- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
- Age 10 - 13
Kinders: 10 tot 13 Jaar

Rietrotte (6): Rietrotte weet te veel
R 175.00
Daniël-hulle kan dit amper nie glo nie: Hulle word genooi vir 'n naweek in Johannesburg deur Antonie se ma. Maar 'n cool video wat hulle neem van motorfietse wat agterin 'n meubelwa inry, veroorsaak dat hulle met die verkeerde mense deurmekaar raak. Die Rietrotte weet te veel en dinge raak vinnig gevaarlik vir hulle...

Rietrotte (1): Rietrotte van Valeihoër
R 175.00
As Rietrot moet jy jou plek ken, besef Daniël du Randt met die intrapslag in Rietvallei Hoër. Almal sê daar bestaan nie iets soos ontgroening nie, maar hierdie matrieks het duidelik nog nie die boodskap gekry nie. Gelukkig het hy vriende soos Malebo, Antonie en Giovanni, want Peet Pretorius eet graad 8's vir ontbyt en spoeg hulle soos fyngeko...

Rietrotte (2): Rietrotte en die Rowers
R 175.00
Ná 'n maand in Rietvallei Hoër is Daniël du Randt 'n Rietrot tot in sy kleintoontjienael se voorste punt. Peet Pretorius het egter steeds nie die boodskap gekry dat ontgroening, oftewel oriëntering, nie meer plaasvind nie en Daniël-hulle moet mooi loop om uit sy kloue te bly. Dat hulle boonop die kwaai juffrou Faure, wat saam met haar man '...

Rietrotte (4): Rietrotte en die Stropers
R 175.00
Dis die eerste oop naweek vir die graad 8's. Maar Daniël, Malebo en Antonie is gehok, met juffrou Faure van alle mense as die onderwyseres aan diens! Almal weet sy is so koud soos 'n vrieskas. Reg om jou plat te vee sonder om 'n oog te knip. Wat as Joachim reg is en sy Pieter laat verdwyn het? En dan is daar die mans met die swart pakk...

Rietrotte (5): Rietrotte lê Laag
R 175.00
Uiteindelik het Daniël 'n nuwe kamermaat, maar daar is iets baie vreemds met hom aan die gang. Waarheen verdwyn Wesley in die middel van die nag? Verder gaan die soektog na Daniël se pa voort. Die kanse begin egter baie skraal te lyk dat hy gevind sal word.

Elle-reeks Omnibus 3
R 300.00
In hierdie drie boeke in die Elle-reeks is daar superhipermega-avonture wat op Elle en haar pelle wag … Witbaadjies. Dít is hoe die prefekte by Gravitas bekend staan. Om nié op die Lys van Dertig te kom nie, is vir elkeen ’n verskrikking in Middernagklub. Van uitslip en reëls breek is daar dan geen sprake nie. Daarom hou Elle en haar pelle hulle...

Dinge wat ek nie van skape geweet het nie
R 200.00
Glo my, as jy op die ingewing van die oomblik ’n skaap by ’n kerkbasaar steel, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie ... Luan se vakansieplanne is in hulle peetjie. In plaas daarvan dat hy by die huis gaan rondsit, PlayStation speel en saam met sy pelle kuier, moet hy Karoo toe gaan. Op ’n road trip. Saam met sy eksentrieke fotograaf-ouma w...

Stalmaats Omnibus 4
R 250.00
Die laaste vyf immergewilde Stalmaats-boeke is ook nou in ’n lekkerlees-omnibus beskikbaar! Kom word vir oulaas deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: Wegholrit Anri en die ander ruiters by die Dagbreek-ryskool is opgewonde oor...

Lulu: Hokaai Lulu
R 170.00
Geniet hope pret saam met Lulu en haar nuwe ponie Die groot dag het eindelik aangebreek ... Lulu verjaar! Nie eens die nare tweeling van langsaan, Alet en Alex, kan haar dag bederf nie. Veral nie toe Lulu haar verjaardagpresent kry nie - 'n ponie! Kort voor lank begin sy met rylesse. Eers gaan dit sukkel-sukkel, maar Lulu is in haar noppies to...

Professor Fungus Omnibus 1
R 240.00
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en maak van nader kennis met zombie-tamaties, ’n klomp vreesaanjaende visse, ’n skrikwekkende monster wat die Snotzilla genoem word … en beleef ’n asemrowende miniatuur-avontuur. Vyf fantastiese Professor Fungus-stories in een boek!

Oor 'n Motorfiets, 'n Zombiefliek en Lang Getalle wat deur elf gedeel kan word
R 210.00
Martin Retief se hele lewe verander toe sy pa een middag stilhou om aandete te koop. Maar dan ontmoet Martin vir Drikus. Drikus wat aan ’n siekte ly en sy eie zombiefliek wil maak. Wat volg is ’n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies.

Perfekte Brander, Die - en ander verhale
R 220.00
Stories oor die pyn en vreugdes van verlief wees. Stories oor die waagmoed, twyfel en uitdagings van jonk wees. Stories wat jou sal laat glimlag of ’n traan laat wegvee. Stories wat wéét hoe dit voel om sestien te wees. Bring jou branderplank en kom duik in hierdie versameling splinternuwe stories vir jongmense!

Vuil Ferdie: Eeuw!
R 170.00
In hierdie boek kan jy lees hoe Vuil Ferdie sy stinkerige hond probeer bad; vir sy juffrou groot laat skrik op ’n skooluitstappie en hoe Ferdie dit skelm regkry om self hand by te sit in die ontwerp van die nuwe skooluniforms.

Vuil Ferdie: Burp!
R 170.00
Ontmoet vir Vuil Ferdie, ’n seun wat daarvan hou om in sy neus te grou! Hy voer wildvreemde planne in die mou en is gereeld in die moeilikheid. Lees in hierdie storie hoe Ferdie ’n aaklige skoolete hou; sy hond vir honde-opleiding vat en seker maak sy sussie se partytjie loop verkeerd ...

Hoendervleis: Grillerige stories en rympies
R 180.00
Hierdie boek vol grillerige stories en rympies sal jou heerlik hoendervleis laat kry! Daar is 'n weerwolf wat saam op die skoolkamp gaan, 'n paar spokerige handskoene wat goed is met klavier speel, 'n baie vreemde onderwyseres – en iets wat jou die hardste van almal in die fliek sal laat gil! Jong grilvrate sal versot wees op hierdie versamel...

Ek lees self: Sigwoordboek
R 60.00
Die boek is ’n samestelling van drie sigwoordboekies. Elke sigwoordboekie is gebaseer op ses boekies wat uit Wendy Maartens se Ek lees self-leesreeks kom. In die sigwoordboekies het Wendy Maartens die presiese resep, wat sy jare lank in haar klas gebruik het om sigwoorde mee vas te lê, neergeskryf. Dis maklik en sonder fieterjasies. Dit is sp...