Products

Vuil Ferdie: Kieme!
R 180.00
Vuil Ferdie is terug met nog planne! In hierdie boek probeer Ferdie om sy sussie se siekte aan te steek; saam met Ouma by ’n kompetisie te dans en om kragte te meet met die nuwe kinderoppasser wat selfs grilleriger as hy is.

Vyf Minute Stories vir 1 Jariges
R 130.00
Geniet 'n vyf minute storie elke dag van die week met hierdie opwindende versameling wat spesiaal vir 1 jariges geskryf is. Ontmoet 'n hondjie wat mal daaroor is om kiekeboe te speel, 'n paar skattige bere en vele meer oulike karakters. Met 7 prettige stories sal kinders graag hierdie stories oor en oor wil hoor.

Vyf Minute Stories vir 2 Jariges
R 130.00
Geniet 'n vyf minute storie elke dag van die week met hierdie opwindende versameling wat spesiaal vir 2 jariges geskryf is. Ontmoet vir Bennie wat badtyd haat, Leila wat alls in die natuur wil help en vele meer interessante karakters. Met 7 prettige stories sal kinders graag hierdie stories oor en oor wil hoor.

Vyf Minute Stories vir 3 Jariges
R 130.00
Geniet 'n vyf minute storie elke dag van die week met hierdie opwindende versameling wat spesiaal vir 3 jariges geskryf is. Ontmoet vir Jan wat mal daaroor is om kostuums aan te trek, Madie wat in die ruimte wil vlieg en nog vele meer. Met 7 prettige stories sal 3 jariges graag hierdie stories oor en oor wil hoor.

Vyf Minute Stories vir 4 Jariges
R 130.00
Geniet 'n vyf minute storie elke dag van die week met hierdie opwindende versameling wat spesiaal vir 4 jariges geskryf is. Ontmoet vir Willem wat ertjies haat, Madie wat die hele dag haar nuwe slaapklere wil dra en vele meer. Met 7 prettige stories sal 4 jariges mal wees daaroor om hierdie stories oor en oor te deel.

Vyf verlore vere
R 200.00
’n Dierbare en verrassende avontuurverhaal deur ’n talentvolle jong skrywer! Tydens haar daaglikse stappie ontdek Colette, ’n klein hennetjie, die gans, Viviane, se verlore veer en besluit om dit te gaan teruggee.

Vyfde skaap
R 65.00
'n Skaap met spits ore en skerp tande? 'n Wolf het tussen die skape ingesluip. Lina wil weet wat hy van plan is om te doen. Maar niemand hoef bang te wees vir 'n wolf wat 'n monster kan wegjaag nie.

Waar is Katjie (Lig die Flappie)
R 130.00
Speel wegkruipertjie saam met Katjie. Volg die leidrade en lig die flappies om Katjie se geheime wegkruipplek te vind. Jy sal `n klomp van haar maats ook ontmoet!Oor die reeks: • `n Splinternuwe reeks wat peuters aan diere bekendstel. Daar is flappies om op te lig en `n opwip-bladsy aan die einde van die boek. • Peuters leer meer oor ...

Waar is olifant? (Lig die Flappie)
R 130.00
Speel wegkruipertjie saam met Olifant. Volg die leidrade en lig die flappies om Olifant se geheime wegkruipplek te vind. Jy sal `n klomp van sy maats ook ontmoet!Oor die reeks: • `n Splinternuwe reeks wat peuters aan diere bekendstel. Daar is flappies om op te lig en `n opwip-bladsy aan die einde van die boek. • Peuters leer meer oor ...

Waar jakkalse huil
R 295.00
Waar jakkalse huil is ’n wetenskapsfiksieverhaal wat in die Klein-Karoo en Kaapstad afspeel. Die agtienjarige Laela Nix se ouers word deur die gevreesde Genmodregering vermoor. Sy slaan op die vlug en beland op die plaas Swartfontein, ’n insekteelstasie. Sy leer die bestuurder van die plaas, Finian, en sy twe...

Waar of Vals?
R 99.00
Leer kinders dat leuens van vriende vreemdelinge maak. Hulle ontmoet vir Karien en haar maats wat graag eerlik met mekaar is. Maar op ’n dag kom Karien weg met ’n leuen en net daar begin die probleem, want wit leuentjies raak gou grotes. Dan gebeur daar iets vreesliks en sy het hulp nodig, maar niemand wil haar meer glo nie. Ná dese sal sy nie s...

Waar's Willie? Die Fantastiese Reis
R 150.00
Willie gaan op reis! Hy ontmoet Towenaar Witbaard, wat omring is deur ’n spul vretende vrate. Die towenaar beveel hom om ’n verlore perkamentrol op elke nuwe plek van sy reis op te spoor. Eers wanneer hy al 12 perkamentrolle het, sal hy die waarheid oor homself ontdek. Willie se reis neem hom na die Veldslag van die Monnike, na die vlieende draa...

Waar's Willie? In Hollywood
R 150.00
Kom saam met Willie op reis deur al die tonele in hierdie wonderwêreldboek. Soek vir Willie in die groot vrugtegeveg, die wedstryd van 'n leeftyd, die speelgoedkamer, die koekfabriek, Tronkvoël se moeras en nog vele meer!

Waar's Willie? Wonderwereld
R 150.00
Kom saam met Willie op reis deur al die tonele in hierdie wonderwêreldboek. Soek vir Willie in die groot vrugtegeveg, die wedstryd van 'n leeftyd, die speelgoedkamer, die koekfabriek, Tronkvoël se moeras en nog vele meer!

Waldo En Die Draak Met Die Groen Tong
R 140.00
Is jy gereed vir ’n skubberige avontuur? Waldo en Connie is warm op die spoor van ’n inbreker. ’n Kosbare voorwerp word uit ’n antiekwinkel gesteel. Kan Waldo sy geheimsinnige nuwe talent gebruik om dit te probeer terugkry? Kort voor lank is hy en Connie deel van ’n holderstebolder-avontuur – en hulle ontdek ’n eeue oue geheim wat ten alle ko...

Waldo en die Meermin met die Blou Hare
R 140.00
Ná ’n raaiselagtige voorval by ’n akwarium besluit Waldo en Connie om ondersoek in te stel. Maar die geheim wat hulle ontdek, is selfs vreemder as wat hulle ooit kon raai … Kan hulle die eienaars van die akwarium help om een van die see se grootste geheime te bewaar? En wie is die geheimsinnige figuur wat hulle skynbaar agtervolg – ’n beskerm...