Kinders: 8 tot 10 Jaar

Zinzi en Saffraan (2): Monsters en Muf
R 140.00
Die skuur in Zinzi en Saffraan se agterplaas is 'n veilige hawe vir beseerde, magiese diere. In die tweede boek in die reeks het Gorp, 'n bosmonster, hulp nodig. Gorp kry 'n bietjie skaam oor sy probleem, maar Zinzi verseker hom dat sy vinnig kan help. Wanneer Zinzi se eerste paar oplossings egter nie vir Gorp help nie, huil hy lang trane. Zinz...

Zinzi en Saffraan (1): Drake Malvalekkers
R 140.00
In die eerste boek van dié reeks ontdek Zinzi 'n gloeiende foto en leer sodoende 'n groot geheim. Magiese diertjies wat beseer is, besoek Zinzi en Saffraan se skuur in die agterplaas op soek na hulp! Die eerste diertjie wat beseer is en in Zinzi en Saffraan se sorg beland, is 'n baba-draak. Sal hulle die drakie betyds kan help?

Agent Snoet en die groen genugtig: Boek 3
R 130.00
Maak gereed vir nog 'n opwindende avontuur saam met Agent Snoet en sy briljante kat, Felino! Snoet is in die moeilikheid by hoofkantoor. As hy nie sy nuutste saak oplos nie, kan hy sy werk as geheime agent verloor. Maar gelukkig is Felino soos altyd aan sy sy. 'n Baie gevaarlike wapen, die Genugtig, is uit 'n laboratorium gesteel. Snoet en Felin...

Monster Pizza
R 150.00
Zia se pa se werk is om pizza af te lewer. Vanaand gaan Zia vir die heel eerste keer saam met hom op sy bromponie ry. Maar as ’n mens pizza aflewer, kan jy vreemde mense ontmoet … en baie vreemde dinge kan gebeur!

Lulu: Olke Bolke, Lulu
R 170.00
Lulu droom daarvan om ’n modeontwerper te word! Dan verskyn ’n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis – ’n baba-reuk! Dis groot pret om vir hom babakleertjies te maak. Maar Greta, die nuwe meisie in die klas, dink sy is ’n baie beter modeontwerper as Lulu – en hulle besluit om ’n modevertoning te hou!

Lulu: Oe la la, Lulu
R 145.00
Vergeet van wiskunde en skoolwerk! Lulu wil 'n modeontwerper word. Nes haar pa en ma. Niks maak haar gelukkiger as om fantastiese ontwerpe in haar tekenboek te skets nie. Eendag gaan haar klere nog op die loopplanke van Parys en Milaan pryk – wag maar!

Dans, Jenna!
R 135.00
Jenna is versot op dans. Die afgelope paar weke kan sy voel haar dansskoene is amper te klein, maar sy het nie die moed om haar ma vir nuwe skoene te vra nie. As ’n mens se pa oorlede is en jou ma twee werke doen net om kop bo water te hou, is balletklasse eintlik ’n onbetaalbare luukse. Om vir nuwe skoene te wens is so goed soos dagdromery. Sy...

In Opleiding: Brandbestryder
R 170.00
Brandbestryder in opleiding bevat brokkies inligting oor brandveiligheid en sal jou alles leer van die belangrike werk wat brandbestryders doen. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om diere te versorg, hoe om ‘...

In Opleiding: Kodeerder
R 170.00
Kodeerder in opleiding bevat inligting oor hoe om kodes te skep, watter vaardighede ’n kodeerder nodig het en hoe om jou eie webwerf te skep Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om diere te versorg, hoe om ‘n to...

In Opleiding: Atleet
R 170.00
Atleet in opleiding bevat alles wat jong lesers moet weet oor hoe om ’n atleet, sportman of sportvrou te wees. Kinders kan meer leer oor hoe om ’n topatleet te wees en ’n prettige toets doen om te sien in watse sportsoort hulle die beste sal presteer. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die ...

In Opleiding: Wetenskaplike
R 170.00
Wetenskaplike in opleiding leer kinders oor basiese chemie, biologie en fisika. Met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van hierdie verskillende beroepsmense, sal hierdie boeke jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wêreld te ontdek, mense se lewens te red en geboue en masjiene te bou. Eenv...

Max die dapper Gorilla
R 160.00
Ongelooflike ware dierestories wat jou asem sal wegslaan. Ontmoet ’n paar dapper en interessante diere van regoor die wêreld! Vind uit hoe Max die dapper gorilla van die Johannesburgse Dieretuin dit reggekry het om ’n skurk vas te trek, reis meer as 1 600 kilometer ver saam met Huberta die seekoei wat besluit het om die land te verken, en ontm...

Aksieheld Austin - Nag van Grille
R 160.00
Ewald is nog op laerskool, maar sy naam is reeds op almal se lippe. G’n wonder nie – hy is immers die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Die tweede fliek, Aksieheld Austin: Nag van grille, is pas voltooi, en Ewald kan nie wag vir die bekends...

My Ouma is 'n Film-ster
R 160.00
Rikus se ouma is anders as ander oumas. Sy het haar eie rockgroep. Haar hare is groen gekleur. Sy rits in 'n rooi sportmotor rond. Sy is gedurig in die koerante en tydskrifte. Sy gaan na partytjies toe saam met TV-sterre en staatspresidente.Toe Ouma boonop 'n rol in 'n nuwe fliek losslaan, is Rikus baie opgewonde. Maar 'n filmstel kan soms 'n ge...

As die Kat weg is
R 90.00
Ontmoet vir Aristoteles, ’n kat met hope houding! Aristoteles is ’n silwergrys mannetjieskat in die fleur van sy lewe, en hy is baie mooi – hy reken self so. Anna en haar gesin dink gelukkig ook so. Altans, dis wat Aristoteles dink … tot die dag toe hy uitvind Anna wil graag ’n hond vir haar verjaardag hê. ’n Hond!?! Watter verstandige agtjarige...

Klein boek van gruwelike geheime, Die
R 50.00
Die klein boeke met baie inligting Het jy geweet … … muskiete is van die dodelikste diere op aarde? … piesangs is radioaktief? … jou vingers het glad nie spiere nie? Leer meer FANTASTIESE FEITE oor mense, diere, bome en selfs die buitenste ruimte en verras jou familie en vriende met hoe baie jy weet! Hierdie splinternuwe reeks deur geliefde kind...