- Home
- Volwasse: Kookboeke
Volwasse: Kookboeke

Suid-Afrikaanse Kookboek vir Allergiee en Voedselsensitiwiteit
R 90.00
As sekere voedselitems en bymiddels tot siektesimptome lei, is dit baie moeilik om gesonde voedingskeuses te maak tot voordeel van goeie gesondheid, asook die herstel en instandhouding van die immuunsisteem. Allergiese reaksies en sensitiwiteit vir voedingstowwe en bymiddels is aan die toeneem en al hoe meer mense sukkel om veilige, gesonde en b...

Partytjies Is Pret 3 - vir Seuns en Meisies
R 80.00
Raad-op met jou kind se komende verjaardagpartytjie? Met vele temas om uit te kies bied Partytjies is pret 3 hope inspirasie: verbeeldingryke idees vir koeke, stap-vir-stap-instruksies, kreatiewe idees vir uitnodigings, prettige geskenkpakkies, soet en sout eetgoed, die heerlikste drinkgoed, iets vir elke smaak, ouderdom, en begroting. Hierdie...

Tuis Kos uit die Tuin
R 80.00
Kos uit die tuin is 'n versameling van 100 resepte met groente of vrugte as een van die hoofbestanddele. Dis maklik en bekostigbaar, en die lekkerte is dat jy die groente en vrugte in jou eie agterplaas kan plant. Ons wys jou hoe om jou lappie grond voor te berei en te bewerk, met plant- en oeswenke. Kos uit die tuin bevat 'n keur van Sonja Jor...

Partytjies Is Pret 2
R 60.00
Deesdae behels ’n kinderpartytjie meer as net koek bak en ballonne opblaas. Jy stort baie tyd, liefde en geld in om dié dag ekstra spesiaal vir jou kind te maak. Maar vir baie ma’s is die blote gedagte aan die reëlings en voorbereiding vir die partytjie vreesaanjaend. Gelukkig wys Partytjies is pret 2 jou hoe maklik dit is om ’n partytjie te h...

Huiskos (Herman Lensing)
R 450.00
Huiskos is Herman Lensing se sesde kookboek en volg op die uiters suksesvolle Dit Proe Soos Huis (Human & Rousseau), wat in 2019 verskyn het en in 2020 benoem is deur die SA Boekpryse vir beste niefiksieboek. Huiskos vertel – in sy eie woorde – die storie van Herman se 34 jaar op hierdie aarde. Anders as in sy ander boeke deel hy hierdie k...

Eet Reg
R 80.00
Vetsug neem skokwekkend toe in Suid-Afrika, veral onder tieners. Hierdie boek wys hoe emosionele eet ontstaan en hoe om dit te voorkom. Eet reg is propvol gesaghebbende raad wat regtig werk. Bevry jouself en jou kinders vir altyd van emosionele eet en verwelkom 'n leeftyd van lekker en gesond eet. Met resepte, eetplanne en sielkundig begrond. Le...

Makietie
R 120.00
Die Kokkedoor-wenners (Tiaan en Mynhardt) se eie resepteboek wat ook aansluit by hulle TV-program genaamd Makietie. Die boek bevat dertien feesgeleenthede soos ’n boekklubete, ’n “vintage rugby-ete” (met Schalk Burger), ’n karnival-kinderpartytjie, ’n moderne braai in die wingerd en ’n tradisionele familie Sondag-middagete. Elke geleentheid be...

50 Van die Beste Volstruis Resepte
R 50.00
Volstruis het dieselfde smaak en tekstuur as beesvleis, maar met laer vet- en cholesterolvlakke is dit die perfekte maaltyd vir gesondheisbewustes wat tog 'n stukkie rooivleis wil geniet. Volstruisvleis is so veelsydig dat dit in enige vorm - van 'n sappige lendestuk tot maalvleis en wors - gekoop en voorberei kan word. 50 van die Beste Volstrui...

Kokkedoortjie
R 360.00
Kokkedoortjie is ’n kookboek vir die gesin, vir kinders en vir die kind in ons almal. Dit verweef elke dag se resepte met ’n unieke bestanddeel – die kleurvolle verbeelding van ’n kind. Dit wissel van eiernessies vir ontbyt, die beste kosblik-toebroodjies ooit, koekies vir Entrepreneursdag, trooskos, sportiewe hamburgers, piekniekslaaie, poetsba...

Liefde vir Bak, 'n
R 120.00
’n Liefde vir Bak is die eerste boek uit die pen van kosstilis van formaat, Sarah Dall. Sy was nog nooit een wat neigings slaafs navolg nie en het altyd ’n vars nuwe uitkyk – in plaas van rooifluweel-kolwyntjies, maak sy rooifluweelmakrolletjies. Die boek dek ’n groot verskeidenheid bakresepte en bevat alles vanaf koeke, kolwyntjies en nageregte...

Een Maal
R 120.00
In Een Maal deel Johnny resepte vir die kos wat hy vir vriende voorberei, vir sy flambojante dinner parties en vir stadskos. Hy vertel sy idees rondom kos sonder om ooit egtheid te verloor. Hy deel ook die kos wat hy aan sy ma se tafel leer ken het, familiekos – en gee sy skeppende vernuwende weergawes. Dié boek sal almal inspireer met nuwe idees.

Kook saam stap vir stap
R 70.00
Kook staam stap vir stap is 'n onontbeerlike gids vir elke kombuis. Nou kan selfs die mees onervare beginnerkok met die volste vertroue watertandgeregte berei sondder om te verbrou.

Vinnig & maklik: Heerlike hoenderresepte
R 40.00
Hierdie boek se gebruikersvriendelike benadering tot kosmaak sal jou help om in 'n japtrap en sonder veel moeite heerlike, opwindende kos op die tafel te sit. Die resepte is spesiaal ontwerkp vir mense met 'n besige lewenstyl.

Vinnig & maklik: Muffins, koek, kleinkoekies, skywe, teebrode
R 40.00
Bak is deel van elke Suid - Afrikaner se bestaan, maar die metodes moet aangepas word om by ons moderne leefwyse te pas. Dit is wat hierdie boek poog om te doen. Al die resepte in die boek is vinnig om voor te berei.

Vars & Smullekker: Muffins en Skywe
R 40.00
Hierdie boek bevat 'n wye verskeidenheid heerlike, maklike resepte vir onverbeterlike muffins en skywe wat 'n aanwins vir enige kombuisbiblioteek sal wees.

Brekfis met Derrich en Adelie
R 100.00
Brekfis met Derrich en Adelie bevat al die gunstelingresepte van Derrich Gardener en Adelie Ludik soos gehoor op Brekfis met Derrich, Saterdae op RSG. Met hierdie pragtige volkleur resepteboek kan jy elke dag van die week saam met Derrich en Adelie kook. Lesers kan net die beste van hierdie resepteboek verwag wat deur die ICA (Institute of Cul...