- Home
- Volwasse: Nie-Fiksie
Volwasse: Nie-Fiksie

Boererate
R 100.00
As jong seun het Danie Smuts met ’n blikkie agter vee in die veld aangeloop om kuttels te versamel vir ’n konkoksie om maselspasiënte se simptome te verlig. Min het hy toe geweet dat hy eendag die legendariese aanbieder van ’n gewilde Springbok Radio-program sou word waarin die volk kure vir allerlei kwinte en kwale deel. Toe Boererate – ’n keu...

Partytjies Is Pret 2
R 60.00
Deesdae behels ’n kinderpartytjie meer as net koek bak en ballonne opblaas. Jy stort baie tyd, liefde en geld in om dié dag ekstra spesiaal vir jou kind te maak. Maar vir baie ma’s is die blote gedagte aan die reëlings en voorbereiding vir die partytjie vreesaanjaend. Gelukkig wys Partytjies is pret 2 jou hoe maklik dit is om ’n partytjie te h...

Huiskos (Herman Lensing)
R 450.00
Huiskos is Herman Lensing se sesde kookboek en volg op die uiters suksesvolle Dit Proe Soos Huis (Human & Rousseau), wat in 2019 verskyn het en in 2020 benoem is deur die SA Boekpryse vir beste niefiksieboek. Huiskos vertel – in sy eie woorde – die storie van Herman se 34 jaar op hierdie aarde. Anders as in sy ander boeke deel hy hierdie k...

Eet Reg
R 80.00
Vetsug neem skokwekkend toe in Suid-Afrika, veral onder tieners. Hierdie boek wys hoe emosionele eet ontstaan en hoe om dit te voorkom. Eet reg is propvol gesaghebbende raad wat regtig werk. Bevry jouself en jou kinders vir altyd van emosionele eet en verwelkom 'n leeftyd van lekker en gesond eet. Met resepte, eetplanne en sielkundig begrond. Le...

Makietie
R 120.00
Die Kokkedoor-wenners (Tiaan en Mynhardt) se eie resepteboek wat ook aansluit by hulle TV-program genaamd Makietie. Die boek bevat dertien feesgeleenthede soos ’n boekklubete, ’n “vintage rugby-ete” (met Schalk Burger), ’n karnival-kinderpartytjie, ’n moderne braai in die wingerd en ’n tradisionele familie Sondag-middagete. Elke geleentheid be...

50 Van die Beste Volstruis Resepte
R 50.00
Volstruis het dieselfde smaak en tekstuur as beesvleis, maar met laer vet- en cholesterolvlakke is dit die perfekte maaltyd vir gesondheisbewustes wat tog 'n stukkie rooivleis wil geniet. Volstruisvleis is so veelsydig dat dit in enige vorm - van 'n sappige lendestuk tot maalvleis en wors - gekoop en voorberei kan word. 50 van die Beste Volstrui...

Kokkedoortjie
R 360.00
Kokkedoortjie is ’n kookboek vir die gesin, vir kinders en vir die kind in ons almal. Dit verweef elke dag se resepte met ’n unieke bestanddeel – die kleurvolle verbeelding van ’n kind. Dit wissel van eiernessies vir ontbyt, die beste kosblik-toebroodjies ooit, koekies vir Entrepreneursdag, trooskos, sportiewe hamburgers, piekniekslaaie, poetsba...

Groeipyne: Baba, Kleuter of Tiener - Hier is Raad! (RSG)
R 130.00
Om gelukkige kinders groot te maak, is nie ’n gelukskoot nie! Alle ouers wil goeie ouers wees wat hulle kinders op die regte manier grootmaak. Dit gebeur egter nie vanself of oornag nie. Dis harde werk en sal elke pa, ma, voog, ouma, oupa, meneer en juffrou soms teen die mure uitdryf. Maar dis die moeite werd. En jy hoef dit nie alleen aan te ...

Liefde vir Bak, 'n
R 120.00
’n Liefde vir Bak is die eerste boek uit die pen van kosstilis van formaat, Sarah Dall. Sy was nog nooit een wat neigings slaafs navolg nie en het altyd ’n vars nuwe uitkyk – in plaas van rooifluweel-kolwyntjies, maak sy rooifluweelmakrolletjies. Die boek dek ’n groot verskeidenheid bakresepte en bevat alles vanaf koeke, kolwyntjies en nageregte...

Een Maal
R 120.00
In Een Maal deel Johnny resepte vir die kos wat hy vir vriende voorberei, vir sy flambojante dinner parties en vir stadskos. Hy vertel sy idees rondom kos sonder om ooit egtheid te verloor. Hy deel ook die kos wat hy aan sy ma se tafel leer ken het, familiekos – en gee sy skeppende vernuwende weergawes. Dié boek sal almal inspireer met nuwe idees.

Kook saam stap vir stap
R 70.00
Kook staam stap vir stap is 'n onontbeerlike gids vir elke kombuis. Nou kan selfs die mees onervare beginnerkok met die volste vertroue watertandgeregte berei sondder om te verbrou.

Suzelle DIY: Die Boek
R 90.00
Doen-dit-self met 'n humoristiese kykie. Suzelle gee wenke vir huishoudelike takies, jou kar, groener te leef, braaityd feestelik te maak, jou tyd in die kombuis tot die minimum te beperk en doen-sit-self sonder enige voorgevalle te doen. Haar vriendin, Marianne, maak ook haar verskyning en fokus op haar dierevriende. Suzelle is ook nie suinig n...

Vinnig & maklik: Heerlike hoenderresepte
R 40.00
Hierdie boek se gebruikersvriendelike benadering tot kosmaak sal jou help om in 'n japtrap en sonder veel moeite heerlike, opwindende kos op die tafel te sit. Die resepte is spesiaal ontwerkp vir mense met 'n besige lewenstyl.

Vinnig & maklik: Muffins, koek, kleinkoekies, skywe, teebrode
R 40.00
Bak is deel van elke Suid - Afrikaner se bestaan, maar die metodes moet aangepas word om by ons moderne leefwyse te pas. Dit is wat hierdie boek poog om te doen. Al die resepte in die boek is vinnig om voor te berei.

Vars & Smullekker: Muffins en Skywe
R 40.00
Hierdie boek bevat 'n wye verskeidenheid heerlike, maklike resepte vir onverbeterlike muffins en skywe wat 'n aanwins vir enige kombuisbiblioteek sal wees.

Brekfis met Derrich en Adelie
R 100.00
Brekfis met Derrich en Adelie bevat al die gunstelingresepte van Derrich Gardener en Adelie Ludik soos gehoor op Brekfis met Derrich, Saterdae op RSG. Met hierdie pragtige volkleur resepteboek kan jy elke dag van die week saam met Derrich en Adelie kook. Lesers kan net die beste van hierdie resepteboek verwag wat deur die ICA (Institute of Cul...