- Home
- Kinders: 10 tot 13 Jaar
- Age 10 - 13
Kinders: 10 tot 13 Jaar

Iemand wat Verdrink
R 200.00
Hierdie bundel bevat kortverhale van 'n aantal bekende skrywers, soos Marita van der Vyver, Fanie Viljoen, Nathan Trantraal, Nanette van Rooyen en Zelda Bezuidenhout. Jong stemme soos Mercy Kannemeyer, Almero Welgemoed, Corinne Raath en Arleen Stone verskyn ook in die bundel. Die bundel bevat stories wat so aangrypend is, jy sal als in...

Uitverkies
R 190.00
Zia is nou net mooi moeg vir haar ouers se selfopgelegde isolasie en die primitiewe lewe in die bos. Sy verlang terug na die Kolonie waaruit haar ouers gevlug het toe sy klein was; verlang na ’n geboude woonstel, luukshede soos warm water en elektrisiteit, klere wat pas en winkelbrood; die gedruis van mense, ánder mense as dieselfde ...

Engela Goedhart: Superster
R 150.00
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! Engela staan uit wanneer sy 'n nuwe vaardigheid aanleer vir die skool se talentkomp...

Engela Goedhart: Koninginby
R 150.00
Dit mag dalk lyk of daar nie botter in Engela Goedhart se mond kan smelt nie, maar sy is beslis nie die soetste engeltjie nie! Lees in hierdie reeks van drie boeke oor al Engela se lawwe streke en hoe sy gereeld in die moeilikheid beland - al bedoel sy dit nie! In die tweede boek in die reeks speel Engela bewimpelaar vir haar onderwysers; sy pro...

Dolfie Weerwolfie: Weerwolfbos
R 170.00
Op 'n dag is daar vreemde geluide in die Weerwolfbos. Daar word gekap, gesaag en gegrawe. Die bos is in gevaar. Oupa Weerwolf se boomhuis waarin hy al jare woon, is ook in gevaar. Twee besigheidsmanne, Visgraat en Meneer, wil die bos afkap. Wat nou? Protesteer! Dolfie en sy klasmaats stig 'n protesgroep W.R.O.W. (Wie Red ons Wolfbos). Maar sal d...

Dolfie Weerwolfie: Silwertand
R 170.00
Dolfie bly baie lekker by Timmie en sy ouers. En al die hoenders in die buurt leef nog! Uit die bloute kry hulle 'n besoeker met 'n rillerbrief by hom. Die brief sê dat Dolfie by die man moet gaan bly. Dolfie mag nie meer by Timmie en sy ouers bly nie. Oupa Weerwolf is onrustig. Hy herken die berugte oom Silwertand!

Engele om ons
R 210.00
’n Jaar vol engele! Hierdie unieke dagboek en joernaal vir kinders bevat nie net plek om elke dag jou gedagtes neer te skryf nie, maar is propvol engele. Engele om ons is ’n kombinasie van dagstukkies en gebede, aanhalings en idiome, gedigte en rympies, Bybelstories en ander staaltjies oor al die wonders van engele … en nog baie meer. Wendy Maar...

Justin Fortuin, seerower
R 190.00
Justin Fortuin kuier nog lekker saam met sy ma by tannie Mary in die geheimsinnige Kasteel Boekanier. Dit is 'n reenerige dag wanneer hy en sy vriend Liam ontdek dat die kasteel nie net twee geheime tonnels het nie, maar drie. Waarheen lei die derde tonnel? Die seuns besluit om die tonnel te verken en beleef 'n opwindende avontuur vol raaisels e...

Dit het alles begin by 'n hond
R 195.00
Terwyl ons stap haal Assad ’n broodjie uit sy kosblik. Ek sien ’n stukkie van wat hy wegsteek. Sou dit nie lekker wees as ons niks hoef weg te steek nie?“Wat as ons vir mense alles van onsself wys?” wonder ek skielik. “Soos die mense wat video’s maak vir TikTok en klomp foto’s sit op Instagram en . . .”“Jy dink enigeen wys alles van hulleself op...

Lewe se vuil houe, Die
R 190.00
Niemand mag uitvind van die vuil hou wat die Lewe vir Dewie gegee het nie. "Jy sal nie iets doen wat jou ma sal seermaak nie, nè, Dewie?” vra sy amper pateties. Sy hart slaan ’n slag oor. “Nee, Ma.”“Belowe?” Dewie Koster leef onder sy ma se berge opgaargoed. Dit word elke dag erger. Sy koop en koop en koop. Alles pak sy in hulle woonstel. Alles....

Monster in my melkskommel
R 200.00
Lexi word deur ’n monster gejag. ’n Zombie … nee, ’n zombie gekruis met ’n tokkelossie. ’n Zombeloshé. Niemand glo haar nie, behalwe haar nuwe vriende by die traumasensitiewe skool waarnatoe sy nou moet gaan nadat hulle gesin aangeval is tydens ’n inbraak. Saam met Zinzi, Taliep en Michael besluit Lexi: sy gaan die monster vang en uitvind wie da...

50 Beste Bybelbreinblokkies
R 120.00
50 Bybelblokkiesraaisels, woordsoeke en ander woordspeletjies en aktiwiteite vir ure se pret! Help jou kind om hul taalvermoëns te verbeter en terselfdertyd ook hulle Bybelkennis te toets en op te skerp met hierdie bekostigbare en prettige aktiwiteitsboek.

Professor Fungus Omnibus 3
R 240.00
Kom kuier saam met Bennie en Jenny in professor Fungus se laboratorium en keer die De Vries-tweeling om hulle bose plannetjies uit te voer, help om Jenny te genees wanneer sy per ongeluk 'n formule drink wat haar pers maak en veroorsaak dat sy 'n stert groei, veg teen 'n onsigbare vyand, vang al die klone van Professor Fungus se konyn, … ...

Virus
R 220.00
Velige hawe is 'n heruitgawe van twee van die skrywer se gewildste romanses, Vonkpos vir die hart en n Beskermengel vir Marlene, wat onderskeidelik in 2005 en 2006 verskyn het. Vonkpos vir die hart Hy noem haar meisiekind, Soms. Met oe wat vreemd blink. Maar die muur om hom kry Liezl nie afgebreek nie. Pieter Naude is nie 'n maklike man n...

Gom vir jou stukkende wêreld
R 190.00
Met dekades se ervaring in die geestelike- en jeugbediening en 'n hele paar jeugverhale agter sy naam skryf Jan Vermeulen hierdie insiggewende, Bybelse gids vir tieners. GOM vir jou stukkende wêreld bevat 5 belangrike Bybelse waarhede wat tieners kan bekwaam om: Die kernboodskap van die Bybel beter te verstaan. Antwoorde op hul geestelike ...

Sweef en ander verhale
R 220.00
Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).