Kinders: 8 tot 10 Jaar

Pampoenpit se Groen Gevoel
R 130.00
Hierdie storie vertel hoe ’n mens jou omgee moet vind wanneer jy ’n groen gevoel van jaloesie kry ... “Pampoenpit voel aaklig. Haar skooldag was so goor. Megan het ’n prys gewen. Pampoenpit het verloor. Haar kwaad begin te rammel. Dit SIS en GROM en HAP. Dit word ’n groot groen monster wat dreig om te ontsnap. Die kwaad stoot in haar keel o...

Aksieheld Austin - Doodskreet van die Dino's
R 160.00
LIGTE, KAMERA, AKSIE! Ewald is die ster van die gewilde Aksieheld Austin-rolprente. In die flieks is hy ’n dapper held met vuiste soos kanonkoeëls wat skurke laat les opsê! Diep in ’n oerwoud in Afrika – dis waar die nuwe Aksieheld Austin-fliek verfilm word. Ewald en sy pel Cardo verwonder hulle oor die asemrowende medespelers: Drie gro...

Kattemaai 1: Die bure se nuwe dogter
R 140.00
Die bure het ’n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het? Boonop is hierdie buurmeisie se naam óók Annabel ... Mila besluit om ondersoek in te stel. Maar haar boetie Jannus spring haar voor en steel Annabel se mens-word-middel. Hy voer dit vir sy aaklige troeteldier, Rottes, net om te ky...

Kattemaai 2: Annabel gaan skool toe
R 140.00
Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ’n regte dogtertjie te gedra? Juffrou Kadawer jaag Annabel sommer dadelik uit die klas oor haar vreemde kat-maniere. Maar waar kom hierdie nuwe juffrou vandaan, en hoekom is sy op Rottes se spoor? Die toorpolisie keer die maats vas, en dan laat val Jannus ’n vuurhout...

Roosville Raaisels: Die Vlinderdief
R 160.00
Karla is geskok om uit te vind dat iemand die raar en kosbare Blou Morf-vlinders uit die Skoenlapperhuis waar haar ma werk gesteel het – en nou kan haar ma dalk haar werk verloor! Saam met haar nuwe vriende Kumiko en die tweeling Douw en Devan besluit sy om ondersoek in te stel en die vlinders te red – saam met haar ma se werk. Hierdi...

In Opleiding: Dokter
R 170.00
Dokter in opleiding vertel die leser hoe dokters, verpleegsters en paramedici lewens red. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om die wêreld te ontdek, mense se lewens te red ...

In Opleiding: Ruimtevaarder
R 170.00
Ruimtevaarder in opleiding leer die jong leser alles oor die ruimte, sterrekunde en die lewe aan boord die Internasionale Ruimtestasie. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nuttige inligting en interessante feite oor die lewens van verskillende beroepsmense. Hierdie boeke sal jong lesers leer hoe om wiskunde en wetenskap te gebruik om ...

101 Gogga Grappe
R 65.00
Lawwe grappe vir enige onderwerp onder die son! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat hope grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor rugby en krieket, miskruiers, miere en ander snaakse diere, vakansiegrappe en 'n klomp lekker sp...

In Opleiding: Veearts
R 170.00
Veearts in opleiding is propvol nuttige inligting wat jong lesers alles sal leer oor diere en hoe om hulle te versorg. Vind meer uit oor die verskillende tipe veeartse, hoe ’n veeartspraktyk werk, hoe om diere se liggaamstaal te verstaan en hoe om gesondheidsprobleme te diagnoseer en behandel. Deel van die In opleiding-reeks met oorgenoeg nutt...

Agent Snoet: 5 in 1
R 290.00
Spannende strokiesprent-pret saam met Agent Snoet en sy kat ... Sy naam is Snoet. Agent James Snoet. En hy is ’n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en allerlei ingewikkelde raaisels oplos. Maar die eintlik meesterbrein agter dié suksesvolle speurder is niemand anders nie as sy kat, Felino. Dié slim Siamees is ’n katjie wat jy nie sonder...

101 Pouse Grappe
R 65.00
Bekostigbare grappieboeke vir ure se skaterlagpret! Kom lag jou slap vir die lawwe grappies in hierdie fantastiese nuwe reeks grapboeke vir kinders! Elke boek bevat ’n volle 101 grappe waarmee jy jou maats kan laat lê van die lag. Daar is klop-klop-grappe, grappe oor olifante, erdvarke, koeie en ander snaakse diere, skaterlag-skoolgrappe en ’n ...

Magriet se eierbesigheid
R 60.00
In Magriet se eierbesigheid besef Nina dat sy en Magriet saam 'n besigheid kan begin. Magriet lê elke dag 'n eier en so word “Lê-'n-eier†gestig. Dit laat Nina groot drome droom oor eendag as sy groot is ...

Magriet en Billie
R 60.00
Nina en Magriet die hoender is beste maats en het allerhande avonture saam! In Magriet en Billie kom kuier Billie vir Nina. Net voor hulle lekker begin speel, jaag Magriet skielik op Billie af ... Om en om hardloop hulle. Hoekom op aarde jaag Magriet vir Billie?

Jaco Jacobs se groot klop-klop-grappieboek
R 150.00
Die GROOTSTE versameling KLOP-KLOP-grappe NOG OOIT IN AFRIKAANS! Hierdie boek sal vir jou en jou maats maagpyn gee van die lag! Boonop bevat die boek prettige illustrasies. Dit is die perfekte aankoop om vir enige kind ure lank besig te hou! Klop-klop. Wie’s daar? Kamele. Kamele wie? Kamele hare, dis amper tyd vir skool.

Sal 'n Skilpad op jou Piepie?
R 140.00
Dis WALGLIK – maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU – hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL!Wat is 'n snotblom? Hoe groot was 'n T-rex se poef? Eet party mense regtig paddaboudjies en hoe smaak dit? Wat is hienabotter? Watter dier se piepie ruik soos warm springmielies?Word gril-gril slim en ontdek die grieselige...

Ware avonture van Adelie en Riley: Die Amadidas
R 135.00
Die reeks is soortgelyk aan die Kattemaai-reeks deur Betsie Vos. Dié boeke bevat ook ’n jong vroulike hoofkarakter met baie ligte elemente van fantasie. Adelie se beste maat is haar Boston Terrier-hond, Riley. Riley hou van speel en hy kry gereeld die zoomies. Hy los ook groot STINKbomme! Vir Adelie en Riley is daar geen grense aan die avonture ...