Kinders
Tags
- Everything in Kinders
- Afrikaans
- Age 10 - 13
- Age 6 - 10
- Age 6 - 8
- Age 8 - 10
- Aktiwiteit
- Aktiwiteitsboeke
- Bybel
- Christelik
- Emosies
- Fiksie
- Graded Reading Level 3
- Grappe
- Jaco Jacobs
- Julia Donaldson
- Kinders
- Lapa
- Latest
- NB
- Nie-fiksie
- Onder 6
- Opvoedkundig
- Pan Macmillan
- Protea
- Skool Hulpmiddels
- Stories met Lesse
- Under 6

Donkie se lang pad dorp toe
R 200.00
Hierdie vrolike bundel bevat 20 fabelagtige diereverhale wat elkeen op ʼn unieke manier ʼn waardevolle lewenswysheid insluit vir kinders en hoe waardes in die alledaagse lewe toegepas kan word. Donkie se lang pad dorp toe dra die boodskap oor dat ʼn mens nooit almal tevrede kan stel nie. Vlermuis, Braambos en Seemeeu hou vergadering dra by tot die ...

Ontdek die Diereryk
R 190.00
Of ’n mens nou van reenwoude, grasvlaktes, ysvelde of jou eie agtertuin praat: die diereryk is ’n skatkis vol van verstommende feite en fassinerende besonderhede. Pragtige foto's en illustrasies, feiteblokkies en boeiende brokkies maak van hierdie boek 'n ontdekkingsreis deur die wereld van soogdiere, voels en insekte.

Rooi: Waarom Boelies nie snaaks is nie
R 160.00
Tobie bloos bloedrooi oor die kleinste dingetjies, en dit maak hom die skoolboelies se prooi. Hoe help jy jou maat as jy self bang is die boelies kom jou by?

Vinnigste skoene in die hele wêreld, Die
R 175.00
Wynand hou niks van Natalie nie. Sy is die vinnigste meisie in hulle graad, en sy weet dit. Natalie wil hê hulle moet resies hardloop. En sy kom altyd eerste. Wynand wil so graag nuwe tekkies hê. Bloedrooies met wit veters. Die vinnigste tekkies in die hele wêreld! Met sulke skoene sal hy beslis vinniger as Natalie kan hardloop. Maar wat gaan...

Gediggies vir vrolike gesiggies
R 230.00
Aletté Winckler is ’n ma van vier, topverkoperskrywer, motiveringspreker, glanspersoonlikheid en stilis. Gediggies vir vrolike gesiggies bevat 49 gediggies wat Aletté spesiaal vir klein maatjies geskryf het. Elke gediggie leer jou kind iets oor God, maar dit help ook met die aanleer van lewensvaardighede. Die liedjies is getoonset deur Aletté en...

Sanri Steyn: Die Vampiere van Vlermuishoogte
R 70.00 R 125.00
Sanri kan nie wag om haar beste vriend, Markus, se neef te ontmoet nie. Danté en sy gesin bly in Vlermuishoogte – ’n geheimsinnige ou kasteel. Maar iets is nie pluis nie ... Waarom het Danté se pa ’n skaduwee soos ’n vlermuis? En is Markus dalk in gevaar?

Zackie Mostert en die vreeslike verjaardag
R 100.00
Zackie se beste vriend, Vincent, verjaar een van die dae. Zackie beplan ’n baie spesiale partytjie. Dit gaan ’n groot verrassing wees. Maar ongelukkig besluit Anton om sy partytjie op presies dieselfde dag te hou – en hy gaan seker maak daar is niemand by Vincent se partytjie nie. Wie gaan die beste partytjie in Granaatstraat hou? Dis oorlog!

Zackie Mostert en die geheimsinnige gedaante
R 100.00
Zackie en Vincent kan nie wag om te gaan kamp nie. Hulle gaan hope avonture hê. Maar van die begin af loop dinge skeef. Iemand hou aan om simpel poetse te bak. En boonop word daar stories vertel oor ’n nare gedaante wat in die bosse by die kampterrein rondsluip ...

Zackie Mostert en die (byna) baie briljante idee
R 100.00
Zackie en Vincent het ’n Baie Briljante Idee ... Hulle gaan ’n koerant begin! ’n Koerant propvol nuus oor die mense van Granaatstraat. En Zackie het klaar ’n voorbladfoto ... Een wat sy suster ROOI gaan laat sien!

Zackie Mostert en die baie beroemde hond
R 100.00
Mevrou Langenhoven, Zackie-hulle se buurvrou, is WOEDEND! Zackie se hond het AL WEER haar pryswenner-petunias uitgegrawe ... en ’n NARE verrassing op haar grasperk gelos. Maar dan lees Zackie van ’n troeteldierkompetisie. Dalk kan hy vir almal bewys hy het die heel SLIMSTE en GEHOORSAAMSTE hond in Granaatstraat!

Zackie Mostert en die super-aaklige soen
R 100.00
Zackie is opgewonde toe hy hoor hulle gaan 'n toneelstuk by die skool opvoer. Hy kan nie wag om die rol van die Aaklige Trol te speel nie! Maar iemand anders wil ook graag die rol hê ... Voor Zackie sy oë uitvee, moet hy 'n meisie soen. Op die verhoog. Voor die hele skool. Behalwe as hy en Vincent 'n slim plan kan maak ...

Kaptein Verdwyn
R 170.00
Wat sal jy doen as jy onsigbaar kan raak? Kyle is moeg daarvoor dat die skoolboelie op hom pik. Denzel die Draak knou gedurig ander kinders af, terg hulle en vat hulle pousebroodjies. Toe Kyle 'n nuwe selfoon kry, laai hy ’n vreemde app af – een wat belowe om jou onsigbaar te maak! Kort voor lank verander Kyle in 'n superheld: Kaptein Verdwyn! ...

Sanri Steyn: Die monsters van Middernagstraat
R 70.00 R 125.00
Sanri Steyn droom daarvan om eendag ’n wêreldbekende joernalis te word. Sy het nie verniet haar eie koerant, die Raaiselfontein Gazette, begin nie. Sy en haar vriend Markus beleef allerlei vreemde avonture op Raaiselfontein. Sanri se neus begin kriewel toe ’n vreemde ding een middag in Middernagstraat gebeur. En as Sanri se neus kriewel, betek...

Sanri Steyn: Die spookmeisie van Raaiselfontein
R 70.00 R 125.00
Sanri is teen hierdie tyd gewoond daaraan dat vreemde dinge op Raaiselfontein gebeur. Toe brille links en regs begin wegraak, kry sy dadelik snuf in die neus. Dan maak Sanri en Markus kennis met ’n spookmeisie – en sy het hulle hulp nodig.

Sanri Steyn: Die Seun met die superkat-kragte
R 70.00 R 125.00
Sanri se neus begin kriewel toe sy die nuwe seun in hulle klas ontmoet. Felix tree baie vreemd op – hy klouter oor mure, eet regte vissies op sy pousebrood ... en hy het ’n groot geheim! Kort voor lank is daar groot moeilikheid op Raaiselfontein. ’n Nare rotskurk en sy weermag van rotte beplan om die dorp oor te neem.

Stories oor Perde en Ponies
R 150.00
Stories oor Perde en Ponies Leer ken die vinnigste, dapperste en mooiste perde waaoor daar nog ooit geskryf is in hierdie verhalebundel, beleef die avonture van perd en ruiter, en verken die besondere band tussen mens en dier!