Geheime in die Tuin
In geheime in die tuin stel die skrywer 'n kabouter aan die word, naamlik Ekologicus sapiens… "Maar noem my sommer Eko", se die vir Henk. Eko neem Henk op 'n reis deur die tuin waartydens hy wonderlike geheime aan hom openbaar. Krapspinnekoppe kan hulle kleur verander sodat die bye hulle nie kan raaksien nie en bye maak magrietjies se stuifmeel in geel balletjies aan hulle agterpote bymekaar om vir hulle larwes te gaan voer.
Maar die groot geheim is dat elke lewende ding in die tuin 'n vyand het. So word die ruspe vir die spinnekop 'n maal, die spinnekop vir die hottentotsgot, en die motte die vlermuise s'n. Die geheim van Holm se sukses is dat hy daarin slaag om die jong leser te vermaak en terselfdertyd kennis oor te dra. Die teks word vervrolik en uitvoerig toegeling deur Klaus Schaer se aanloklike volkleur illustrasies.