Kinders: 8 tot 10 Jaar

Wilde Wikus!
R 160.00
'n Wilde wragtig genaamd Wilde Wikus Het daar 'n zombie-virus uitgebreek? Is ruimtewesens besig om die aarde aan te val? Het iemand 'n hele weermag ninja-robotte losgelaat? Of waarom wil Wikus se beste maat, Rico, dan skielik nie meer Vrydagmiddag by hom kom kuier nie? Die waarheid is nog erger as zombies, ruimtewesens of ninja-robotte. Rico h...

Rooikop, die leeu en die handgranaat, Die
R 150.00
Adele was nog altyd versot op kuns. Dit was haar ding. Maar sedert die begin van die jaar kry sy skielik vrot punte. Dalk hou die nuwe kunsjuffrou nie van haar nie. Hoekom sukkel sy so met haar selfportret vir die volgende klasprojek? Is dit omdat sy haar bos rooi hare en kurwes so verwens? Die afgelope tyd voel dit buitendien of ’n groot hand...

Suurlemoen! 'n Storie oor Liefde, Rock en 'n Tuinkabouter
R 220.00
Suurlemoen! is 'n boek propvol humor en tiener-intriges. Dit is 'n lekker ontspanningsoek wat mens met die ligte trant bekoor waarmee dit geskryf is. Die inhoud is bekend, maar wat die boek 'n onvergeetlike leeservaring maak is die nuwe manier waarmee dit aangebied word. Die verskillende mediums wat deur Jaco Jacobs gebruik word in hierdie boe...

Middernagfees
R 200.00
Is jy gereed vir 'n middernagfees? Vampiere, weerwolwe, 'n zombie-poedel, besoekers uit die buitenste ruim, 'n monstertoilet ... Dit is net 'n paar van die vreemde en vreeslike goed op die spyskaart in hierdie heerlike bibberboek!

My hart is vol Graffiti
R 70.00
Lara het die perfekte ou. Michael bring gereeld vir haar blomme skool toe. Sy glimlag sal enige tandarts laat straal van trots. En almal voorspel hy gaan oor twee jaar hoofseun wees. Die enigste meisie in die skool wat nie van hom hou nie, is haar beste vriendin, Vanessa. Maar dan moet Lara en Vanessa 'n artikel vir 'n tienertydskrif skryf. Die ...

Geheime Koninkryk: Towerberg
R 135.00
Janie, Bianka en Tamsin is op pad na die bevrore hange van Towerberg! Kan hulle koningin Gorina se vyfde weerligstraal betyds kry – voordat die arme sneeubouters in ysstandbeelde verander? Saam met koning Kieliebaard en hul feetjiemaat, Trixi, beleef die drie maats hierdie keer ’n bibberende avontuur in ’n sneeuwit wonderwereld.

Geheime koninkryk: Skitterstrand
R 135.00
Janie, Bianka en Tamsin is op pad na die bevrore hange van Towerberg! Kan hulle koningin Gorina se vyfde weerligstraal betyds kry – voordat die arme sneeubouters in ysstandbeelde verander? Saam met koning Kieliebaard en hul feetjiemaat, Trixi, beleef die drie maats hierdie keer ’n bibberende avontuur in ’n sneeuwit wonderwereld.

Geheime koninkryk: Wolkeiland
R 120.00
Janie, Bianka en Tamsin land op wollerige wolke hoog in die lug bo die Geheime Koninkryk. Dis hope pret om op die wolke rond te bons! Maar kort voor lank besef hulle Koningin Gorina se nare planne kan die einde van Wolkeiland beteken ...

Geheime Koninkryk: Droomvallei
R 120.00
Wanneer Bianka, Tamsin en Janie hoor dat die drake van Droomvallei opgehou het om hulle droomstof te maak, weet hulle dat koningin Gorina daaragter sit. Kan die meisies die drake help om weer droomstof te maak sodat hulle die towerspreuk kan verbreek en keer dat koning Kieliebaard in 'n padda verander?

Geheime Koninkryk: Borrelvulkaan
R 135.00
Wanneer koningin Gorina ’n towerspreuk oor koning Kieliebaard uitspreek, moet Janie, Bianka en Tamsin ses skaars bestanddele soek om ’n wondermiddel te maak. Die drie meisies vertrek na Borrelvulkaan om die eerste bestanddeel te gaan soek. Kan hulle die weggesteekte borrelbyekorf opspoor en die towerheuningkoeke kry sodat hulle koning Kieliebaar...

Swakste Restaurant in die Heelal, Die
R 210.00
‘n Skreeusnaakse versameling skaterlagstories! Kom eet by die Swakste Restaurant in die Heelal. Vind uit wat gebeur as jy met supergom aan die mooiste meisie in die skool vasgeplak word. Ontmoet die seun wat Arnold Schwarzenegger se springmielies geëet het. Gee vir tannie Breggie ‘n ou soentjie – as jy dapper genoeg is! Vind uit hoe ‘n mens too...

Vakansiepret 3: Kolwyntjie Kompetisie
R 140.00
’n Kompetisie vir meesterbakkers op Duinebaai! Jana en Alisha sien mekaar net wanneer hulle gesinne vakansie hou op Duinebaai. En hierdie vakansie beloof om báie opwindend te wees. Alisha kry ’n pamflet wat ’n kolwyntjie-kompetisie aankondig. Dit maak almal opgewonde – selfs vir Jana se jonger boetie Tiaan – en Jana en Alisha oefen sommer reeds ...

Zinzi en Saffraan (6): Towerponies en Kieme
R 140.00
In die sesde boek van die reeks is daar 'n aardbewing wat Zinzi-hulle se huis laat skud. Of is dit eerder 'n eenhoring-bewing? 'n Baie groot, nuwe vriend daag met erge pyn by Zinzi en Saffraan op. Zinzi, haar ma en Saffraan moet spoedig 'n genesing bedink vir hierdie magiese vriend.

Zinzi en Saffraan (5): Paddas & Plante
R 140.00
In hierdie boek ontvang Zinzi en Saffraan 'n besoeker, Pip, wat 'n vreemde voorwerp het: 'n gloeiende saadjie. Die drie vriende moet vinnig uitvind wat die saadjie nodig het om te groei voordat dit te laat is.

Zinzi en Saffraan (4): Katjievlinders en Ys
R 140.00
'n Groot sneeustorm veroorsaak baie moeilikheid vir die magiese diere wat in die woud bly in die vierde boek van die Zinzi en Saffraan-reeks. Zinzi en Saffraan probeer om die eiers van 'n katjievlinder te red, maar begaan 'n fout. Voordat die diertjies uitbroei, moet Zinzi en Saffraan hulle fout probeer regstel.

Zinzi en Saffraan (3): Meerperdjies en Borrels
R 140.00
In die derde boek van hierdie reeks ontdek Zinzi en Saffraan dat die meerperdjies wat in die stroom woon in groot gevaar is. Die twee maats moet vinnig aan 'n plan dink om die stroom en die diere wat daarbinne woon, te help.