Kinders

Speel Speel: Ruimtevaarder
R 250.00
Met opwindende tonele, voorwerpe om op te spoor en 15 legkaartstukke om mee te speel, is die stel perfek vir kinders wat graag speel dat hulle ruimtevaarders is! 3+

Speel-Speel: Sjef se Kombuis
R 250.00
Met opwindende tonele, voorwerpe om op te spoor en 15 legkaartstukke om mee te speel, is die stel perfek vir kinders wat graag speel dat hulle sjefs is! 3+

Handskoenpop-badboek 4: Boeta Beer
R 140.00
Badtyd is prettyd! Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Hierdie boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig en sluit die volgende temas in: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluide.

Handskoenpop-badboek 2: Tamaai Tier
R 140.00
Badtyd is prettyd saam met Tamaai Tier! Hierdie handskoenpop-badboeke met helderkleurige illustrasies sorg vir hope pret in die bad! Die boeke het ook holtes wat as vingerpoppe gebruik kan word. Die boekies is nie net pret nie, maar ook interaktief en opvoedkundig en sluit die volgende temas in: teenoorgesteldes; kleure; syfers; en geluidede.

Beste Raaiselboek, Die
R 130.00
Die beste manier om jouself uit te daag en pret te hê is deur hierdie boek te koop; jou brein is gewaarborg om bollemakiesie te slaan! In hierdie prettige aktiwiteitsboek is daar blokraaispeletjies, syfer-speletjies en ander raaisels wat perfek is vir ouer kinders in die laerskool!

Wo(o)rdslim 2
R 140.00
Word speel-speel woordslim met hierdie fantastiese aktiwiteitsboek! Wo(o)rdslim 2 bevat 48 bladsye propvol briljante blokraaisels, wonderlike woordspeletjies en lekker kopkrappers wat sal sorg vir ure se fantastiese vermaak. Van die aktiwiteite in hierdie boek sluit in: tematiese blokraaisels met temas soos diere, my land, idiome en sport; wo...

Klein Plakpoppies: Katjies
R 130.00
’n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en katjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is ’n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan ’n Suid-Afrikaanse ma...

Klein Plakpoppies: Hondjies
R 130.00
'n Betowerende plakkerboek vir jong dogtertjies met poppies om aan te trek en hondjies om mee te speel. Die agterflap vou uit sodat ekstra plakkers gebêre kan word terwyl die poppe aangetrek word. Dit is 'n kreatiewe boek van die Britse uitgewershuis Usborne wat Protea Boekhuis in Afrikaans vertaal en aan 'n Suid-Afrikaanse mark bek...

Katastrofe
R 160.00
’n Katastrofe het Katjiesfontein getref! Die geld wat mevrou Mynie Koen vir die talentkompetisie geskenk het, is van juffrou Katoliek se lessenaar af gesteel. Leo is seker dit was daardie boelie, Spiertier. Tiere soek mos altyd skoor! Of dalk het dit iets te doen met Gato, die vreemde nuwe leerling in ...

Lekkerlag-pretboek
R 175.00
Die pretboek beloof ure se vermaak! Hier is grappe wat jou sal laat skater en raaisels wat jou sal laat kopkrap. Hier is ook vreeslike vreemde feite, prettige speletjies en snaakse limerieke. Jy sal giggel wanneer jy hoor waarom spoke nie leuens kan vertel nie. Jou oë sal rek as jy uitvind wat gebeur as me...

Praktiese geologie: Raak handig met fossiele!
R 165.00
Hierdie volkleur boeke is vol interaktiewe pret en inligting. Kinders kan ekperimente doen en prakties te werk gaan met die boublokke van ons planeet. Meet byvoorbeeld ’n klip se digtheid of maak ’n vorm-en-giet-fossiel en grawe dit dan op soos ’n kundige! Vryantwoordvrae moedig verdere denke en stud...

Mieke 1: Kersfees in April
R 195.00
Mieke se lewe op Mtwana Wildlife Rescue, aan die oewer van die Limpopo, is alles behalwe saai. Tussen haar pa as die plaas se veearts, Fen se ouma Maggi wat die lodge bestuur en haar eksentrieke oupa Bosjan se natuur- en lewenswysheid kry sy skaars kans om haar ma te mis. Maar soms, veral noudat sy in Gr 7 is en...

Mieke 2: Spikkelsterre op Mtwana
R 195.00
Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graadsewe-seuns verloor hul hart op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig 'n nuwe blouoog het, sove...

Harry Griesel 4: Die zombie-ontvoerder
R 225.00
Otto en Emily het 'n nuwe onderwyser wat baie vreemd optree en gedurig vrae vra oor Otto se vermiste oom Archibald. Harry Griesel het ook probleme: iemand het 'n onwettige deurgang na Die Oorkant oopgesluit en nou krioel die stad van zombies! Die SBI moet dadelik uitvind wie die skuldige is en Otto en sy vrie...

Waar jakkalse huil
R 295.00
Waar jakkalse huil is ’n wetenskapsfiksieverhaal wat in die Klein-Karoo en Kaapstad afspeel. Die agtienjarige Laela Nix se ouers word deur die gevreesde Genmodregering vermoor. Sy slaan op die vlug en beland op die plaas Swartfontein, ’n insekteelstasie. Sy leer die bestuurder van die plaas, Finian, en sy twe...

Harry Griesel 5: Die spookmonster
R 225.00
Dit is Halloween in Radysstraat, maar Otto sit alleen by die huis. Selfs Harry Griesel hou hom skaars, want sy nuwe baas by die S.B.I., Rufus Rittelbeen, is baie streng oor kuiertjies in werkstyd. Gelukkig kan oom Archibald nou vir Otto help om sy vermiste ouers op te spoor. Hulle vind uit dat sy ouers deur 'n...