Products

Tjoppie se verjaardag
R 115.00
Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag is sy verjaardag! Hy kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel? Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel. Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.

Trompie Omnibus 1 (3-in-1)
R 220.00
In hierdie omnibus, wat die eerste drie boeke van die gewilde Trompie-reeks bevat, ontmoet ons vir Trompie, die elfjarige sproetgesig Grootkaptein van die Boksombende. Hy en sy vriende Rooie, Blikkies en klein Dawie maak die lewe interessant (en soms taamlik moeilik!) vir die inwoners van hul tuisdorp, Kwaggaberg. Hul avontuur met die dominee se...

Trompie Omnibus 2 (3-in-1)
R 220.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! In Trompie die hoerskoolseun maak die Boksombende ’n plan om geld in te samel om vir Rooie ’n fiets te koop. In Trompie die dromer word die bende bedreig – deur ’n meisiekind! Trompie, die Groot...

Trompie Omnibus 3 (3-in-1)
R 220.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit! Titels in hierdie omnibus: Trompie die kragman, Trompie die hartedief en Trompie die held. Die ondeunde Trompie het ’n sjarme wat tot oud en jonk spreek en nuwe lesers sal dadelik deur Trompie en die Boksom...

Trompie Omnibus 4 (3-in-1)
R 220.00
In hierdie omnibus, wat nog drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. In Trompie die mooi seun is dit die begin van die lang Desembervakansie. Trompie en Blikkies pas die haarkapper se winkel op en die Boksombende se Grootkaptein waag sy hand aan 'n laerskoolseun se mooi lok...

Trompie Omnibus 5 (3-in-1)
R 220.00
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skry...

Trompie Omnibus 6 (3-in-1)
R 220.00
In Trompie die waaghals wil die Boksombende graag vir die kort vakansie see of plaas toe gaan. Ons held oortref homself met twee dapper dade deur 'n hulpelose meisietjie te red en met 'n bende smokkelaars af te reken. In Trompie die rebel is die Boksombende se Grootkaptein jaloers wanneer Katrien 'n brief van 'n geheime bewonderaar in hul klas ...

Trompie Omnibus 7 (3-in-1)
R 220.00
In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser 'n poets en Trompie skr...

Trompie Omnibus 8
R 220.00
Die laaste omnibus in hierdie reeks bevat nóg drie gewilde Trompie-stories. Die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit en Trompie en sy maats besluit om in die kloof te gaan swem en dan teen die berg op te klim en die grotte daarbo te verken. Trompie ontmoet ook die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het en ding me...

Twee kinders later
R 50.00
Charmé word met pre-eklampsia gediagnoseer toe sy 27 weke swanger is met Lisa. Klein Lisatjie word met ’n noodkeisersnee gebore en Charmé se lewe verander heeltemal. Lisa weeg 850 gram, en sy veg elke dag om haar lewe. Charmé se reis tot ma-word was nie maklik nie. Maar Charmé vertel haar storie met humor en deernis: ‘n universiële storie van o...

Uil in die ysbos
R 350.00
Gracie-Jane Coetzee se eerste kleinkind word gebore kort voordat die president die eerste inperking aankondig. Gracie is ’n skrywer en illustreerder van kinderboeke, en nie juis ’n konvensionele ouma nie. Sy verkies die geselskap van haar getroue basset-hond bo enige ander verhouding in haar lewe. Saans wanneer PTS haar tussen die mure van haar ...

Verf en leer: 123
R 199.00
Hierdie hardebandboeke het versteekte prente om te vind, na die syfers te kyk, en te tel! Kinders kan water oor die wit agtergrond verf en kleur sal verskyn. Die kleur sal weer verdwyn en die prente kan oor en oor gebruik word. 'n Kwas word ingesluit!

Verf en leer: Kleure
R 199.00
Hierdie hardebandboeke het versteekte prente om te vind sodat kinders na die kleure kan kyk! Kinders kan water oor die wit agtergrond verf en kleur sal verskyn. Die kleur sal weer verdwyn en die prente kan oor en oor gebruik word. 'n Kwas word ingesluit!

Verrassing Verrassing!
R 210.00
Eendag bring meneer Hartlief 'n verrassing huis toe - 'n oulike klein varkie met 'n pienk gesiggie en 'n krulstertjie. Meneer en mevrou Hartlief het hulle babavarkie baie lief - maar wat sal gebeur wanneer die varkie skool toe gaan? En kan hierdie storie dalk meer as een verrassing aan die einde hê? 'n Snaakse en verbeeldingryke storie wat wys '...

Vet feetjies vlieg nie
R 60.00
Lucy Lombaard dra XL-klere in 'n eeu waar vrouelywe soos kodestrepies lyk. Om dan nog vir SARS te werk dra nie juis by tot haar gewildheid nie. Maar sy het die hart van 'n feetjie wat veerlig deur die lewe wil gaan. Al hoor sy van kleins af vet feetjies kan nie vlieg nie … Billy Bruwer van Media Uniek plaas haar hart in die hoogste versnelli...

Vingerpaadjie: In die tuin
R 160.00
Met hierdie boek ontwikkel kinders speel-speel hul fynmotoriese vaardighede deur ses figuurtjies met die vingerpaadjie se gleufies langs te laat gly. Die soekbladsye met kleurvolle prente sorg boonop vir baie ure se speel- en kykplesier!