Kos is op die tafel! Gesinskos met week-spyskaarte en inkopielysies
Die resepte in Kos is op die tafel! Gesinskos met weeklikse spyskaarte en inkopielysies, is 'n kombinasie van eie gunstelinge en resepte waarvoor familie en vriende telkemale vra.
Daar is iets onweerstaanbaar aan tuisgemaakte kos en die meerderheid resepte is maklik, eenvoudig en net lekker kuierkos.
Benewens die meer as 150 resepte, word raad vir die gesin se weeklikse kosbeplanning ingesluit asook spyskaarte en inkopielysies. Die moeilikheidsgraad en tydsduur van die resepte word aangedui. Daar word ook aangedui wanneer resepte geskik is vir kinders en/of vegetariers.