Reënboogrant Tieners Omnibus 2
Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! Een van die gewildste Afrikaanse reekse vir tieners is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar suster Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Tieners-boeke is Shani-hulle op hoërskool, en daar is hope opwinding, pret en liefdesteleurstellings, met partytjies, kêrels en ander uitdagings van grootword. Hierdie omnibus bevat die eerste drie titels uit dié gewilde reeks: Drome en dramas Hartebreker Anderkant die reënboog