Products

Cowboy Koekemoer van die Klein Karoo Omnibus
R 230.00
Cowboy Koekemoer en sy getroue kameelperd, Shorty, is terug met ’n 5-in-1 af van die reeks en hulle is gereed om die dag te red. Al moet hulle die dag red terwyl hulle met vakansie is. Daar is vier voorheen vrygestelde titels in hierdie versameling, asook ’n splinternuwe storie. Titels wat ingesluit is in die omnibus: Cowboy Koekemoer van die...

Daar's ’n towerponie in my bed!
R 180.00
Die dag toe Lia die sagte pienk en pers towerponie met die blink horing uit die geskenksak haal, het alles verander...

Dans, Jenna!
R 135.00
Jenna is versot op dans. Die afgelope paar weke kan sy voel haar dansskoene is amper te klein, maar sy het nie die moed om haar ma vir nuwe skoene te vra nie. As ’n mens se pa oorlede is en jou ma twee werke doen net om kop bo water te hou, is balletklasse eintlik ’n onbetaalbare luukse. Om vir nuwe skoene te wens is so goed soos dagdromery. Sy...

Dapper Muis, Die
R 115.00
Ek’s ’n dapper muis, kyk hoe stap ek deur die huis, en daar’s niks waarvoor ek skrik nie. Vir niemand is ek bang, daar is niks wat my kan vang, nee, daar’s niks waarvoor ek skrik nie. En sê nou daar’s ’n kat ...? Geslagte Afrikaanse kinders het grootgeword met Betty Misheiker se prettige liedjies oor die dapper muis wat kamstig bang is vir niks;...

Diere Hotel: 3-in-1
R 170.00
Drie stertswaai-lekker stories uit die dierehotel!Goeie nuus vir jong diereliefhebbers: Die gewilde Dierehotel-reeks is nou vir die eerste keer in ’n omnibus beskikbaar! Troeteldiereliefhebbers is versot op die tweeling Liela en Dirkie se avonture in die Dierehotel! In elke boek maak ’n nuwe vierpotige of geveerde kuiergas sy opwagting in die ...

Diere onder die Son: Aktiwiteitsboek 2
R 40.00
Diere onder die son is 'n heerlike aktiwiteitsboekie, saamgestel uit Vrouekeur se gewilde weeklikse kinderbladsy. Vian Oeloefsen is die skepper van hierdie vindingryke aktiwiteite met prettige dierekarakters.

Diere onder die Son: Aktiwiteitsboek 3
R 40.00
Diere onder die son is 'n heerlike aktiwiteitsboekie, saamgestel uit Vrouekeur se gewilde weeklikse kinderbladsy. Vian Oeloefsen is die skepper van hierdie vindingryke aktiwiteite met prettige dierekarakters.

Diere onder die Son: Aktiwiteitsboek 4
R 40.00
Diere onder die son is 'n heerlike aktiwiteitsboekie, saamgestel uit Vrouekeur se gewilde weeklikse kinderbladsy. Vian Oeloefsen is die skepper van hierdie vindingryke aktiwiteite met prettige dierekarakters.

Diere Verkenners: Lola en die singende orgidee
R 130.00
Lola die ysbeer is op pad na die reënwoud vir ’n asemrowende avontuur! Haar maats dink sy is verspot, maar Lola is ’n beer met ’n plan. Sy is vasbeslote om die seldsame Singende Orgidee te kry, en niks en niemand gaan haar keer nie. Kom saam met Lola op ’n pretbelaaide avontuur, en ontdek daarna die inspirerende verhale van drie regte plantsoek...

Diere verkenners: Tobie die Diepseeeduiker
R 155.00
Is jy gereed om te gaan verken? Tobie is 'n jong tier wat daarvan droom om die donkerste dieptes van die oseaan te verken. Al wat hy nodig het, is waagmoed, deursettingsvermoe en 'n tuisgemaakte duikboot! Kom saam met Tobie op 'n pretbelaaide avontuur, en ontdek daarna die inspirerende verhale van drie regte oseaanverkenners.

Dinge wat ek nie van skape geweet het nie
R 200.00
Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik ’n skaap by ’n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie ... Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie. In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op ’n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma w...

Dino's hou 'n partytjie!, Die
R 80.00
Die Dino's hou 'n partytjie dit begin vanmiddag om drie. Ek's genooi, al is ek 'n seuntjie en nie 'n dinosourus nie. Die dino's hou 'n partytjie met allerlei prettige speletjies. Daar is 'n stegosourus op die springkasteel, daar is 'n spitbraai in die tuin, en daar is allerlei wonderlike eetgoed te kies en te keur. Maar die dinosourusse beplan ...

Dinowêreld Omnibus 2
R 165.00
Is jy gereed vir die grootste avontuur ooit? Johan en sy beste vriend, Tom, ontdek ’n geheime grot met versteende voetspore in Dinobaai. Toe hulle op die voetspore loop, beland hulle in ’n wêreld vol regte, lewende dinosourusse. Saam met hul dino-maat, Wanna, beleef die twee seuns allerlei asemrowende – maar ook gevaarlike – oertyd-avonture! Die...

Dis my Boek!
R 80.00
Wat is die beste manier om ’n boek te lees as jy ’n kameelperd is? Kerneels die kameelperd is baie opgewonde toe hy ’n boek in die veld optel. “Ek is MAL oor boeke!” roep hy uit. Maar elke keer as hy die boek probeer lees, word hy deur sy dieremaats in die rede geval. Hulle wil almal vir hom voorsê hoe jy eintlik veronderstel is om ’n boek te le...

Dit het alles begin by 'n hond
R 195.00
Terwyl ons stap haal Assad ’n broodjie uit sy kosblik. Ek sien ’n stukkie van wat hy wegsteek. Sou dit nie lekker wees as ons niks hoef weg te steek nie?“Wat as ons vir mense alles van onsself wys?” wonder ek skielik. “Soos die mense wat video’s maak vir TikTok en klomp foto’s sit op Instagram en . . .”“Jy dink enigeen wys alles van hulleself op...

Doel!
R 260.00
Sokker soos jy dit nog nooit vantevore gesien het nie!’n Fees van sokker feite, asook alles wat jy moet weet oor die aksie op die veld en agter die skerms in die stadion. Word ’n sokker kenner met hierdie boek wat jou alles oor sokker sal leer. Die boek bevat allerlei wenke, statistieke, en nuttige inligting wat strek van die oorsprong van sokke...