons kosherinneringe vind. Die verskeidenheid resepte is ruimmhartig, gasvry en vol warmte soos die huiskokke wat dit oorspronklik in die boekies gedeel het – die aanhouers (langasem-resepte wat bly oorleef), die flatervryes (epiese staatmakers), kos vir oor-en-weer-kuiers en retrogunstelinge wat ons as erfeniskos koester.
Met net die regte balans tussen nostalgie, modernisering van ou resepte en boeiende vertellinge is SAAM dié boek vir huiskokke, kookboekversamelaars en almal wat nuuskierig en entoesiasties is oor Suid-Afrikaanse kos.
Related Products
Kos in 'n Kits Vir Volgehoue Energie

Kos in 'n Kits Vir Volgehoue Energie
R 120.00
Ons weet almal dat gesonde kos en kos met 'n hoe voedingswaarde baie belangrik is vir ons langtermyn gesondheid en energievlakke elke dag. Maar helaas, met druk programme en vol werksdae bly dit 'n groot uitdaging om goed en gesond te eet. Kos in 'n kits vir volgehoue energie gaan nie oor onbereikbare ideale nie. Dit is 'n praktiese, doenbare gi...

Soet en Sout Gebak vir Volgehoue Energie 1
R 80.00
Gabi Steenkamp en Jeske Wellmann, die twee uiters bekwame dieetkundiges wat ook die medeskrywers was van Volgehoue energie vir kinders, plaas met Soet en Sout vir volgehoue energie die langverwagte kersie op die koek van enige partytjieboekversameling.

Suid-Afrikaanse Kookboek vir Diabetes: Smaaklik en gesond vir almal
R 120.00
Statistieke bewys dat diabetes skrikwekkend toeneem onder Suid-Afrikaners. Al hoe meer mense – ook kinders – se lewe en eetgewoontes word deur die siekte geraak. Hierdie kookboek sal jou help om jou diabetes en insulienweerstandigheid onder beheer te kry en bevat meer as 100 smaaklike en gesonde resepte. Resepte met maklik verkrygbare, b...
Een Pot, Pan, Bakplaat

Een Pot, Pan, Bakplaat
R 120.00
Callie en Mari-Louis maak jou lewe makliker met maaltye in een pot, braai- of oondpan – spaar elektrisiteit en arbeid met boonop die minimum skottelgoed. Heerlike en moeite-vrye resepte vir bees-, hoender- of varkvleis, asook wors, spekvleis en ham, frikkadelle en selfs vleislose geregte. Elk met ’n stysel en groente om ’n volledige maaltyd te m...
Huisgenoot Smulkos

Huisgenoot Smulkos
R 80.00
Lus vir lekker eet? Dus presies waarna jy kan uitsien met die smulresepte in dié boek. Met die eerste oogopslag sien jy ou bekendes: worsies, hoender, mieliebrood, vlakoekies ... Maar Huisgenoot-lesers wat Esther Malan se weeklikse resepte ken, weet dat daar niks alledaags aan dié slim kok se disse is nie. Maak jou gereed vir worsies in uie-b...
Koffiebeker-koeke

Koffiebeker-koeke
R 70.00
Waarvoor wag jy? Bak sommer vandag nog 'n heerlike koffiebekerkoek!

Suid-Afrikaanse Melktert Versameling, Die
R 120.00
Daar is ’n melktert vir elke okkasie en na elkeen se smaak: met ’n skilferkors-kraag, krummelrige broskors, koekiekrummelkors of sonder kors; gegeur met kaneel, naartjieskil, perskeblare, neutmuskaat of vanielje, amandel, karamel, sitrusskil of kardemom; gebruik as ’n tert (gebak of ongebak), nagereg, skommeldrankie, “shooter”, melkskommel of as...
Corli se Kombuis

Corli se Kombuis
R 120.00
Die Koekedoorwenner van 2016 gee haar/sy smaaklike gunstelingresepte onder die volgende hoofstukke: - Lank, lank gelede - Binne ’n uur - So ’n bietjie Frankryk - Kook saam met vriende - Suid-Afrikaans - Of maak dit jou eie … - Klein en fyn - Koek-en-tert-liefdes - Meesterstukke - Lekker vir oulaas. Heerlike resepte wat deeglik beproef is en ge...
Tydlose Eenskotteltreffers

Tydlose Eenskotteltreffers
R 120.00
Na die wegholsukses van haar vroeere kookboeke het die skrywer nou saam met haar dogter resepte vir smaaklike eenskottelmaaltye geskep. Hierdie versameling van tydlose en kontemporere resepte sal onmisbaar wees in elke huis en jou inspireer om nuwe idees op die proef te stel om jou spyskaart uit te brei. Die geregte is maklik om gaar te maak en...
Leserskring: Spogresepte

Leserskring: Spogresepte
R 120.00
Dié spesiaal uitgesoekte spogresepte van Leserskring se bobaaskokke sal ‘n onmisbare plek op enige kombuisrak verower. Met meer as 100 resepte – alles van brood en sop tot interessante voorgeregte, watertand hoofgeregte en nagereg vir die soettand – is hier iets vir elkeen. Toe Leserskring ‘n ruk gelede hul toptien-tuiskokke se resepte gebunde...
Toor met Hoender

Toor met Hoender
R 120.00
Soek jy ’n lekker hoenderresep? Die meeste mense hou van hoender en dis so maklik om gaar te maak. Boonop is dit ekonomies en veelsydig – koud of warm ewe lekker. Dis onthoukos, van die roosterhoender op die Sondagtafel tot Ouma se hoenderpastei. In die boek neem Karen jou op ’n toer deur haar Toorkombuis. En dis ’n verskeidenheid hoenderresepte...
Carmen se Beste Resepte

Carmen se Beste Resepte
R 120.00
Carmen Niehaus knows South African food. After 25 cookbooks and 27 years as food editor of Huisgenoot and You magazines, she is one of the country’s most beloved cooks. Carmen has gathered all her favourite recipes and brought them together in one volume. From everyday, stand-by recipes given a new twist, to dishes that are elegant enough to ser...