- Home
- Doel!
Doel!
Sokker soos jy dit nog nooit vantevore gesien het nie!
’n Fees van sokker feite, asook alles wat jy moet weet oor die aksie op die veld en agter die skerms in die stadion. Word ’n sokker kenner met hierdie boek wat jou alles oor sokker sal leer. Die boek bevat allerlei wenke, statistieke, en nuttige inligting wat strek van die oorsprong van sokker tot die FIFA Wêreldbeker. Doel! is ’n moet-hê-gids vir enigiemand wat alles van die wêreld se gewildste spel wil weet.
Die aksiefoto’s in die boek toon al die verskillende tipe skoppe – en nog meer! Wie is die beste doelskieter wat nog ooit sokker gespeel het? Hoe keer jy ’n bal? Waar is die beste plek op die veld om ’n strafskop te neem? Hoe ver hardloop ’n speler gedurende ’n spel?
Doel! gee nie net die antwoord aan jou nie – dit wys jou!
Related Products
Klein Handjies - Wilde Diere
Klein Handjies - Wilde Diere
R 40.00
Die boekie is ideaal om vroeë begrippe aan te leer. Babas en kleuters kry die geleentheid om aan die teksture te voel en die verskille te onderskei. Daar is meer titels in die reeks.
2 in 1 Dierestories
2 in 1 Dierestories
R 40.00
Karlien kameelperd het vir jou 'n verrassing in die bos. Wie dink jy gaan Soffel, die snuffelhond vandag red? Lees hierdie twee oulike stories en kom deel in die pret!
Voel en Leer: Baba Diere
Voel en Leer: Baba Diere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie jong diere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
2 in 1 Slaaptydstories
2 in 1 Slaaptydstories
R 40.00
Gaan saam met Chrissie Krokodil op 'n heerlike kampavontuur. Kruip knus onder die komberse in en luister na wat Pippie Panda alles aanvang! Hierdie twee oulike stories gaan jou sommer gou-gou na droomland wegvoer.
Voel en Leer: Plaasdiere
Voel en Leer: Plaasdiere
R 90.00
Dis wonderlik om hierdie oulike plaasdiere te leer ken! Lees die oulike rympies, streel en voel aan die diere met jou vingertjies!
Raserige Plaas! Klankboek
Raserige Plaas! Klankboek
R 295.00
Moee! Blêr! Runnik! Leer alles omtrent plaasdiere met hierdie raserige, feit-gevulde boek. Met 10 dieregeluide en maklik om te gebruik gevromde sleutels, is hierdie boek die perfekte manier om die lewe op die plaas te verken!
2 in 1 Feetjiestories
2 in 1 Feetjiestories
R 40.00
Wie gaan vir Lindie, die feetjie leer dans? Anja is uitgenooi na die jaarlikse bal, maar het nie 'n rok om aan te trek nie. Maak jou storietyd vrolik en vol pret met hierdie twee oulike feetjieverhale.
My Eerste Verf met water Kunsboek nr 4
R 70.00
Elke jong kind droom daarvan om te verf en om sy eie werk uit te stal. Maar die kind moet in die eerste paar stappe aangemoedig word deur ’n goeie resultaat met min moeite te verkry. Elke geperforeerde bladsy is dadelik gereed om uitgestal te word. Al wat nodig is, is om met die vingers, ’n oorpluisie of kwassie oor die prente te verf met water....
Jesus Liedjies (met CD)
Jesus Liedjies (met CD)
R 145.00
Boek met CD en bladmusiek. 'n Klein bloemlesing uit die Afrikaanse Christelike liedereskat vir kinders. Hier vind u kind sowel ou bekendes soos 'Laat on skyn vir Jesus' en 'As Hy weer kom' as nuwer gunstelinge soos 'Stapsoldaatjie'. Dikwels besef 'n mens eers later in jou lewe watter kosbare riglyne Christelike liedjies in jou wordingsjare gele...
Sprokies met Lesse: Jan breek die boontjierank! 'n Storie oor Eerlikheid
R 60.00 R 120.00
Jan hou baie van boomklim, maar hy mag nie in die nuwe boontjierank in hulle tuin opklim nie. Sal hy die versoeking kan weerstaan wanneer die boontjieranke hoog in die lug op groei? Met hierdie oorspronklike sprokie oor Jan kan kinders van eerlikheid leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en ’n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster
Sprokies met Lesse - Sneeuwitjie, die Sokkerster
R 60.00 R 120.00
Sneeuwitjie is een van die beste spelers in die dorp se sokkerspan. Maar daar is een probleem: Sy wil al die doele self aanteken. Hoe kan sy ’n beter spanspeler word? Met hierdie oorpronklike storie oor Sneeuwitjie kan kinders van spanwerk leer. Die boek bevat ook besprekingspunte en ’n aktiwiteit om saam met kinders te doen.
Soek-Soek Inkleurboek: Diere
Soek-Soek Inkleurboek: Diere
R 40.00
Hierdie pragtige reeks kreatiewe inkleurboeke bevat opwindende soek-en-vind prente en aktiwiteite. Kinders moet die instruksies volg om die regte prent te soek en dan met die regte kleur in te kleur. Die bladsye vol soek-en-kry inkleurprente wemel van diere. Van paddas wat spring tot marmotjies wat gaap en krokodille wat 'n kroon dra. Kom kuier ...