- Home
- Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die Petrolpadda
Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en die Petrolpadda
Iewers in die donker Karoonag flikker 'n kampvuurtjie. En wie sit daar langs die vuur? Dit is Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo en sy getroue kameelperd, Shorty. Hulle het die hele dag lank rondgeswerf op soek na avonture. Maar laatnag is daar 'n vreemde geluid.
Twee gloeiende rooi oe verskyn in die donker. Gaan Koekemoer en Shorty uiteindelik die petroldief vastrek wat die Klein Karoo se water besoedel? 'n Verbeeldingryke storie oor die avonture van 'n eg Suid-Afrikaanse cowboy wat die skelms laat les opse. Wanneer gevaar hom in die gesig staar, is Koekemoer die kalmste cowboy in die hele Klein Karoo!
Related Products
Klein Handjies - Wilde Diere
![Klein Handjies - Wilde Diere](http://www.diskontobooks.co.za/cdn/shop/products/Klein_Handjies_-_Wilde_Diere_1024x.jpg?v=1553500684)
Klein Handjies - Wilde Diere
R 40.00
Die boekie is ideaal om vroeë begrippe aan te leer. Babas en kleuters kry die geleentheid om aan die teksture te voel en die verskille te onderskei. Daar is meer titels in die reeks.
2 in 1 Dierestories
![2 in 1 Dierestories](http://www.diskontobooks.co.za/cdn/shop/products/2-in-1-Verhale-Diere-Stories_1024x.jpg?v=1589358404)
2 in 1 Dierestories
R 40.00
Karlien kameelperd het vir jou 'n verrassing in die bos. Wie dink jy gaan Soffel, die snuffelhond vandag red? Lees hierdie twee oulike stories en kom deel in die pret!
Voel en Leer: Baba Diere
![Voel en Leer: Baba Diere](http://www.diskontobooks.co.za/cdn/shop/products/Voel_en_leer_Babadiere_1024x.jpg?v=1540816573)
Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
2 in 1 Slaaptydstories
![2 in 1 Slaaptydstories](http://www.diskontobooks.co.za/cdn/shop/products/2-in-1-Verhale-Slaaptyd-Stories_1024x.jpg?v=1589358709)
2 in 1 Slaaptydstories
R 40.00
Gaan saam met Chrissie Krokodil op 'n heerlike kampavontuur. Kruip knus onder die komberse in en luister na wat Pippie Panda alles aanvang! Hierdie twee oulike stories gaan jou sommer gou-gou na droomland wegvoer.
Voel en Leer: Plaasdiere
![Voel en Leer: Plaasdiere](http://www.diskontobooks.co.za/cdn/shop/products/Voel_en_leer_plaasdiere_1024x.jpg?v=1540816613)
Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Raserige Plaas! Klankboek
![Raserige Plaas! Klankboek](http://www.diskontobooks.co.za/cdn/shop/products/Raserige_Plaas_1024x.jpg?v=1581482269)
Raserige Plaas! Klankboek
R 295.00
Moee! Blêr! Runnik! Leer alles omtrent plaasdiere met hierdie raserige, feit-gevulde boek. Met 10 dieregeluide en maklik om te gebruik gevromde sleutels, is hierdie boek die perfekte manier om die lewe op die plaas te verken!
2 in 1 Feetjiestories
![2 in 1 Feetjiestories](http://www.diskontobooks.co.za/cdn/shop/products/2-in-1-Verhale-Feetjie-stories_1024x.jpg?v=1589358528)
2 in 1 Feetjiestories
R 40.00
Wie gaan vir Lindie, die feetjie leer dans? Anja is uitgenooi na die jaarlikse bal, maar het nie 'n rok om aan te trek nie. Maak jou storietyd vrolik en vol pret met hierdie twee oulike feetjieverhale.
![My Eerste Verf met water Kunsboek nr 4](http://www.diskontobooks.co.za/cdn/shop/products/Verf_met_water_4_1024x.jpg?v=1554122788)
My Eerste Verf met water Kunsboek nr 4
R 70.00
Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water....
Jesus Liedjies (met CD)
![Jesus Liedjies (met CD)](http://www.diskontobooks.co.za/cdn/shop/products/JesusLiedjies_1024x.jpg?v=1590076681)
Jesus Liedjies (met CD)
R 145.00
Boek met CD en bladmusiek. 'n Klein bloemlesing uit die Afrikaanse Christelike liedereskat vir kinders. Hier vind u kind sowel ou bekendes soos 'Laat on skyn vir Jesus' en 'As Hy weer kom' as nuwer gunstelinge soos 'Stapsoldaatjie'. Dikwels besef 'n mens eers later in jou lewe watter kosbare riglyne Christelike liedjies in jou wordingsjare gele...
![Sprokies met Lesse: Jan breek die boontjierank! 'n Storie oor Eerlikheid](http://www.diskontobooks.co.za/cdn/shop/products/Stories_met_lesse_-_Jan_breek_die_boontjierank_1024x.jpg?v=1562727595)
Sprokies met Lesse: Jan breek die boontjierank! 'n Storie oor Eerlikheid
R 60.00 R 120.00
Jan hou baie van boomklim, maar hy mag nie in die nuwe boontjierank in hulle tuin opklim nie. Sal hy die versoeking kan weerstaan wanneer die boontjieranke hoog in die lug op groei? Met hierdie oorspronklike sprokie oor Jan kan kinders van eerlikheid leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en ’n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster
![Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster](http://www.diskontobooks.co.za/cdn/shop/products/Sprokies_met_lesse_-_Sneeuwitjie_die_Sokkerster_1024x.jpg?v=1562728000)
Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster
R 60.00 R 120.00
Sneeuwitjie is een van die beste spelers in die dorp se sokkerspan. Maar daar is een probleem: Sy wil al die doele self aanteken. Hoe kan sy ’n beter spanspeler word? Met hierdie oorpronklike storie oor Sneeuwitjie kan kinders van spanwerk leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en ’n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Dierestories: Kaylee die Katjie
![Dierestories: Kaylee die Katjie](http://www.diskontobooks.co.za/cdn/shop/products/KayleedieKatjie_1024x.jpg?v=1637829996)
Dierestories: Kaylee die Katjie
R 55.00
Klein Kaylee is 'n oulike katjie wat daarvan hou om te speel en goed binne en buite die huis rond te jaag. Maar eendag gebeur daar iets wat sy glad nie verwag het nie...