Products
Skoolgereed met Tjiff en Tjaff
R 35.00
Hierdie prettige aktiwiteitsboek met die gewilde KykNet karakters Tjiff en Tjaff, leer kinders om speel-speel die basiese vaardighede baas te raak wat hulle in hul eerste skooljaar sal nodig he. Met inkleurprente en maklike aktiwiteite en oefeninge leer kinders eerste skryf-, lees-, handkoordinasie- en telvaardighede aan. Hulle leer ook oor vorm...
Skreeu en ander verhale
R 240.00
Skreeu en ander Verhale – Soos ‘n vuishou in die maag. So tref hierdie bundel kortverhale vir tieners jou. Van die bekendste skrywers in Afrikaans span saam vir ‘n boeiende leeservaring. Al die stories in hierdie bundel het een ding gemeen – hulle is uit die perspektief van hedendaagse jongmense geskryf en takel kwessies waarmee tieners hulle st...
Skreeusnaakse Feite en Geite: Kan 'n apie waterski?
R 99.00
Se nou ’n apie kom kuier . . . Help Apie met werkies in die huis, en gaan saam met haar haarsalon en kermis toe. Jy sal verbaas wees oor hoe slim, sterk en sportief sy regtig is! In die Feite en geite: wilde diere-reeks verbeel ons onsself hoe wilde diere in allerhande alledaagse situasies sou optree. So leer kinders oor hul grootte, bou, dieet ...
Skreeusnaakse Feite en Geite: Kan 'n krokodil basketbal speel?
R 99.00
Se nou ’n krokodil kom kuier . . . Kom speel saam met Krokodil sneeubal en seerowergholf, en gaan slaap saam met hom by ’n maat. Jy sal verbaas wees oor hoe rats, taai en vraatsig hy regtig is! In die Feite en geite: wilde diere-reeks verbeel ons onsself hoe wilde diere in allerhande alledaagse situasies sou optree. So leer kinders oor hul groot...
Skreeusnaakse Feite en Geite: Kan 'n Olifant Sonbrand?
R 99.00
Sê nou 'n olifant kom kuier . . . Gaan saam met Olifant strand toe, en kyk wat gebeur met haar in die ballet- en kunsklas. Jy sal verbaas wees oor hoe slim, swaar en raserig sy regtig is! In die Feite en geite: wilde diere-reeks verbeel ons onsself hoe wilde diere in allerhande alledaagse situasies sou optree. So leer kinders oor hul grootte, bo...
Skreeusnaakse Feite en Geite: Kan 'n Seekat 'n Wolkekrabber Klim?
R 85.00
Se nou 'n seekat kom kuier. . .Kyk wat gebeur met Seekat wanneer sy dokter toe gaan, nuwe skoene koop en teen 'n wolkekrabber opklim. Jy sal verbaas wees oor hoe buigbaar, besig en briljant sy regtig is. . .In die feite en geite: seediere-reeks verbeel ons onsself hoe seediere in allerhande alledaagse situasies sou optree. So leer kinders oor hu...
Skreeusnaakse Feite en Geite: Kan 'n Tier touloop?
R 99.00
Se nou ’n tier kom kuier . . . Doen saam met Tier karate, word ook ’n rock-ster en baljaar saam op ’n springkasteel. Jy sal verbaas wees oor hoe gestreep, gulsig en grootbek hy regtig is. In die Feite en geite: wilde diere-reeks verbeel ons onsself hoe wilde diere in allerhande alledaagse situasies sou optree. So leer kinders oor hul grootte, bo...
Skuif en loer: Kleure
R 160.00
Met hierdie reeks sal kinders hope pret hê terwyl hulle die vaardighede ontwikkel om kleure te herken en by mekaar te pas!
Skuif en loer: Syfers
R 160.00
Met hierdie reeks sal kinders hope pret hê terwyl hulle syfervaardighede met behulp van teloefeninge ontwikkel!
Skwiek
R 150.00
’n Hamster wat mense kan hipnotiseer? Hahaha! Dis onmoontlik! Op ’n dag kry Nathan ’n geheimsinnige boks voor hul woonstel se deur. Sy naam staan op die boks geskryf. En binne-in is ’n hamster. Hy is oulik en wollerig en sy naam is Skwiek. En hy is nie sommer ’n gewone hamster nie ... hy het ’n ongelooflike superkrag! Nathan vat vir Skwiek saam ...
Slaapstories vir Dogters
R 120.00
Jy kan elke aand snoesig in jou bed inkruip, met die oulike versameling slaaptydstories. Slapenstyd was nog nooit so opwindend nie! Hierdie boek bevat vyftien stories, spesiaal geskryf om elke dogter se hart aan te raak. Kom deel in die pret en plesier en word weggevoer in 'n droomwereld van avonture!
Slaapstories vir Seuns
R 120.00
Jy kan elke aand snoesig in jou bed inkruip met die oulike versaemling slaaptydstories. Slaaptyd was nog nooit so lekker nie! Hierdie boek bevat vyftien stories, spesiaal geskryf om elke seun te laat droom oor opwindende gebeure. Kom deel in die pret om in die ruimte rond te vlieg of op 'n plaas te gaan kuier. Jy sal weggevoer word in die droomw...
Slaapstories vir Vaak Ogies
R 250.00
Al gehoor van die bokkie wat limonade wou drink? Van Dunnelientjie wat so lig was dat die wind haar weggewaai het? Wat van die donkie wat ?n trui wou dra? Weet jy hoekom gloeiwurms gloei of hoe jakkalse hulle kleur gekry het? Nee? Lees dan gerus hierdie betowerende boek propvol slaaptydstories! Francois Ruyer se pragtige, prettige illustrasies m...
Slaapstories vir Vaak Ogies Volume 1 Oudioboek
R 100.00
Wil jy speel in die sneeu, in kastele, vlieg deur die lug en huppel oor die berge? Spits dan jou oortjies en luister fyn … Hier’s stories propvol kinkels en draaie om jou ver weg te voer na Sprokiesland! Die stories op hierdie CD: Die bok wat limonade wou drink; Oktavia Spinnekop se goue web; Pos vir Lydia; Die horlosie; Die vuurvliegies; Lindet...
Slaapstories vir Vaak Ogies Volume 2 Oudioboek
R 100.00
Wil jy speel in die sneeu, in kastele, vlieg deur die lug en huppel oor die berge? Spits dan jou oortjies en luister fyn ... Hier's stories propvol kinkels en draaie om jou ver weg te voer na sprokiesland! Volume 2: Die dwergvlermuis se avontuur; Dunnelientjie; Die eekhorinkie in die berge; Die swaan met goue vere; Lenet se ponie; Die kabouters;...
Slaaptyd Stories
R 120.00
Trek saam met Bennie Beertjie sy towerpajamas aan en word 'n dapper seerower. Ontmoet die onnutsige Evert, die eekhorinkie wat nie wou gaan slaap nie en troos die liewe klein muisie as ys vir die eerste keer by Oupa en Ouma gaan oorslaap en 'n bietjie hartseer is.